My kind is stout

Eendag, ‘n hele paar jaar gelede, staan ek in die ry by die bank. Net voor (of agter) my staan ‘n ouma met haar kleinkind wat sy bedags oppas. Sy brei uit hoe stout hy is, en alles wat hy als aanvang. Ek kon nie uitmaak of sy spog en of sy kla nie. Ek maak ‘n groot fout en sê sy moenie so die stoutigheid verkondig nie, dit vererger dit. Sjoe, sjoe, sjoe, sjoe, sjoe!  Dit was ‘n GROOT fout! Baie hard en baie duidelik, vir ALMAL in die bank om te hoor, was sy my gesig. Wie dink ek is ek om haar voor te sê? Nou ja, ek hét my les geleer! 😉

Wat beklemtoon ons van ons kinders? Wat vertel ons vir ander mense van ons kinders?

Ek sit een dag by die haarkapster, en ‘n mamma met ‘n “ekstra stout” seuntjie en ‘n “ekstra soet” dogtertjie is ook daar. Die seuntjie kan net NIKS reg doen in sy ma se oë nie, die dogtertjie is als wat mooi en soet is, selfs al lok sy haar boetie op ‘n slinkse manier uit om stout te wees.

Ja, kinders is soms stout. Myne was ook, en ek het dit sekerlik ook soms op verkeerde maniere hanteer. Maar as die kind slegs aandag kry wanneer hy stout is, moedig dit hom/haar nie aan om stout te wees nie?

Ek moedig jou aan om die mooi in jou kind te soek, sy/haar talente, dit wat sy oulik doen, veral as dit ‘n kind is wat ‘n geneigdheid het om stout/rebels/wat-ook-al te wees. Probeer agterkom waarin is hy/sy goed. Ondersteun hom/haar daarin, selfs al is dit iets waarin jy dalk nie belangstel nie. Probeer om nie so nét op die foute te konsentreer nie, en as jy hom dalkies net vang dat hy iets ouliks/soets/goeds/hulpvaardigs doen, sê vir hom/haar dankie, gee sommer ‘n drukkie ook en sê hoe lief jy vir hom/haar het. Die “ek is lief vir jou”, is in elk geval iets wat hulle sommer saam met hulle ontbytpap moet inkry, ongeag hoe soet/stout hulle is.

En nee, as dit ‘n erg ontwrigte kind is, moenie wonderwerke in ‘n dag se tyd verwag  en moed verloor nie… gee tyd… hou moed… ondersteun… soek daai mooi dinge… Elke kind het soveel mooi in hom/haar, dit moet net ontdek word, ontwikkel word. (Ek het nogals in die haarsalon gedink dat ek en die seuntjie ver sal kom… )

Sterkte! Kind grootmaak is nie altyd maklik nie, maar dit kan ‘n fees wees as ons wil.

Toortsie

Kom ons beklemtoon die goeie in ons kind. 🙂

Advertisements

15 thoughts on “My kind is stout

      1. Net so. As jou kind afdwaal wonder jy onmiddellik waar jy as ouer verkeerd gegaan het of, nog erger … na wie se kant van die familie aard hy/sy? Ek weet nie op watter tydstip van die geskiedenis dit “mode” geword het as jy kind stout of moelik is nie, maar baie mense neem deesdae daardie houding aan.

        Like

  1. Dit geld vir ons verhouding met elke mens wat ons teëkom. Sien die goed in die mens raak…. en gee baie liefde 🙂 Nie maklik om ‘n ouer te wees nie, maar wat jy sê is baie, baie belangrik!!!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s