Balans in grense

Ek is tans besig om die boek, “Grense”, deur Dr Henry Cloud & Dr John Townsend, te lees. Ek is nog maar redelik aan die begin van die boek, en kan dus nog nie ‘n opinie daaroor uitspreek nie. Ek hou baie van dit wat ek tot nou toe gelees het.

Ekself is ‘n voorstander van grense stel. Deur grense te stel, definieer jy jouself, en weet ander mense hoe om jou te hanteer. Ekself het al baie keer in my lewe nodig gehad om “voet neer te sit”, te sê, “Genoeg is genoeg”. Selfs op my blog het ek al gevoel dis nodig om grense te stel, soos toe iemand my aangeval het oor my liefde vir Afrikaans, het ek ‘n verklaring oor my taal uitgereik om te sê wie en wat ek is, en hoe ek oor Afrikaans voel.

Waar grense baie belangrik is, is waar die kans staan dat jy misbruik word, selfs nie op ‘n lelike manier misbruik nie, maar waar jy jouself moet breek om aan ander se behoeftes te voldoen, en dit op ‘n gereelde basis, amper asof dit so hoort.

Deur grense te stel wys jy vir mense rondom jou wat is teenoor jou toelaatbaar en wat nie.

Maarrrrr…. daar is, na my mening, ook ‘n TÉ. Dit kan wees dat ‘n mens só erg is op JOU grense, JOU wense, dat jy amper selfsugtig optree. Natuurlik gebeur dit soms (nie soms nie, sommer baie keer in die regte lewe) dat ons dinge doen waarvan ons eintlik nie hou nie. Ons doen dit ter wille van onsself, ons samelewing, ons gesin, ons familie. En dit is ook nodig. As iets nie regtig vir jouself, jou siel, skade bring nie, is dit nodig om soms jou grense ietwat te verskuif. Soms is dit nodig om toe te gee ter wille van ‘n ander persoon, omdat dit daardie persoon help. Ek sê soms, want as so ‘n persoon misbruik begin maak deur jou toegewing, jou begin manipuleer, is dit wanneer daardie grens maar weer duidelik gestel moet word.

Alles het perke. Tog voel ek dis soms nodig om ‘n bietjie te dink: “Wie is ek nou weer?” Sou dit nodig wees, stel daardie grens in, maar weet dat dit gewoonlik nie ‘n maklike ding is om te doen nie, ek praat uit ondervinding. Maar sou dit nodig wees, wees ook bereid om dalk ‘n bietjie toe te gee.

Dit gaan daaroor om die verantwoordelikheid van ons keuses te aanvaar. Kies jy om aan te dring op jou grens, jou wil, of kies jy om terug te staan? Bly jy dan by die besluit wat jy gemaak het?

Dis maar net mý mening. Hoe voel julle?

Groete

Toortsie

Die belangrikste: Net so graag soos ek wil hê ander moet mý grense respekteer, net so moet ek ook ánder se grense respekteer en níé ‘n belediging daarvan maak nie.

Advertisements

13 thoughts on “Balans in grense

  1. Ek weet ek het vir my kinders grense gestel maar kan sowaar nie dink of dit nodig was vir myself nie. Praat natuurlik nou van my latere lewe. Het nooit gevoel iemand misbruik my nie. Hmmmm laat ‘n mens dink.

    Like

  2. Ek stem saam, in beginsel, dis net – soms klap die lewe jou heeltemal van die speelveld af en dan moet jy ôf die grense skuif of terugkruip op die veld en die oues gaan herstel.

    Like

  3. Hi Tootsie
    Ek sien jy het n artikel geskryf oor grense…Weet jy miskien waar ek die Afrikaanse weergawe van grense kan koop (die engelse weergawe is volop) maar soek bitter graag die AFRIKAANSE weergawe? Vriendelike groete Naomie

    Like

    1. Hello Naomi. Ek wonder of Takealot nie nog het nie? Ek wou destyds die e-boek in Afrikaans koop, maar dit was slegs in harde kopie beskikbaar. Dit was by Kalahari, wat mos nou Takealot is.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s