TV Programme

Scrapydo se toeka-tokkel: Tv programme

20140723_153151-1Ons het vir die laaste paar jaar geen tv nie; of beter gestel ons het die kassie, maar geen konneksie nie.  Behalwe vir die Indiese T20 krieket wat ek en Ken altyd saam gekyk het; pla dit my nie werklik nie.  Skoonseun laat hom jaarliks vir die “Tour de France” aanskakel, maar hierdie jaar het hy dit nie gedoen nie.

Kyk ‘n mens terug oor die jare van tv, het dit vir gesellige familietye gesorg.  Heel aan die begin – Kenneth was so drie- vier jaar oud – het ons hom geleer dat die woorde van die deuntjie voor die nuus sê, “Kenneth goes to bed, Kenneth goes to bed.”  Sodra hy die deuntjie gehoor het, het hy dan ook ewe gewillig kamer toe gegaan dat ek hom in die bed kon sit.

Die familie het aangewas; pa, ma en kinders het saam Heidi, Nils Holgersson en ander “kinderstories” gekyk.  Vrydagaande was “popcorn,” of “fudge” aande rondom die tv.  Ek was net te bly om later jare – in Marlè – iemand te vind wat gedurende die wintervakansie saam met my Wimbledon kon kyk.  Ons het darem nie ledig daar gesit nie; daarvan het die geklik van die breinaalde getuig.

Ek is baie kieskeurig as dit by films kom; rillerflieks kyk ek glad nie.  Een aand sit ons en fliek kyk toe ek besef dinge beweeg in ‘n rigting wat my bang maak.  Net daar staan ek op en sê nag vir Ken, en die groot kinders; (die kleintjies was in die bed.)  Sonder om die lig aan te skakel gaan ek eers badkamer toe; met die uitloopslag staan Marlè in die donker gang, en sê “Wha.”  Ek skrik myself nie net yskoud nie, maar sommer uit my volle verstand uit.  Net daar gaan ek met uitgestrekte hande vir haar; sy treë beangs terug; “Mamma, dis ek, mamma dit net ek,” skreeu sy benoud terwyl ek met mening op haar afkom.  By hierdie tyd is sy amper teen die muur vasgedruk, en ek besig om haar aan haar keel beet te kry.  Jare gelede het ‘n kollega eendag gesê dit is gevaarlik om my skrik te maak, ek gaan vir die mens.

Ons kleinseun was so vyf jaar oud toe ek vir ‘n jaar lank omtrent net na die Travelkanaal gekyk het.  Dit was die jaar waarin ek besluit het dat ek wil weet waar elke land in die wêreld is, en wat gaan in die lande aan.  Laatmiddae het ek my kleinseun by die kleuterskool gaan haal; nadat ons sy spraak, en arbeidsterapie huiswerk gedoen het, het ons, ons op ‘n leerbank in die tv-kamer gemaklik gemaak.  Eers het ons ‘n kinderprogram gekyk, en dan het ek na die Travelkanaal toe oorgeskakel.  Met sy lyfie styf teen myne, het ek en hy die wêreld getoer.  “Ouma,” sê hy op ‘n dag vir my, “eendag gaan ek ‘n vlieënier word, en dan gaan ek ouma die hele wêreld wys, en ons gaan al hierdie dinge doen wat ons op die tv sien.”  Ons het saam gelag, en planne beraam.

Op ‘n keer sien ons mans aan ‘n lendelam “kontrêpsie”- gemaak uit lang rietagtige pale wat bo aanmekaar vasbindgebind is – baie, BAIE hoog swaai.  “Ons gaan dit ook doen,” sê hy opgewonde.  So lief soos ek vir swaai is, sien ek nie daarvoor kans nie, en sê dit vir hom.  Hy hou egter vol dat ons nie na daardie land toe kan gaan, en nie so swaai nie.  ‘n Rukkie later in die program eet die mense “iets,” waarvoor ons albei tot ons tone toe gril.  “Ek sê ouma wat,” kom die stemmetjie hier van onder my arm, “ek sal tweekeer op daardie swaai, swaai….. dan eet ouma my “kos” ook.  Kosbare tye!!!

Alhoewel ek die tv geniet het, het dit ook sy perke gehad.  Daar is nie ‘n manier waarop ek net voor hom sou sit, en enige gemors kyk nie.  Om nie ‘n tv te hê nie het groot voordeel; Ken kannie meer met ‘n “remote” in sy hand sit en kanale verander nie.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

14 Responses to TV Programme

  1. Ek het lekker gelees soos altyd

    Liked by 1 person

  2. Olga sê:

    Het jy die “iets” al gaan eet Sally?

    Like

  3. HesterLeyNel sê:

    Oi oi, onthou ek skielik die hand met die remote en die TV wat so van een kanaal na die ander hop. Nog erger, die TV-kykers word mos stokdoof as die prentjies begin flits. Ek kan goed klaarkom sonder TV dankie.

    Liked by 1 person

  4. Ooo daardie kanale verander het ek gehaat. Sodra daar n advertensie opkom word na n ander kanaal gekyk. Maak nie saak of daar te laat teruggeskakel word nie! Ek het altyd gesit en brei terwyl ek kyk. Nou werk ek op rekenaar en kyk nie rerig na die vervelige programme nie. Dankie vir jou bydrae waardeer dit baie. 🙂

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      So bly ek hoef nie elke aand die nuus in my ore te hoor nie. Het die nuus gehaat. Wanneer ek by my sus Rika gaan kuier het, het sy en haar man geweet wanneer Sewende Laan begin, verskoon ek myself en kom eers na die nuus weer uit die kamer. Sepies en nuus …not my cup of tea.
      Ek is vandag in ‘n baie swart bui… die wêreld voel vir my soos Sewende Laan, en die nuus. Wens ek het ‘n remote gehad om alles af te skakel.

      Like

  5. Ek hou niks van sport op TV nie. Ek kan die piep kry as ek die dag wil TV kyk en my programme moes plek maak vir blerrie sport. Veral as dit iets soos toetskrieket of gholf is.

    Liked by 1 person

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 35 : Wasdag/ wasgoed | I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s