Emailsiekte

‘n Vriendin stuur my hierdie boodskap:

“As ek geblog het soos jy, sou ek nou ‘n stuk geskryf het oor ’emailsiekte’.  

Toe e-pos in ons lewens verskyn het, is dit gou beskou as iets wat baie werktyd opvreet. En rekenaarspeletjies was glo iets wat die Japannese uitgedink het om die produktiwiteit in die Weste te verlaag. Toe kom Facebook en mors nog eeeue van ons tyd. En net toe ons dink ons het ons Facebookgewoontes ‘n bietjie onder beheer, kom Pinterest … tyd om te fokus, my kind!

Deur dit alles is ons geneig om gedurig ons vriende se aandag te probeer trek met dit wat vir onssself oulik is. Kom ek noem dit ‘emailsiekte’. Ek het laaaankal internet – vanaf 1994, en het oor die jare vele vriende met ‘emailsiekte’ sien kom en gaan. As hulle pas internet gekry het, het hulle jou doodgegooi met allerhande mooi goedjies wat hulle vir jou aanstuur. Mens het maar gesug en gesit en wag dat jou kosbare, duur dialup-data gevreet word met 5MB e-posse met dierbare prentjies met mooi versies daarop, alles mooi aan die loop in ‘n PowerPoint. Jy het op jou tande gesit en kners want daar was nie ‘n keuse om die goed nie af te laai of die mense te blok nie. Jy wou darem ook nie, want dit was nou ‘n goeie vriend en jy is bly julle het nou weer kontak. Jy kon maar net hoop hulle raak gou moeg vir die nuwe speelding.

Deesdae kry mens hulle steeds, net in ‘n ander gedaante, nl. Facebook. Hulle share al wat ‘n ding is. Na ‘n tyd word hulle gelukkig moeg en hou op. Of hulle hou nie op nie, ek sal nie weet nie, want teen daardie tyd het ek lankal sekere van die vriend se liefdes ge‘hide’ (bv. my broer se karre-sites, of daardie aktiviste wat vir jou honde met aaklige beserings wys) sonder om die persoon heeltemal te ‘unfollow’. Hoeveel lewenswyshede kan mens absorbeer? Minions met ‘n gesegde by laat my net vinniger ‘scroll’.

Deesdae het ek nou weer een lekker outydse een wat nou eers weer ’emailsiekte’ het, heel op die ou manier. Maar vanoggend stuur sy toe sowaar ‘n link van iets wat mens op Facebook moet gaan kyk. Ander mense sou dit nou op hulle ‘walls’ ge’share’ het, maar sy is (lyk my) nog bang om goed op Facebook te post, sy ‘stalk’ nog net daar … 🙂  En sy email van haar man se account af. Gits. Ek ken hom, dis beslis nie hy nie.

Nog ‘n ‘siekte’ is as ‘n man en vrou saam een Facebookprofiel het. Mens weet nooit wie is dit wat skryf of watter een is dit wat verjaar nie. Sal elkeen net asb onder sy eie naam begin lewe? 🙂 Ik heb gezegd.”

Toortsie

Geplaas met vriendin se toestemming.

7 thoughts on “Emailsiekte

Gesels saam, asseblief!