Brandhout

Toeka-Tokkel: Brandhout IMG-20150717-WA0019

Ek dink die manne in ons gesin – veral my een skoonseun wat spesiaal ‘n vertrek met ‘n oop vuur laat aanbou het – sal lekker oor brandhout kan gesels.  My ondervinding is maar beperk.  Wat ek wel onthou is die tye wat ons met vakansie op die plaas in Betsjoeanaland was.  Die dag wanneer my oupa hout gaan kap het, is ons kinders saam die veld in.  Met die ossewa hoog gelaai van die dag se arbeid, en die kinders al klouend bo-op die stapel hout, het ons laatmiddag eers teruggekeer.  Die hout is onder ‘n groot boom afgelaai, en daarna was dit Stilo – ‘n swart seun – se werk om elke dag hout te kap vir die koolstoof.  Die enigste tyd wat ek my ouma – ‘n stil stemmige vrou – haar stem hoor verhef het was wanneer sy vir Stilo geroep het om sy dagtaak te verrig.  Ek sien haar nou nog met haar wit voorskoot aan, in die agterdeur staan en roep: “STILOOOoooooooooooooo…..” Deur die lug, en oor die veld het haar stem weerklink.  Maak nie saak waar Stilo was nie, maar hy het altyd op die stem gehoor gegee.  Nie lank nie of hy draf met sy leer velletjie aan, die werf binne, en begin ywerig houtkap totdat daar genoeg brandhout is om die koolstoof se honger vir nog ‘n dag te stil.

Daar is wel ‘n stapel brandhout waaroor ek alleen beheer het; ek kan besluit om ‘n vuur daarmee te stook, of hom te smoor deur brandhout van hom te weerhou.  Ek praat hier van die tong. “See how great a forest a little fire kindles! And the tongue is a fire, a world of iniquity.  The tongue is so set among our members that it defiles the whole body, and sets on fire the course of nature; and it is set on fire by hell.”  Wetende hoeveel skade ek kan verrig deur onverskillig met hierdie brandhout om te gaan, beter ek goed dink voordat ek ‘n vuurhoutjie daar naby trek.  Wat baat dit my om skinderstories die wêreld in te stuur, of om ‘n skinderstorie te stook wanneer dit by my uitkom?  Wat baat kwaadpratery, swartsmeerdery, en leuens my?  As ek geen baat daarby vind nie, hoekom dit doen?  Nie dat ek nie al in onbesonne oomblikke die vuurhoutjie getrek, en in die brandhout ingedruk het nie, maar dit het my nog nooit laat goed voel nie.  Dit is nie ‘n vuur waarom ek graag sit nie.  Daar is niks geselligs aan so ‘n vuur nie, dit is ‘n vuur wat verteer, en beskadig.  Maar van die brandhout ontslae raak, diè kan ek nie.  Dit is altyd daar, gretig vir die geringste vlammetjie. Dus moet ek daagliks ‘n wag voor my mond aanstel, hopende dat hy nie sy plig sal versuim, en aan die slaap raak nie.

Ek sal voorwaar nie nou omgee vir ‘n lekker kaggelvuur nie. STILOOOooooooooooooooo

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

20 Responses to Brandhout

  1. Olga sê:

    Die een kuns wat Olga nie kan bemeester nie. Maar ek probeer my bes om nie ander mens se houttjies wat hulle by my los brand te steek nie.

    Liked by 1 person

  2. ekmyselff sê:

    Waar wat jy se.
    Ooh en die regte hout uit die laeveld kan lekker ruik en die vlamme wat so dans is pragtig… skep n wonderlike atmosfeer.

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    ‘n Mens kan mos net in die vlamme staar….. dit het so ‘n kalmerende uitwerking. ‘n Knetterende kaggelvuur….. hoe heerlik!!!

    Like

  4. Vandat ek en Sus Scrapy endag die veld aan die brand gesteek het maak ek nie vuur nie!

    Like

  5. Ja die liewe tong! Ek is self ook met tye skuldig en reg met die aansteek. Ons het vroeër n koolstoof gehad waar ook hout gekap en gebruik is. Was die lekkerste aande so in die kombuis. Deure toe en knus aan tafel gesit en radio luister. Daardie tyd het ons net die nuus geluister, boeke vat en dan die 7:30 aand storie! (Was nog in laerskool daardie tyd) Daardie tyd wat ons(seker eintlik ek as ouer een) veld aan brand gesteek het was n hengse storie. Was in die dorpsgebied van alle plekke! Tina moet maar haar deel vertel.

    Like

  6. Toortsie sê:

    Fantasties geskryf. Dankie

    Liked by 1 person

  7. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 32 : MENGELMOES | I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s