Selfpublikasie – Secrets to E book publishing success

Op ‘n vreemde, toevallige manier het ek by hierdie boek van Mark Coker uitgekom: “Secrets to E book publishing success”, en is dit nou ‘n inspirasie!

Mark Coker is die stigter van Smashwords, ‘n verspreider van selfgepubliseerde E-boeke en in hierdie gratis boek gee hy baie waardevolle raad, indien jy ooit ‘n E-boek sou wou publiseer.  Nie net raai hy jou aan om jou beste moontlike boek te skryf nie, maar lê klem op klein dingetjies wat moontlik gemis kon word. Die boekie kan hier gratis afgelaai word.

Vir my is dit ‘n baie interessante  en leersame boek, ongeag of ek ‘n boek wil publiseer of nié. Hy verwys ook na goeie bloginskrywings oor sekere onderwerpe, na nog gratis eboeke oor hóé om jou boek publiseerbaar te kry, die bou van ‘n platform, die bemarking. Heelwat van dít wat hy aanbeveel, kan ook op ander gebiede toegepas word, op ander goed wat jy dalk graag wil verkoop.

Dit voel soms of hy homself ‘n bietjie herhaal, maar nie soveel dat dit regtig steurend is nie, die goeie raad wat hy gee is soveel meer werd.

Ek is nog  nie heeltemal vertroud met Smashwords nie, maar ek sien daar is ook Afrikaanse boeke… as ek net altyd weet hoe om by hulle uit te kom! 🙂 Indien die boeke aan sekere standaarde voldoen, publiseer Smashwords ook die boeke op ander groot netwerke.

Ek beveel dit graag aan.

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Eerder kwaliteit as kwantiteit

Toortsie op Pinterest

toortsie_2016_photographybylize-37

24 thoughts on “Selfpublikasie – Secrets to E book publishing success

          1. Ek dink jy druk dit uit. Aan die ander kant is daar inkleurprogramme maar dit is nie so lekker soos self inkleur nie Ek het al drie haar boeke en nog drie ander ook en draai by elke rak wat potlode of penne het.

            Like

  1. Selfbublikasie & e-boek. Ek het reeds by smashwords aangesluit en hul is rerig oulik. Ek is besig om inligting te versamel om e-boek te publiseer. Op oomblik bestudeer ek “Publishing E-Books for Dummies”. Ek wil my fiksie stukkies in n e-boek sit op die einde. Ek het reeds 61 stukkies geskryf vandat ek begin het. Almal is nie ewe goed nie maar ek sal dit uitsorteer en selfs verander en aanpas. Gaan beslis die e-boek wat jy hier het ook aflaai.

    Like

          1. Beslis ja. Ek het op Amazone gekyk en hul het die selfs vir kindles ook. Sal seker as ek klaar die boek deurgegaan het maar vir my een koop. Ek maak sommer in die verbygaan aantekeninge wat ek later gaan opvolg op die net. Beplan jy om n e-boek saam te stel?

            Like

              1. Jy skryf dit gewoon in you formaat wat jy maar jou skryfwerk die(Word of Docs) dan moet jy dit verander na die formaat wat die verkoper aanbeveel. Dis dieselfde met jou fotos of tekeninge. Dit doen mens eers as jy klaar geskryf en ge redigeer het- dan besluit jy verder mbv Smashwords . Hul beveel ook bv aan om Paint.Net te gebruik om jou omslag te ontwerp. Dokumente kan deur http://calibre-ebook.com/download na HTML files verander word.

                Liked by 1 person

            1. Nou lees ek op die internet wat ek eintlik self weet: Resepteboeke is LEKKERDER in die hand, in boekvorm, nie in E-vorm nie… So… baie water sal nog eers in die see moet loop.

              Like

              1. Beslis. Ek het n spesiale staander waarin ek die boek sit sodat dit nie tussen al die bestandele is en vuil word nie. Die gebruikte bladsy is netso lekker om elke keer by oop te slaan as mens begin soek vir n resep. Huisgenoot se resepte boeke is my handleiding!

                Like

Gesels saam, asseblief!