Resepteboek vir Banting Boerekos

Toe ek ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede begin het met Banting, het ek deur my resepteboeke geblaai, ek doen dit steeds, en gesoek vir resepte wat ek steeds kan gebruik, of net ietwat kan verander om dit Banting-vriendelik te maak. Op daardie stadium het ek slegs van Prof Noakes se boek geweet, maar ek kook boerekos, kos vir gewone huisgesinne in gewone huise. Kosse met gewone bestanddele, niks vreemds nie, behalwe dalk ‘n bietjie Xylitol wat ek slegs hier en daar gebruik in die plek van suiker.
Tóé het ek besluit om ‘n resepteboek saam te stel. Die lêer op my rekenaar se naam is “‘n Jaar van Banting“. Intussen het nóg resepteboeke deur ander skrywers die lig gesien.

Deur die jaar het ek deur baie emosies gegaan, soos, hoekom nóg ‘n resepteboek uitgee? Baie van die resepte het ek reeds op my blog geplaas, mense kan dit mos dáár kry.  Hoekom nie? Want my boek is mos van kosse soos wat ék kook? Dalk is daar mense wat nie op blogs wil rondsnuffel vir ‘n resep nie, wat dalk van ‘n boek hou waar als bymekaar is?
Seegogga is ‘n inspirasie, sonder dat sy dit sekerlik eens besef!  Dis sý wat al destyds die saadjie in my kop geplant het. Hoekom nie iets publiseer nie? Omdat ek bang is vir wat ander dink en gaan sê? Een keer met ‘n Pay it Forward-projek hét ek ‘n klein resepteboekieTameletjie Toortsie, saamgestel en sy was só opreg opgewonde daaroor. 🙂 Dankie Seegogga!

Intussen beland daar toe ‘n boek in my skoot: Secrets to Ebook Publishing success”Wát ‘n inspirasie! So met die lees saam begin ek dink: Wat kan ek regtig verloor? Wel, as dit regtig ‘n groot flop is, ‘n bietjie ego… maar wat anders?

So, ek is besig met my boekie, Toortsie se Banting-Boerekos, en dit gaan 50 resepte inhê. Boerekosresepte. Bredies, vleis, sop… daai tipe dinge. 🙂 ‘n Bietjie groente, ens… Ek het nou amper my 50 resepte bymekaar, maar skawe nog ‘n bietjie aan die sous by die beestong. 🙂

Dán begin die groot werk, van elke reseppie toets, dit edit en nogmaals edit … totdat dit dalk hopelik die einde van die jaar as ‘n eboek sal verskyn, dalkies ook as gedrukte boekie.

Intussen is ek besig om soveel as moontlik op te lees van E-boek publikasie, die moets en moenies, en natuurlik die groot ding, HOE om dit te doen! Daar moet ook ‘n mooi buiteblad ontwerp word, een wat op ‘n klein piekiekiekie die oog sal vang tussen al die ander resepteboeke…

Kom ons kyk wat gebeur!

Toorts

Onthou, ek lys alle boeke waaroor ek skryf, by Pinterest. 

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad.

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

En wel, hier is dit nou al weer nog ‘n jaar later! Toortsie se Bantingboerekos het verskyn en is ‘n groot sukses! Die eerste drie oplae is uitverkoop, die vierde oplaag verkoop vinnig en die boek is ook in Engels vertaal,  ‘Toortsie’s Banting Bash’.  Die Toortsies is gedrukte boeke, glad nie e-boeke soos hierbo genoem nie. Dis hier en daar by ‘n winkel beskikbaar, maar die beste is om dit sommer direk by my te bestel deur op hierdie skakel te kliek.  Die boek het 60 maklike en lekker resepte, met gewone bestanddele, in, en ook my storie, hoe ek Banting ervaar, waarmee ek gesukkel het, en ander vrae.

12718121_1537873029840317_5777716569469283944_n

 

32 thoughts on “Resepteboek vir Banting Boerekos

  1. ‘n Toorts resepteboek, hoe lekker! Voorspoed met die nuwe projek 🙂
    Ek het mos vir ons familie die “Top Secret” resepteboek laat maak….. was seker een van my lekkerste projekte nog.

    Like

      1. Jy is net mens, en dit is natuurlik dat ‘n mens nie sonder enige gevoelens diepwater inspring nie. Soos jy dit ‘n saak van gebed maak, en treëtjie vir treëtjie vorentoe gee gaan jy die krag en wysheid ontvang wat jy nodig het. Om

        Like

  2. Ek is baie opgewonde! Ek stel voor jy gaan kyk hoe lyk ander e- resepteboeke. Het hulle foto’s ? Watter lyk vir jouu die mooiste? En dan doe jy so voort. Tip: As jy foto s bysit moet dit regtig professioneel wees Sodat jy dit Iin Eng ook kan uitgee en meeding met d internasionale mark. Maar ek is sekrr dis nie moeilik nie. Die agtergrond ens is belangrik. Go fot it Toorts!!!

    Like

    1. Dis wat so lekker is van blogging. Dis nie ‘n geval van jy in jou klein hoekie en ek in myn, nie, maar kyk hoe gee julle my raad en hulp… saam saam kom ons daar! 🙂 Ek dink ek sal maar die vriende wie dit uittoets, vra om die foto’s te neem. Of dalk ‘n proff fotograaf? Maar my kos LYK nie altyd so mooi nie! Ander het weer daardie hand. 🙂

      Liked by 1 person

  3. Die boekidee is die regte een. Die laptop kan nie oral saamgedra word nie. Waar kry mens tog regte kontrei resepte? Dink dis die skoolfondsinsameling resepteboeke wat eintlik kontrei kos is. Sien , my vrou versamel dit. Sal joune graag wil he. Nou die dag een uit Boesmanland gekry.

    Like

Gesels saam, asseblief!