Toortsie se Vinnige Banting Feite

Met soveel mense wat elke dag nuut op die Banting-bus klim, kom daar gereeld nuwe vrae.

Wat is Banting?

Banting is ‘n eetprogram, eintlik ‘n leefstyl, waar alle stysels, grane, suiker, kosse met hoë suikerinhoud, soos aartappels en beet, uit die dieet gesny word. Dié energie word dan vervang met ‘n hoë vetinname. Kosse wat voorheen, met ‘n hoë koolhidraat lae vet dieet, tabóé was, mag geëet word, bv die vel van die hoender, die vet aan die tjoppie, lewer, afval, vis met ‘n hoë vetinhoud, soos snoek, botter, room, spek (bakon).

Dit word soms die “Tim Noakes dieet” genoem omdat hy dit weer bekend gemaak het. Dis egter nie hy wat dit begin het nie. Dit word vernoem na William Banting, die eerste persoon wat ‘n Hoë Vet Lae Koolhidraat dieet gedoen het. Dr Atkins, ‘n kardioloog, het dit vir baie jare vir sy hartpasiënte voorgeskryf in die vorige eeu, alhoewel die medici toe nie daaraan wou byt nie.

Hoe maak ek as ek wil begin?

Eerstens, kry vir jou die boek, The Real Meal Revelation, van Tim Noakes. Nee, ek kry nie kommissie nie, maar die boek verduidelik jou presies waaroor dit gaan. As jy dit verstaan, is dit so maklik om te volg. Daar is ook drie lyste kos geplaas: Groen, Oranje en Rooi. Van die rooi lys mag ons NOOIT eet nie. Van die groen lys mag ons eet, soveel soos jou liggaam nodig het. Jy hoef nie honger te ly nie. Nooit nie, maar jy gaan ook nie van jouself ‘n vark maak nie!  Jy eet wanneer jy die kos nodig het, en soveel jy nodig het. Jy mag ook van die oranje lys eet. Die hoeveelhede wat hulle by elkeen van die kosse sit, is die TOTALE oranje lys inname VIR DIE HELE DAG. So, as jy ‘n klein piesang eet, mag jy vir die res van die dag NIKS van die oranje lys af eet nie.

Tweedens, kan jy gerus my bloginskrywing, Banting vir Beginners.   lees. Ek wil myself nie herhaal nie, so kliek gerus op die skakel en dit sal jou daarby uitbring.

Derdens, sluit aan by die faceboekgroep, Banting (Tim Noakes Diet). Die groep het by hierdie skrywe 78666 lede van oor die hele wêreld en bied regtig goeie raad. Soms moet jy ook maar die raad met ‘n knippie sout neem en moenie jou laat verwar nie, maar dis tóg ‘n goeie groep om aan te behoort.

Vierdens, as jy oorweeg om dit te doen, sal ek aanbeveel dat jy eers jou dokter raadpleeg voor jy dit doen.

12718121_1537873029840317_5777716569469283944_nVyfdens, kry my heerlike resepteboek! Dis geskryf vir gewone mense in gewone huise wat van gewone kos hou met gewone bestanddele. Heerlike en smaakvolle resepte! Kliek HIER om te sien hoe om dit te bestel, ek pos dit graag vir jou.

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad.

 

9 thoughts on “Toortsie se Vinnige Banting Feite

  1. Ek het tog lus om dit te doen. Sal nog eers ekstra nalees en ook dit met my dr bespreek. My dr is n oud Suid Afrikaner. Sy is al jare lank hier en ons kliek nogal. Ek weet egter nie hoe ek sonder my toebroodjie elke dag kan klaarkom nie. Eet elke dag 2 snye heelgraan snytjies brood.

    Like

        1. Ek het nooit probeer om bv brood te vervang nie. Sommer net uitgelos. Mens voel baie sleg in die begin. Dis koolhidraatonttrekking. Byr deur dit. Ek steun baie op eiers, avo, kaas, tamaties. Bacon nie so erg baie maar jy mag dit eet. Vleis en groente.

          Like

          1. Ek het nou nadat ek opgestaan het gesit en dink – slaai, tamatie en dan eier in plek van brood se prys behoort te kan werk op die ou end. Ek het na n klompie resepte gekyk en dit lyk rerig belowend. Sal my brein nog mooi instel om te begin. Gelukkig is ek nie te oorgewig nie, dis vir my meer oor die gesonder eet.

            Liked by 1 person

  2. Toorts weet jy wat van Banting kry my onder… ek lus soms koeldrank, ek sal n toelaatbare stropie moet kook wat ek met water kan aanmaak… ek is baie gatvol vir water, koffie en tee en ook my eie ice-tea.
    Dankie vir die deel.

    Like

Gesels saam, asseblief!