This little light of mine…

Ek lees in Die Kerkbode van 7 Augustus 2015 die volgende statistiek oor Christene en ander gelowe:

  • In die wêreld is daar 32.3% Christene, teenoor 22.9% Moslems.
  • In Afrika is daar 48.8% Chistene teenoor 41.5% Moslems
  • In Suid-Afrika is daar 75.2% Chistene teenoor 1.73% Moslems. In Suid-Afrika groei die Moslem-geloof 1.9% vinniger as die Chisten-geloof.
  • In die 10/40 Venster, ‘n Denkbeeldige, reghoekige gebied wat strek van die 10e tot die 40e breedtegraad noord van die ewenaar, van Senegal tot by Sjina, is meer as 60% van die inwoners onbereik, en ‘n groot aantal van hulle is Moslems.
  • Volgens die 2015 Wêreldwaarnemingslys toon Islam in die Afrika-lande die sterktste styging, en in 40 van die Top 50-lande, is Islamitiese ekstremiste steeds die hoofbron van vervolging.  Sudan is die 6e mees vervolgde land in die wêreld as gevolg van geweld teen Christene, terwyl Soedan, Eritrea en Nigerië van vanjaar af ook onder die top 10 mees vervolgde lande is.

Ons kan in angs en bewing sit en toekyk hoe die een moskee na die ander in ons Christenland opgesit word, hoe Islam veral in Suid-Afrika ongelooflik vinnig uitbrei, of ons kan iets daaraan doen, en nie uit vrees nie, maar omdat die liefde van Jesus ons lei. Dit was immers Sy laaste opdrag: “Maak dissipels, leer hulle om Hom te volg.” 

So wát kan ons doen teen die oormag? Wat kan ek, enkele mensie doen? Ek kan tog nie die wêreld verander nie?

Nee, nie een van ons kan die wêreld verander nie, maar ons kan die wêreld om ons verander. Eerstens kan ons seker maak dat ons eie verhouding met Jesus, met God, sterk is, dat ons dit daagliks versorg, versterk, verbeter, dat ons só vol raak van Jesus dat ons bekers begin oorloop… na die mense om ons.  En as ons bekers begin oorloop, is daar sóveel wat ons kan doen.

Ek noem net ‘n paar, en julle kan dit gerus aanvul:

  • Huisgodsdiens saam met jou gesin hou.
  • Deel word van ‘n bestaande uitreikspan. Bied jou geld aan, maar bied veral ook jou fisiese hulp aan.
  • Lid word van ‘n sopkombuis of so iets.
  • Sondagskool aanbied.
  • Deel word van ‘n bybelstudiegroep, en jou getuienis daar, én op ander plekke lewer.
  • Soggens begin met Skriflesing en gebed by jou werkplek.
  • Sit traktaatjies by betaalstrokies.
  • Skenk ‘n Bybel vir iemand (en nog iemand…)
  • Druk kort boodskappies op kartonkaartjies, en gee elke keer een vir die karwag, saam met die geldjie.
  • Maak seker wat jyself glo van Jesus, en wees gereed om dit vir iemand anders te vertel, sonder om jouself op te dring aan die persoon.

Deur die Wonder van die Liefde en Genade van Jesus Christus met ander te deel, verander ons die wêreld.

Groete

Toortsie

15 thoughts on “This little light of mine…

  1. Amen en Bid, bid, bid.
    Vanoggend het daar seker so vyftig.of meer mense hulle hart aan Jesus gegee in ons kerk. Kan net uit dankbaarheid huil as ek hulle na die kansel toe sien stap.
    Praise, glory, and honour to our mighty God!!! He reigns forever more 🙂

    Liked by 1 person

    1. Kameel, jy wil so graag weer betrokke wees. Ek dink net, met 50 mense wat in een week tot bekering kom, gaan daar dalk mense nodig wees om die mense te begelei. Kan jy nie jou naam by die kerk opgee as berader nie?

      Like

    1. Dit is baie waar wat jy sê, maar deur vir hulle ‘n kaartjie te gee wat sê: “God loves you”, aanvaar jy nie hulle is nie ‘n Christen nie. Dalk het hulle juis daardie dag ‘n woord van bemoediging nodig.

      Liked by 1 person

    2. Ek het verlede week die eerste keer vir die trollieman by Checkers ‘n “goeie nuus” kaartjie saam met die geldjie gegee.
      Vandag toe ek uitstap, is hy by. Soso is sy naam. Hy stoot my trollie met ‘n glimlag, pak al my goed in die kar. Toe ek die geldjie en die kaartjie vir hom gee, smile hy van oor tot oor. Hy sê vir my dat hy die kaartjies teen sy kas opplak. 🙂

      Liked by 1 person

  2. ‘n Mens moet beslis ook leer van ander gelowe. Hier in Wes Afrika het almal ‘n Bybel byderhand. Almal lees. As jy kleingeld in jou hand ontvang kom die woorde “God Bless you” sommer so vanself. Almal glo en haal dik Bybelstukke sommer so in die gesels aan…woord-vir-woord. Soms is al hiedie ‘Christene’ om ons se geloof en doen sommer vêr verwyder van mekaar. Van hulle is erg Moslem, maar dring daarop aan om AL die Christen vakansie dae te vier, en dan boonop die Moslem vakansie dae ook. Hulle is erg oorbluf as jy hulle iets uitwys van die Koran wat ooreenstem met die Bybel. My skoonpa was so ontstelt toe hy hoor ek het die Koran gelees, dat hy nou nog stik van woede daaroor en wil dit glad nie bespreek nie. Ook maar oningelig. Net die lees daarvan sal my nie Muslim maak nie. As ek Muslim vriende het, verander dit my nie oornag na ‘n Allah aanbidder nie, maar dit maak wel my oë oop vir ‘n beter begrip vir die Bybel en die vrese van Christene.

    Like

    1. O ek stem 100% met jou saam, en terloop, ek het ook ‘n Koran. 🙂 En ek het nogals die Koran by ‘n PREDIKANT present gekry, omdat hy geweet het ek wil graag meer weet. Nou lees ek maar min uit die Koran. ‘n Mens MOET die ander gelowe verstaan…

      Like

Gesels saam, asseblief!