“Meetsnoer”, ‘n boek geskryf deur Chanette Paul, is deel van die Gys Niemand reeks. Elkeen van die boeke in die reeks kan op sy eie gelees word, tog is dit goed om dit in volgorde te lees omdat daar verwys word na gebeure en mense uit die vorige boeke. Sy gee die volgorde van die reeks aan op haar blog.
‘n Vrou, wie deur mense erg benadeel is, koop ‘n stukkie grond waarop ‘n oerwoud is. Dit voel vir haar soos ‘n “tuiskoms” om daar te wees.
Maar ongelukkig weet sy nie van al die onderstrominge nie, van ander mense wat ook graag die stukkie grond wil besit nie, van geheime wat die grond dra nie, van mense wie bereid is om moord te pleeg om dit te kan kry nie.
Sy kry te doen met ‘n kerk met totaal verdraaide opvattings, met mense met totale siek lewensopvattings, mense wie geïndoktrineer word deur ‘n absolute opportunis met ‘n verskuilde agenda.
Meetsnoer is ‘n fantastiese boek. Die vingers wys na een verdagte, tog kan jy nooit seker wees nie, en elke keer word daar net nóg ‘n veer uit die hoed getrek sodat dit spannend bly tot op die laaste bladsy. Dis ‘n boek wat ek met graagte aanbeveel.
Toortsie
Ek sit skakels na al my boekbesprekings op Pinterest.
Klink n lekkerlees ene!
LikeLike
‘n willie neersittie een
LikeLike
Klink so. Lees op oomblik Granate… Marzanne leRoux vd Boon. Kan ook nie neersit nie!
LikeLike
Granate van Marzanne le Roux vd Boon. Ek het hom. Ek dink hy het ‘n opvolg?
LikeLike
Ek het bv Klaprose jare terug gelees toe hy uitgekom het en dit netso geniet dis hoekom toe ek jou lysie sien het ek besluit om die granate bloei in Jerusalem te koop!
LikeLike
O Klaprose! Wat ‘n storie! Sjoe. Dit het my oë oopgemaak vir vigslyers.
LikeLike
Ja, en dit was nog maar in die begin jare v erkenning dat vigs so erg is en bestaal
LikeLike