Internasionale linkshandige dag

Wel, wel, wel, dis MY dag vandag. 🙂 Tog te bly dat iemand wel op een of ander tyd agtergekom het daar is OOK linkshandiges in die wêreld. 🙂 Ek het al voorheen geskryf hoe ‘n linkshandige in ‘n regse wêreld oorleef, so as jy bietjie wil loer, kyk hier.

Maar intussen is ek heeltemal aangepas in ‘n regshandige wêreld, was ek my hele lewe lank aangepas, aanpasbaarheid is immers ‘n eienskap wat ‘n linkshandige móét hê as jy gemaklik wil leef.

Vir alle linkshandiges: Cheers! Geniet die dag! Neem ‘n glasie rooi wyn of ‘n lekker skaaptjoppie in jou LINKERHAND en GENIET HOM!

Groete

Toorts

LEKKER LINKSHANDIGEDAG! 🙂

… o gits! Ek dink ek is ‘n DAG LAAT!

Ag toemaar wat, geniet in elk geval die dag, of jy nou links is of regs. 🙂 … of dubbelhandig!

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Internasionale linkshandige dag

  1. Werner Olivier sê:

    In die boks wereld sou jy ‘n hotklou gewees het Toortsie.Die posisie van linkshandige skrywers lyk vir my altyd so ongemaklik as hulle skryf.Ek het wel jare gelede ‘n seun op skool geken wat lag lag die vinnigste kon skryf met die linkerhand in die klas, as die onderwyser notas deurgee om af te skryf.

    Groetnis.

    Like

  2. Jare gelede het die stomme kinders baie swaar gekry!

    Liked by 1 person

  3. Lekker verbygegane linkshanddag!

    Liked by 1 person

  4. Kameel sê:

    Ek weet nie wanneer hierdie dag was nie…. maar cheers…. aan jou, my kunskind…. en my kunstige kleinseun. 🙂

    Liked by 1 person

  5. Vlindersag sê:

    Ek moet sê, mens voel nogal bevoorreg as daar ‘n dag is vir Linkshandiges, al gaan dit maar stilletjies verby. Die vrouens in ons bloedlyn is almal linkshandig. My ouma, my ma, ek, my dogter. En dit is nogal lekker om “anders” te wees! My ouma en ma het my alles leer regs doen, behalwe skryf, so ek knip regs met ‘n skêr, eet regs om, brei regs om en toe ek kitaar leer speel, toe voel dit na moeite om spesiaal een te kry vir linkshandiges en nou speel ek tog te lekker soos ‘n regshandige. My dogter het dieselfde gedoen – as sy iets nuuts leer, is dit regsom en klaar. Selfs die rekenaarmuis word met perfeksie beweeg deur die regterhand. Linkshandigheid het ons nog nooit gekeer nie. En ons het nogal ‘n goeie lewensles geleer (vir onsself en vir dié om ons) – as jy regtig iets wil leer doen, is dit maar net jyself wat struikelblokke uitdink. Dalk leer mens bietjie stadiger as jy dit met die “dom hand” moet leer, maar as jy deurdruk kry jy dit reg. En as jy dit regkry, is dit vasgestel in jou brein en kan jy dit nie eers andersom doen nie, al wil jy. Ons besef, ons is tot alles in staat …. !

    Like

    • Toortsie sê:

      Ek eet ook regsom, hanteer die muis regs, en speel my kitaar en klavier soos ‘n regshandige persoon. Ek kry soms lus om my kitaar om te draai, ek wonder of ek myself nie in die voet skiet met my regsspelery nie, my regterhand is soms dom met die strumming. 🙂

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s