Hoe het jy en jou geliefde mekaar ontmoet?

Só vra Amore Bekker op RSG. Die mooiste verhale stroom in en sy maak dié opmerking:  “Dit gebeur wanneer jy dit die minste verwag, juis wanneer jy nié daarvoor soek nie.” Hoe waar is dit. Ek sien soveel keer iemand wat naarstiglik soek, haar lewe lank, en dit net nooit regtig vind nie… Hoe sal ons dit ooit verstaan?

As ek nou vir julle mý verhaal vertel, moet ek eers van Brand vertel, die mooi, blonde jongman met die potblou oë wie ek heimlik op verlief was. Hy het my knieë jellie gehad.

Op daardie stadium, op die vooraand van die lente, wanneer die liefde op Stellenbosch blom, het ons saam met Eendrag sangfees geoefen. Die sokkie-HK het egter ‘n sokkie by ons koshuis gereël met Dagbreek. So toe die sangfeesoefening klaar is, het baie Eendrag-ouens sommer daar gebly en begin dans, terwyl die Dagbreekouens by die saaltjie se deur instroom. Chaos op sy beste. 🙂

Ons meisies sit en staan maar so teen die mure in die hoop om gevra te word vir ‘n dans. Die massiewe luidsprekers het daar teen die muur gestaan en ek het op een van hulle gesit en kyk hou die ouens by die deur instroom. Toé sien ek vir Brand en ek sit reg, hoop hy gaan vir my vra… maar die outjie wat net vóór hom loop, vra my toe… en ons kliek dadelik… en ons dans en dans, ook op elke daaropvolgende sokkie en koshuisdans… en ons dans steeds graag, alhoewel baie minder deesdae. Ons oumensdans pas nie so lekker meer in tussen die jongmense nie, sien. Regte two-step uit die 80’s.

So dis mý storie, wat is joune?

O ja, die volgende dag sien ek toe vir Brand hand-aan-hand loop met ‘n meisie, en raai, dit het my glad nie ontstel nie!

Groete
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings, Studentelewe. Bookmark the permalink.

15 Responses to Hoe het jy en jou geliefde mekaar ontmoet?

  1. Kameel sê:

    Tog eienaardig hoe twee mense mekaar raakloop en daarna verander jou hele lewensloop.
    Ek het André se broer by ‘n busstop ontmoet. Lekker op die bus sit en gesels, en hy het my adres gevra. Ons het begin uitgaan. Een Saterdagoggend sit ons in ‘n kafee in Lovedaystraat toe André ingeloop kom. Ons word aan mekaar voorgestel en hy verloor sy hart onmiddelik aan my. Net daar begin ons sad storie.
    Eendag vertel ek jou miskien van Timothy se pa, en ons ontmoeting.

    Liked by 2 people

  2. Na baie korrespondensie het ek op einde my geliefde gevind deur Die Opsitkers. Kan baie interessante staaltjies vertel oor die verskillende skryf ondervindings!

    Liked by 1 person

  3. ekmyselff sê:

    Ek het ook al die stories oor die radio gehoor – baie oulik! Joune is ook oulik!

    Like

  4. My suster en sy broer het verloof geraak en eis waar ek en manlief ontmoet het.Hy was strooijonker en ek die strooimeisie op hul troue.Die res is geskiedenis!

    Liked by 1 person

  5. Dis…my vinger het weer gegly! So frustrerend dat daar nie ‘n editfunksie is nie! 😆

    Like

  6. nowathome sê:

    Ek het my man op skool al ontmoet! Standard 9!

    Liked by 1 person

  7. Korrelkop Kahuna sê:

    Ek en Die-een-wat-gehoorsaam-moet-word het in Standerd 8 ontmoet en in matriek begin uitgaan.

    Like

  8. Sparkle sê:

    Ek het rooikop op n biketrip ontmoed… natuurlik!

    Liked by 1 person

  9. Nikita sê:

    Myne was amper ‘n ‘voorstellery’ wat beide van ons nie wou hê nie. Toe soek ek blyplek nadat my ma die huis aan die plaaslike dokter verkoop het vir sy praktyk en my wederhelf soek iemand om in sy woonstel in te trek en daar ontmoet ons toe mekaar. Hy het verkieslik ‘n meisie gesoek, want hy het katte en plante gehad wat versorging nodig sou hê. Die res is geskiedenis. 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s