Kultuur en ander dinge

Het julle al van die Stellenbosch City Orchestra gehoor? Dis die jong sussie van die Bloemfonteinse Stadsorkes, beide onder leiding van Paul van Zuilenberg.

Hulle tree so drie keer per jaar op en is regtig ‘n fees om te hoor. Hul het die afgelope naweek opgetree in die kelder van die Lourensford wynplaas. Hierdie keer was die tema “Music from the silver screen”, pragtige musiek wat sag op die oor val. Dis ‘n volledige simfonie-orkes. Kyk uit vir hulle volgende jaar,  dis regtig die moeite werd.

image

Ek het dit nie geweet nie, maar die Groote Kerk in Kaapstad is vanjaar 350 jaar oud en so beland ek toe, sonder dat ek besef wát ek bywoon, by die feesvieringe vandag. Daar is baie gepraat ook, maar veral ook MUSIEK gemaak. Op ‘n stadium het al die kore, die gehoor, die orrel én die orkes sáám uit volle bors gespeel, gesing, gefluit, geblaas. Ek is trots op die NG Kerk wat al so ‘n lang geskiedenis in SA het, ‘n geskiedenis waarin hul ook foute gemaak het, maar veral ook ‘n geskiedenis van uitreik en omgee oor baie grense heen.

image

image

En dan het ek die voorreg gehad om met Über te doen te kry. Indrukwekkend! Ons het die versoek dat ons iewers heen getaxi wil word, met die App op die foon gestuur en 2 minute later het die kar voor ons deur gestaan met ‘n baie vriendelike bestuurder. Hy het ons reguit geneem tot waar ons wou wees en daar was geen ruiling van kontant nie, die nodige inligting was reeds ingevoer op die App. Mooi man!
Nou het ek nog nie eers vertel van die lekker kos by die Kompanjiestuin nie!
Ai!
Toortsie

9 thoughts on “Kultuur en ander dinge

    1. Regtig interessant. Jy laai die App af, voer jou besonderhede in. As jy ‘n voertuig nodig het, sien jy op die App waar beskikbare motors ry, hoe naby hul van jou af is. Jy voer in waarheen jy wil gaan en whala. Hul stuur vir jou foto van bestuurder van kar, asook beskrywing en reg nr van kar. Ook wat dit naastenby gaan kos. Rekening gaan direk van jou kredietkaart. Dis in Kaapstad, maar ek het al gehoor dat dit in Johannesburg ook is. Blykbaar internasionaal.
      Voertuie behoort aan privaatpersone.

      Like

Gesels saam, asseblief!