Hoe belê jy in jou huwelik?

Iemand vra op Intiem Tydskrif se Faceboekblad: “Hoe belê jy in jou huwelik?” Ná 30 jaar van getroud wees, kan ek met oortuiging sê dat ek BAIE keer wanbestee in my huwelik, steeds baie foute maak, maar dat belegging in jou huwelik van kardinale belang is. Veral in vandag se tye.

Ek kan net namens myself praat, uit eie ondervinding. Ek belê met klein dingetjies, maar ook met grotes.

Bid, bid, bid onophoudelik vir my huwelik, my huis, my gesin. Ek bid vir huwelikstrou aan beide kante, vir God se beskerming, teen dinge wat ons huwelik mag bedreig.

Klein dingetjies, soos om ‘n lekker bord kos met liefde voor te sit, hom bly te groet as hy by die huis kom, dat sy klere versorg is, vir ‘n huislike atmosfeer.

Deur vir hom te sê ek’s lief vir hom, dat hy mooi is. Dat ek hom waardeer.

Om doelbewus dinge saam te doen, al is dit selfs soms ietwat ongemaklik, soos om my hele kantoor op te pak en agter hom aan te piekel sodat ons tóg ‘n lewe saam kan hê. Om saam met die manne te ry as hul ‘n koedoe gaan soek.

Om saam vakansie te hou en nie elkeen heeltemal sy eie rigting inslaan nie, maar tyd saam te spandeer.

Om geld in jou huwelik te spandeer, soos ‘n aandjie alleen uit, ‘n wegbreeknaweek vir julle twee, alleen saam iets te doen.

Om boeke te lees oor die huwelik, saam huweliksverrykingskampe by te woon. Deur geen vreemde opmerking te maak as hy met die Intiem Tydskrif by die huis aankom nie.

Deur positiewe dinge van en voor hom te sê. Deur nie van hom te skinder nie. Deur nie in negatiewe, siniese gesprekke oor die huwelik te verval nie. Deur te veg vir my huwelik, en ook vir dié van my vriende. Deur my, én my vriende se huwelike te respekteer.

As ons knor, knor ons BEHOORLIK… maar die opmaak… 😉

Deur níé pornografie van enige aard in my huis toe te laat nie, ook nie per epos nie. Deur nie negatiewe grappe oor mekaar of oor die huwelik te duld nie.

Deur saam te lag, saam te huil. Deur ons spesiale saamweestydjies te geniet.

Ek is ‘n vegter vir my huwelik. Party mense sal my as JALOERS afmaak, maar dan is dit nou maar so. Ek het getrou om getroud te bly en werp alles in die stryd om getroud te bly.

En met my laaste sin wys ek nie die vinger na énige mens nie. Ons omstandighede verskil almal. Maar ek? Ek sal veg tot die end vir my lewe, want dis wat ek in die kerk belowe het.

En jy? Hoe belê jy in jou huwelik?

Groete
Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings. Bookmark the permalink.

22 Responses to Hoe belê jy in jou huwelik?

  1. nowathome sê:

    Stem heelhartig saam! Dit bly ‘n harde werk, selfs na 38 jaar! Maar als die moeite werd! 😀

    Liked by 1 person

  2. Hester Richards sê:

    Toorsie, Ek het jou ‘n paar jaar terug toevallig om jou blok ontmoet, wil net baie dankie sê vir al jou stukkies wat jy skryf maar vandag sin lê so baie van ons na aan die hart en ek glo dat daar baie is wat kan identifiseer met wat jy hierin sê, doet so voort pragtig dag vir jou Hester Richards

    Like

  3. ekmyselff sê:

    Ja nee, jy veg behoorlik! Cheers!
    En ek is seker jy pluk die vrugte.

    Liked by 1 person

  4. ekmyselff sê:

    Ooh ja, ek wou nog se, ek bele nie meer nie maar ek het ook eens op n tyd BAIE bele – maar ongelukkig moet albei mos bele anders draai dinge nie lekker uit nie.

    Liked by 1 person

  5. ekmyselff sê:

    Nee man is nie dat ek nie wil bele nie …. lol. Daar is nie meer ‘n huwelik om in te bele nie 🙂

    Like

  6. Komminikasie en liefde en belangrikste saam bid.

    Like

  7. Wedersydse respek en omgee vir mekaar. Maar as daar nie ‘n spark is nie weet ek nie of dit kunsmatig kan aangevuur word nie, vir daai spark is ek baie dankbaar. 42, nie uit nie!

    Liked by 1 person

  8. Kameel sê:

    Dat daar nog ‘n huwelik is na 40 jaar, is net ‘n Godswonder. Dit sê ek nie sommer ligtelik nie. Ons huwelik is die plek waar satan sy aanvalle onophoudelik loots. Ek glo ook dat hierdie huwelik die silwersmit se pot silwer is wat oor die vuur gehou word om van alle drek ontslae te raak in my.

    Like

  9. Goed gesê! En dit bly vir my ‘n lekker “harde werk” aan die huwelik! Ek weet dit is een groot seën!

    Like

  10. Onselfsugtigheid,verdraagsaamheid,toegeeflikheid,onvoorwaardelike liefde,sonder om mekaar te probeer verander,respek vir mekaar se eie menswees en onafhanklikheid…dis ons resep vir 40 jaar.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s