Op ‘n verbeeldingsvlug

“Kameel, waarnatoe sal jy, as jy deur die ruimte na enige plek kon gaan, ‘n plek met ‘n uitsig, waarnatoe sal jy gaan?” Dit is wat Toortsie my op die Maandagoggend vra.  Net Saterdag het ek ‘n soortgelyke vraag beantwoord.  Ek en Ken het Jay se twee kinders – wat met vakansie by hulle pa was – gaan haal. Oppad terug sê die blondekop dat in diè tye dat dit nie lekker op die aarde is nie, sy graag ‘n perd wil wees.  “Wat sal ouma graag wil wees? vra sy toe.  Daar is net een antwoord; ‘n arend wat al die mooi dinge van daar bo af kan bekyk.

Sou ek soos ‘n arend kon sweef sal ek die Stil Kind opraap, en met haar hoog die lug in vaar.  Daar sou ek met haar dans, en dans totdat sy oopmond lag soos toe sy kind was.  Wanneer al haar vrese, angs en tekortkominge verdwyn het, sal ek haar op ‘n plek gaan neersit waar dit oop is om haar; ‘n plek waar sy vrylik kan asemhaal, en die lelike mense wat haar seermaak nie naby haar kan kom nie.  Dan sal ek my vlerke sprei en Kaap toe vlieg.  Ek wil by die Verlore Seun gaan sit.  Ek wil my vlerke om hom slaan, en hom styf vashou totdat hy weet hoe lief ek hom werklik het.

285px-80_-_Machu_Picchu_-_Juin_2009_-_edit_2Daarna wil ek die wêreld gaan bekyk.  Ek wil Amerika se bome in hulle herfskleure sien, en met die Grand Canyon langs vlieg.  Vir ‘n paar minute op die Christusbeeld in Rio de Janeiro gaan sit, en die Incas se Machu Picchu sien.  Die Taj Mahal in Agra gaan bekyk, asook die Neuschawanstein kasteel in Duitsland. Ek wil oor Cappadocia in Turkye vlieg, asook Sjina se groot muur sien.  Daar is nog vele dinge wat ek graag uit die lug uit wil bekyk, maar vir eers is dit genoeg.  Dan sal ek terugkeer na my eie Voëlnes op die grond, en miskien minder vasgevang voel, as wat ek op die oomblik voel.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

11 Responses to Op ‘n verbeeldingsvlug

  1. Toortsie sê:

    Weet jy hoekom is dit lekker om vir jou “uit te daag”? Omdat dit nie ‘n vraag is OF jy dit sal doen nie. 🙂
    Sjoe, ek wens ek kan saam met jou orals heen vlieg… en ek wens jy wil nie vasgevang voel nie. xx

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Ag wat Toorts, op die oomblik skop ek maar weer teen die tralies om my. Ek is nie gemaak om net kos te maak, skottelgoed te was, en bed op te maak nie. Ek soek na ‘n “ministry,” in my lewe. Ek weet my tyd en God se tyd is twee verskillende dinge… en dat hy baie besig is in my terwyl ek in hierdie “hok” sit. Hopenlik kom ek spoedig weer tot rus.

      Like

  2. Ad droewigheid Hier sit ek tjank ek terwyl ek lees… die lewe is nie vir sissies nie *drukkie*

    Like

  3. scrapydo2.wordpress.com sê:

    Nou het ek ook sommer saam met jou gesweef. Dit is heerlik om so saam te vlieg. Gelukkig kan jy darem jou brein gebruik om weg te sweef na veraf plekke. Ek het die Christus standbeeld in Rio gesien. As mens land met vliegtuig is dit die eerste wat n mens sien(dit was in middel v nag gewees en word belig). Dis ongelooflik. Toe die toergroep die beeld gaan besoek moes ek in my hotelkamer bly omdat ek longvliesontsteking gehad het. Ek het die einde van toer amper nie gemaak nie. Gelukkig het ons n dr in toer gehad wat my kon help. Hy het gesê as ek nie stil hou nie sal hy my in n “body bag” moet SA toe stuur. So dit was my nie beskore om beeld v naby te sien nie. Grand Canyon en Chinese muur is ook iets wat ek graag wil sien.- (Kan jy nie n plan maak en by my in my poskaart kom kuier nie. Sal te heerlik wees!)

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Ai Scrapy hoe hartseer om op toer te gaan en dan siek te word. So iets gebeur gelukkig nie op ‘n verbeeldingsvlug nie!!! Wens ek kan by jou in NZ gaan kuier…. ons kan dan ons wêreldtoer beplan 🙂 As ek so lees is jy ‘n heel geseënde vrou… het al heelwat van die wêreld gesien? Ek het amper die hele wêreld op die Travel kanaal gesien 😆

      Like

  4. seegogga sê:

    Ai wens jy kon na darie kinders toe vlieg en doen! Wat die res betref: gelukkig het mens verbeelding en internet! Ek was al by neu Schwanstein buite maar as jy wil ingaan is Linderhof n beter opsie. Wie weet, Kameel, skryf maar jou mure weg en lig jou dak.

    Like

    • Kameel sê:

      Ek sê net dankie vir die tegnologie van vandag. Het al lekker oor die wêreld gereis sonder enige koste 🙂 Doen dit as ek bybellees ook. Lees ek die naam van ‘n plek…. google ek dit om te sien waar dit geleë was. My reisondervindinge 😆

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s