Sommer ‘n stukkie filosofie oor God en seën

Die oom binnekort 80 word, het eintlik net twee onderwerpe waaroor hy baie graag gesels: Seks en Geld. 🙂 ‘n Mens kuier baie lekker saam met hom, maar dit kan gebeur dat jy soms so ietwat ongemaklik voel…

Sien, dit lyk of God hom op beide gebiede goed geseën het en steeds seën. 🙂

Hy vertel graag dat hy regtig arm grootgeword het. Hulle was drie seuns en sy pa het net ‘n klein plasie gehad. Tog het God hom al die jare geseën, kon hy in goeie tye uitbrei en is hulle nou finansieel heel selfversorgend, eintlik dink ek, sterk. So tussen die lyne deur lees ek dat hy ook deur vriende kontak gehad het met goeie adviseurs, en dat hy na hulle raad wat toevallig na sy kant gekom het, geluister het. My indruk is dat hy goeie raad gevolg het en genadiglik goeie besluite geneem het.

Hy is ‘n lewende Christen, en gee graag aan God die eer. Nou kom die vraag wat iemand vir hom gevra het: “As jy nou sê God het jou finansieel geseën, hoekom het God dan nie vir ander mense ook só geseën nie?

Dis sulke vrae wat maak dat ‘n mens soms huiwer om openlik eer aan God te gee. Want, as God mý dan geseën het OP ‘N SPESIFIEKE MANIER, trap ek nie op ‘n ander een se tone wie nie op daardie spesifieke manier geseën is nie?

Ek het al baie hieroor gedink. Ek dink nie ‘n mens moet met al jou suksesse op jou mou loop nie, maar soms kan jy net nie anders nie, jy móét die eer aan God gee, hoe anders? Jy móét getuig van Sy goedheid, dis wat Hy immers van ons verwag?

My antwoord wat ek uitgedink het, is: “Ek kan nie namens God, of die ander persoon praat nie, maar ek kan nie stilbly oor wat God vir my gedoen het nie, ek is net té dankbaar.”

Ek dink die groot fout wat ons maak, is om mense met mekaar te vergelyk. God het ons elkeen uniek gemaak, en seën ons almal, elkeen op sy eie manier. Die groot geheim is om ons oë oop te maak vir daardie seën. Ek het geleer, hoe meer ek God se wonderwerke, Sy seën ERKEN in my lewe, hoe meer HERKEN ek dit, hoe meer sien ek dit raak, hoe dankbaarder word ek.

Die vraag is wel:  Spog ek? Of gee ek aan God in nederigheid en uit dankbaarheid die eer?

Dis net my mening. Wat is joune?

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

7 Responses to Sommer ‘n stukkie filosofie oor God en seën

  1. HesterLeyNel sê:

    Dis nou regtig stof tot nadenke. Maar snaaks, weet jy, iemand sal wel iets uitdink om jou te kritiseer, maak nie saak wat jy doen (of nie doen) nie – daar is nou maar ten enemale sulke mense.

    Liked by 1 person

  2. Manewales sê:

    Ek dink ons ken nie God se plan nie. Die dat ons met sulke vrae spook. Ons besef dikwels nie dat wat vir een ‘n seën is vir ‘n ander ‘n vloek kan wees nie. Finansiële welstand is nie ewe goed vir almal se ewigheidswaarde nie. Daarby moet ek ook erken dat ek persoonlik meer geseënd voel in tye waar dit minder goed gaan as juis in die wat alles voorspoedig gaan.

    Like

  3. Kameel sê:

    Ek het die probleem omdat God baie direk met my deel, ek sy stem duidelik hoor, visioene sien, en drome droom waar Hy my waarsku ens. Nie almal verstaan dit nie…. en kyk my partykeer snaaks aan, of betwyfel dit, praat teen dit ens. Moet ek dan maar net stilbly, of getuig ek van God se goedheid en werk in my lewe.

    Like

  4. seegogga sê:

    God seen ons almal op sy eie manier. En ons maak ook ons eie keuses soms dalk nie volgens God se wil mie.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s