Toortsie se Toeka Tokkel oor mengelmoes

Laasnag droom ek iets van ‘n vrou wat ons stal hier by die huis wil gebruik. Dis chaos! Sy bring haar beeste en dit voel my dit word by my neus en ore en waar nog orals ingeprop. Op ‘n stadium in my droom kry ek toe genoeg en ontplof natuurlik. Want my lewe is nie net ‘n bees nie, beslis nie beeste van ‘n ander VROU op my werf nie! … Jaloers, né? 😉

Ek is ‘n mengelmoeskardoes. Nee, eintlik nie ‘n mengelmoeskardoes nie, maar ‘n diamant met baie fasette. Dit kan jy op my blog ook raaklees, hopelik elke dag iets anders. Sekere onderwerpe wat my ná aan die hart lê, kom meer gereeld te voorskyn, maar ek kan nie my hele blog net aan een onderwerp wy nie, my geaardheid laat dit net nie toe nie.

Al is ek so lief vir musiek, luister ek bedags eerder na RSG as om heeldag CD’s te luister. Dan hoor ek lekker geselskap, maar ook ‘n verskeidenheid musiek. Tog, nou die aand hoor ek ‘n klassieke program met die mooiste kore en besef toe ek luister dalk heeltemal te min klassieke musiek. My siel is dors!

Ek geniet ‘n goeie, rustige stiltetyd met my Here, maar lees tog nie heeldag Bybel nie!

Ek geniet my rekenaar, maar as ek regtig vir dae aaneen vas voor hom moet sit…

As ek vir vyf dae op ‘n staproete is, voel ek dit kan maar my lewe wees, maar as dit verby is, is dit nét so lekker.

Daar is soveel goed waarvoor ek lief is, soms is ek meer besig met die een ding, dan weer die ander ding. As jy na my vingerpunte kyk, sou jy nie sê ek speel graag kitaar nie! Die snare kou my maar op ‘n Sondag as ek ‘n hele ruk nie gespeel het nie en ek moet help met die sang! Nie een ding wil ek doen en doen en doen tot ek flouval nie. Ek is met baie goed tegelyk besig, erg aandagafleibaar sal party mense dalk sê, al stem ek nie heeltemal daarmee saam nie. ‘n Bont mengelmoeskardoes wat erg georganiseerde mense MOEG maak, maar dís hoe God my gemaak het, en dit maak my gelukkig. ‘n Diamant met baie fasette. 🙂

Maar as dinge té deurmekaar raak…

Groete

Toortsie

In opdrag van Scrapydo.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

6 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor mengelmoes

  1. Lekker mengelmoes van gevoel en leefwyse. Dit voel nogal of jy my ook beskryf. Altyd iets om aandag besig te hou. Dankie vir die heerlike mengsel wat jy opgedis het. 🙂

    Liked by 1 person

  2. Ek is MÁL oor jou woord: mengelmoeskardoes!!!! Puik!! En geniet alle fassette van die lewe, en behou die goeies! Maar klink my jy is goed met alle fassette!

    Like

  3. ekmyselff sê:

    ooh heng ek maak ook georganiseerde mense MOEG – ag nee wat mense wat nie van “bietjie deurmekaar” hou nie, hou eenvoudig net nie van soek nie – lol
    Ek hou ook van baie dinge doen en nie aldag en heeldag die selle ding oor en oor nie.

    Like

  4. Kameel sê:

    Nounet ingekom na ‘n paar dolle dae daar tussen die mielielande by my dogter. Salig, my eie relaxer, uncapped wifi…… en vanaand slaap ek in my eie bed 🙂 Die kuier was lekker maar wil nie gou weer uit die mengelmoeskardoes leef nie.

    Liked by 1 person

  5. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 33: Pantoffels | I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s