Pantoffelregering

Scrapydo se toeka-tokkel: Pantoffels

Erens het ek die pot misgesit.  Ons is veronderstel om die week oor “Mengelmoes” te skryf, maar aangesien ek al die hele week spook met pantoffels (wat ek gedink het die onderwerp vir die week is,) plaas ek dit maar.  Dit is mos nou ‘n mengelmoes…. of nie?

20150730_191512Was ek op skool het ek sowaar nie my opstel ingehandig nie.  Ek het my lewensgeskiedenis vir die geringste beduienis van ‘n pantoffel gefynkam, en sowaar daar is geen storie, of gebeurtenis wat homself om pantoffels afspeel nie. Verlede naweek het ons kleinkind met ‘n paar pienk pantoffels langs my kom sit, en vertel ‘n tannie het dit vir haar gebrei.  Ek het my ore gespits, hopende dat hier uiteindelik ‘n pantoffelstorie is…. maar net daar het die storie platgeval.

Dan vertel ek maar van die dag toe my pa gerebelleer het.  As ek sê my pa het onder die pantoffelregering gestaan, sou dit ‘n liegstorie wees.  Albei my ouers was sagte mense, maar my ma het ‘n manier gehad om te “order.”  “Moot,” sou sê, “gaan haal vir my die skêr.”  Dan het my pa ewe gedweë die skêr gaan haal.  Vir ons kinders was dit doodnatuurlik, en het dit nie as ‘n swakheid in my pa gesien nie.  Ons huis was ‘n huis sonder baklei, en dit was al wat saak gemaak het.

Ek was nie lank met Ken getroud nie toe hy op ‘n dag vir my sê, “Verstaan een ding baie goed, jy is nie jou ma nie, en ek is nie Moot wat spring wanneer jy iets sê nie.” Ek het hom net oopmond aangestaar.  Toe hy sien ek kannie twee en twee bymekaar sit nie vertel hy my dat my pa onder die pantoffelregering staan, en dat my ma die broek in die huis dra.  Ek kon hardop lag…. my pragtige blouoog, vriendelike ma wat nie eers ‘n vlieg skade sou aandoen nie!!!  Ek noem dit op ‘n dag aan my ousus, en sy stem saam dat my ma op ‘n troontjie sit, en dat my pa die springwerk doen.

Op ‘n dag sit ons almal in die eetkamer by my ouers aan huis.  My pa kom deur die kombuis aangestap. “Moot,” sê my ma, ”gee vir my daardie koekblik bo-op die kas aan.”  Outomaties gaan my pa se arms die lug in om op die versoek gehoor te gee, maar die volgende oomblik laat sak hy sy arms, en met ‘n duidelike “Ek sal nie,” stap hy stywerug by die kombuisdeur uit.  Ek weet nie wie meer verbaas was nie, my ma of ons?.  My dierbare pa – toe al diep in sy sewentigs – het uiteindelik teen die pantoffelregering in opstand gekom.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

19 Responses to Pantoffelregering

  1. Wys net,dat slegte gewoontes vassteek as dit nie vroeg uitgeroei word nie.Jou ma het nooit eers besef wat sy doen nie,want jou pa het stilgebly.

    Liked by 1 person

  2. Toortsie sê:

    My pa het ook maar gedoen wat my ma gevra het. 🙂 Hy was ‘n liewe mens. 🙂
    My skoonpa het GEEN pantoffelregering geduld nie. Patriargaal. Hul was al meer as 50 jaar getroud wat hy eendag weer, soos gewoonlik, kom vuil trap net nadat skoonma die vloer gewas het. Sy sê, vir die eerste keer in haar lewe, “Nee man, kyk hoe trap jy vuil. Gaan haal die besem en kom maak skoon jou gemors.” Ewe gedwee doen hy dit toe. Ek lag nou nog daaroor! Dit was die eerste en enigste keer. 🙂 Ook hy was ‘n liewe mens.

    Like

  3. *fluister*… die onderwyser in my wil kort-kort ‘n asseblief en dankie insit!

    Liked by 2 people

    • Kameel sê:

      Dit is presies net so Tina. Nadat ek begin oplet het, het ek ook die assebliefs en dankies gemis. Dit is net dat sy op so ‘n sagte manier “ge-order” het, dat ‘n mens dit nie agtergekom het nie.

      Liked by 1 person

  4. Sparkle sê:

    Kameel, jou storie laat my jou dink aan n grappie van Andries Vermeulen. Dalk klink dit bekend? “Hu-uh. Pappie gaan nie rugby kyk nie. Pappie hou nie van rugby nie. Hy was al by n wedstryd. Hy weet wat daar aangaan”

    Dalk is dit op YouTube.

    Liked by 1 person

  5. Olga sê:

    Lag ek te lekker. Homer sal altyd sê: “Orders.” Maar ek onthou darem om asseblief en dankie te sê.

    Liked by 1 person

  6. Ha ha, daar het jy dit nou. Sommer in die verbygaan word alles gedoen en dan eensklaps kom die besef: Hoekom moet ek? Lekker gelees oor pantoffels al was dit die regering se pantoffels.

    Liked by 1 person

  7. hehehehe komieklike storie

    Like

  8. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 33: Pantoffels | I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s