Hekel die bobbelsteek – tutoriaal

Hierdie tutoriaal is vir linkshandiges,  deur ‘n linkshandige.  Regshandiges kan dit natuurlik ook probeer, maar onthou dis die spieëlbeeld,  dan kan jul sommer voel hoe ons linkshandiges gewoonlik voel!

image

Om ‘n bobbelsteek te maak, hekel jy 4 langbene in ‘n kettingsteekspasie in jou vorige ry.

image

Haal nou die lissie van jou hekelpen af en steek die hekelpen deur die eerste langbeen in die groepie langbene. As jy aan die regte kant van die hekelwerk werk,  steek jy die hekelpen van voor af in. Steek dan die pen ook deur die lissie wat jy van die pen afgehaal het.

image

Trek die lissie deurdie eerste langbeen.

image

Hekel twee kettingsteke en maak ‘n volgende bobbelsteek.

Indien jy aan die verkeerde kant van jou werk hekel,  steek dan die pen van die agterkant af in.

image

image

image

En só lyk die eindproduk:

image

Hoe sal so ‘n bobbelsteekkombersie lyk?

Lekker hekel!
Groete
Toortsie

19 thoughts on “Hekel die bobbelsteek – tutoriaal

  1. Ek dink dis nogal n ondervinding om links te moet wees! Ek het op n stadium n Indiese vrou gehelp met haar breiwerk. Sy was ook links so ek moes toe vir haar (volgens my) agterstevoor help brei. Sy het baie mooi gebrei. Haar patroon was nogal ingewikkeld maar ons het dit netjies uitgewerk en neergeskryf!

    Like

      1. My oudste suster brei en hekel ook links. Dis te kostelik om haar te sien werk, dit gaan soos blits. Sy is regshandig

        Like

        1. Nou hoe het sy geleer om links te hekel en brei?? My dogter is regshandig. Aanvanklik het sy erg gesukkel om te hekel toe ek haar leer. Later kom ons toe agter sy hou die pen, nes ek, in haar linkerhand. Toe sy dit in haar regterhand sit, kom sy reg! 🙂

          Like

    1. Laat Juf Toorts gou inspring. Ek verstaan dit nie, as ek by hierdie raksie van jou kliek, kom ek by die regte blog, maar as ek by jou icon kliek wat sê jy het my post gelike, kom ek by scrapydotwo.wordpress.com wat nie meer bestaan nie. Vreemd.

      Like

      1. Ek kry nie die ding reg nie. Ek praat sommer in tale as ek daaraan dink. Dit is nie “two” nie maar “2” en ek kry net nie die ding van die lug af of gekoppel met prentjie nie! Herriemerrie het n epos gestuur. Gaan dit rustig betudeer en kyk hoe dit werk

        Like

  2. Dit is baie mooi Toorts….. maar dit is sovêr ek sal gaan. Bewonder ander se hekelwer maar het nooit leer hekel nie. Het vir my dogter nounet ‘n bedmatjie klaar gebrei met t-shirting, en dit is my aandeel aan brei die winter. 🙂

    Liked by 1 person

      1. Daar was so ‘n gebreiery tussen die meisiekinders hier aan die gang…. en ‘n uitruilery van naalde dat ek nou skoon deurmekaar is. Het naalde aan my dogter teruggegee. Sal uitvind wat het ek gebruik.

        Like

          1. Haar klaar geWattsApp… wag net vir antwoord. Self nou nuuskierig omdat ek so gou vergeet het. Eintlik bekommer hierdie vergeetagtigheid van my, my nou baie. Was nooit so nie 😦

            Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!