Toorts se Toeka Tokkel oor Pantoffels

In opdrag van Scrapydo. Sy sê ons moet oor pantoffels skryf.

Eendag, lank, lank gelede, ons was regtig baie arm, het ek die dag in die Kaap vir my ‘n paar Woollies pienk Stokies gekoop. Nie dat ek eintlik by Woollies gekoop het nie, ek kon dit nie bekostig nie, maar hierdie paar pienk Stokies was ‘n Woollies kopie. Lekker dik. Helder pienk soos spookasem. Ons het maar min in die Kaap gekom, en dit was sekerlik  my enigste aankope van die dag.

Die volgende oggend 5:30 vm maak my man my wakker. Dis koud, in die middel van die winter. Ek moet manne neem  om ‘n lorrievrag te gaan aflaai by ‘n boer, ‘n hele entjie van ons af. Ek trek ‘n sweetpak aan, en my pienk pantoffels, ek gaan mos net die manne aflaai! Ek moes van beter geweet het, my man het ‘n manier om maksimum uit iets of iemand te haal.

Net mooi toe ek daar kom wat die manne afgelaai moet word, roep hy oor die radio, dit was nog voor selfone, dat ek ‘n PART BY DIE KOÖPERASIE MOET GAAN OPTEL… Wat??? Ek het pantoffels aan!!? Ek dink ek moes nog ‘n paar ander draai ook ry.

Ek gaan tel die part op, en net soos ek uit die dorp ry, is daar nóg ‘n part nodig… en nóg een. Dis KOUD, daar is nie ‘n MANIER wat ek kaalvoet daar in die koue gangetjie by die parte sal staan nie. Dit raak later láát in die oggend… en mevrou staan daar met haar duidelike pienk pantoffels… en elke boer aan wie jy kan dink, moes juis daardie oggend parte kom optel by die koöperasie… en mev Toorts sou dit sekerlik nie ‘n geheim kon  hou nie, almal kon dit in elk geval duidelik sien!

Groetnis

Toortsie

Advertisements

27 thoughts on “Toorts se Toeka Tokkel oor Pantoffels

  1. Bawhaaaaa…. 🙂 Ek het ook altyd die kids in my PJs en pantoffels bus toe gevat en as ek deesdae siek is of verlof het, neem ek hulle ook met PJs en pantoffels skool toe – hoop maar net altyd ek kry nie n pap wiel of word afgetrek nie.

    Like

  2. Jy moes net nog krullers in jou hare, en sigaret in die mond gehad het. Dit sou prentjie mooi afgerond het 🙂 Maar dan weer…. daardie pantoffels was te “grand!!!”

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s