Hoe begin jy ‘n nuwe blog?

Sommer herpublikasie: Ek het hierdie “blogging for dummies” al in September 2010 geskryf. Intussen het dinge al ietwat verander.

Hoe begin ek?

Stap 1.  Besluit: Gaan jy in jou eie naam blog of gaan jy onder ‘n skuilnaam werk?

Stap 2. Skep epos:

Gaan na www.gmail.com en kies CREATE AN ACCOUNT.

Vul al die blokkies in en skep vir jou ‘n epos-adres in die naam waarin jy gaan blog. Baie belangrik! Hou die hele tyd ‘n boekie byderhand en elke “username”, “password”, adres en wat ook al wat jy intik, SKRYF JY NEER! Want jy gaan dit nog weer nodig kry!!  Let wel, in gmail word slegs ‘n epos-adres geskep. Kyk by stap 3 hieronder vir die skep van die blog.

Stap 3.  SKEP BLOG

Gaan na toortsie.com, of kyk heel onderaan hierdie blog op die onderste, linkerkantste hoekie, staan ‘Blog at wordpress.com’. Kliek daarop.

Kliek op GET STARTED.

Vul die antwoorde op die vrae wat hulle vra.

Volg die stappe en weer eens, SKRYF NEER! Skryf veral die adres van die blog neer!! Begin jou nuwe blog. Besluit hoe dit gaan lyk, en hoe jy dit wil maak. Gee vir hulle jou gmail-adres waar hulle jou eposadres vra. As als klaar is, stuur hulle vir jou ‘n epos.

Stap 4. Terug na jou gmail-adres. WordPress sal vir jou ‘n epos stuur. So, gaan kliek op die skakel wat hulle vir jou gee. Dit is die goedkeuring om ‘n nuwe blog te begin. Kry jou blog aan die gang!!

Stap 5. Gaan na jou BEHEERPANEEL. Daar verander jy alles soos wat jy dit wil hê. Toets maar. Kliek op iets, verander en gaan kyk hoe lyk jou blog.

Kliek op APPEARANCE of VOORKOMS.

By TEMAS of ONTWERPE kies jy die GESIG van jou blog.

Gebruik “Widgets”. om jou blog JOUNE te maak. Dit het te doen met hoe die blog vir die lesers lyk. Wil jy byvoorbeeld hê dat jou vorige skywes se titels moet wys? Wil jy hê dat die kommentare van lesers sigbaar moet wees, ens. Jy kliek net met die muis op een van die blokkies en trek dit dan na die blok op regs. 

As jy op HEADER of KOPSTROOK kliek, verskyn ‘n hele klomp opsies van goed wat jy kan verander, bv die titel en beskrywing van jou blog, die agtergrond, ens.

Stap 6. Die heel belangrikste!!! BEGIN SKRYF.  Kyk bo-aan die bladsy is daar ‘n blokkie, “ARTIKELS”. Kliek daarop en dan op “SKEP NUWE” en SKRYF!!! Besluit ook watter kategorie jy wil gebruik. Tik op Add New Category aan die regterkant en skep die nuwe kategorie.  As jy ‘n foto wil bysit, lees die volgende item.   Dan kliek jy PUBLISEER.

7. Oor foto’s:

Om ‘n foto te laas, kliek op VOEG MEDIA BY bo-aan die bladsy.

As jy een van jou eie foto’s gebruik, kies KIES DOKUMENTE. Dan kies jy jou foto wat jy wil opsit.

Om ‘n foto van die internet af te haal, regskliek jy op die foto, kliek op COPY IMAGE URL. By jou nuwe skrywe, kliek op VOEG MEDIA BY. Heel links, kliek op VOEG VANAG URL BY. Regskliek op die blou ingekleurde http… en PASTE.

Jy kan natuurlik foto’s gaan leen by Google Images, maar daar is kopiereg op. Ek weet nie hoe veilig dit is om dit te gebruik nie, en as jy dit wel doen, sal dit goed wees om erkenning te gee aan die webblad waar jy die foto gekry het.

8 Kommentaar van ander

Enige kommentaar wat iemand anders op jou blog lewer, moet jy eers magtig. Dit verskyn nie sommer net op jou blog nie.  In jou BEHEERPANEEL, kliek op KOMMENTAAR. Onder die kommentaar, kliek op MAGTIG.

Jy kan dit ook stel dat dit sommer altyd gemagtig is, dat jy nie nodig het om eers kommentare te magtig nie. Kliek op INSTELLINGS. BESPREKINGS. Kliek dan op al die blokkies at jy wil om dit volgens jou persoonlike behoeftes te kry.

Sou jy dalk om een of ander rede voel dat  jy nie van die kommentaar van ‘n sekere persoon hou nie, of dalk net van ‘n spesifieke kommentaar nie hou nie, kan jy dit gaan verwyder.

8. Om jouself bekend te stel:

Gaan lees die ander mense se blogs!  Lewer by hulle kommentaar sodat hulle van jou kan weet! Maak seker dat jou VOLLEDIGE blogadres ingevul is by die URL, sodat as mense daarop kliek, hulle by jou blog uitkom.

Vertel vir jou vriende dat jy ‘n blog begin het, en dat hulle daar kan gaan loer.

Om die Facebook, Twitter, Epos tekens onderaan jou skrywes te kry: In jou BEGEERPANEEL,  kliek op SHARING. Kies by Available Services die tekens wat jy by jou wil laat verskyn en trek dit na Enabled Services.

9 Jou kenteken (Gravatar)

Kies LEDE, ALL USERS

Onder jou naam kies jy WYSIG.

Regs gaan jy ‘n blokkie sien met jou gravatar.
Kliek change your gravatar.
Jy kan dan ‘n kenteken van jou keuse laai.

10 Koppel ‘n persoon se skrywe aan joune:

Wanneer jy van iemand praat of verwys na ‘n spesifieke skrywe, moet jy die persoon tag. Jy gebruik die blogadres van daardie spesifieke skrywe, deur dit in te kleur en regskliek daarop. Copy.
In jou eie skrywe kleur jy dan die woord wat na die ander bloginskrywing verwys, in. Bo-aan is ‘n icon wst soos ‘n ketting lyk. Kliek daarop.
Langs Link URL regskliek jy en kliek PASTE.   By Target kan jy kies of jy wil hê dit moet in ‘n ander venster of op die huidige venster oop maak.  Die res kan jy maar ooplos.  Kliek dan net insert.  Dit is dan gelink. (En net langs die ketting icon is ‘n ketting wat gebreek is. Sou jy die koppeling wil kanselleer, dan kliek jy net weer daarop!!)
Dis altyd beter om ‘n bloginskrywing se adres te gebruik as die blogadres. Dan stuur WordPress vir die spesifieke persoon ‘n boodskap dat hy getag is.
11 Oor “Tags“:
Soms is daar tagspeletjies. Jy begin ‘n storie, of kies ‘n onderwerp waaroor jy voel ander ook moet skryf. In jou skrywe sit jy die reëls uiteen. Jyself skryf oor die onderwerp, en tag dan 2 of 3 ander persone om ook daaroor te skryf, en weer nóg 2 of 3 persone aan te wys. Jy tag die mense op die manier wat hierbo beskryf is.
Wanneer jy getag word, moet jy terug verwys na die een wat jou getag het, met die ooreenstemmende bedanking, klagte of kerm.  Jy doen dan jou huiswerk en deel dit dan aan ‘n paar ander mense uit.  Die nuwe mense sal dan kan sien hulle het huiswerk.  Dit is nogal ‘n goeie idee om net op hulle blog ‘n boodskap te gaan los dat hulle huiswerk het.

12 As jy vasdraai???

As jy vasdraai, vra jy sommer op jou blog vir hulp en binne minute sal daar iemand wees wat met liefde vir jou hulp aanbied!! Julle kan ook by hierdie skrywe raad vra. As ek nie kan help nie, sal iemand anders beslis help.

Lekker skryf! Ek hoop iemand kan hierdie inligting gebruik en dat hier sommer ‘n hele klomp nuwe gesigte gaan bykom in blogland. As jy by hierdie blog geleer het, onthou om hom dan by jou te “tag”. Dis altyd vir my lekker om te weet as ek iemand kon help. Oor die jare het ek al baie oor blogging geskryf en bloghulp verskaf. Kliek net op die blou, onderstreepte BLOGGING, en jy sal by dit uitkom.

Groete

Toortsie

Toortsie se Faceboekpage

31 thoughts on “Hoe begin jy ‘n nuwe blog?

  1. Gaan na Settings, Discussion, Before a Comment Appears en unclick “Comment author must have a previously approved comment ” Iemand sal dan reg van die begin af kan comment sonder om in die modderdag te beland.

    Like

    1. modderdam modderdag… wat’s die verskil? Dan is daar nog die ding om jouself meer bekend te maak – deur by ander blogs te gaan kuier en te reageer. Want hoe moet ons dan van jou hoor of weet dat jy daar is, of selfs WAAR jy is!! maar as jy in jou instrumentepaneeel kliek op settings, sharing. Dan is daar ‘n opsie waar jy kan kies dat Faceboek, Twitter, ens beskikbaar is as iemand jou blog of skrywe wil aanstuur vir iemand anders. Sjoe, ek dink ek het nie myself nou goed uitgedruk nie! Dis daardie tekentjies wat onderaan ander se skrywes is.

      Like

  2. Iemand het my hierdie baie welkome “ongevraagde” raad gestuur oor hoe om ‘n kenteken(?) te maak. Ek heg dit graag aan, want ek dink dis noodsaaklike inligting: Vir ‘n gevreetjie:

    Gaan na users en kliek dan op jou naam.
    Regs gaan jy ‘n blokkie sien met jou gravatar.
    kliek change your gravatar.
    Jy kan dan ‘n gevreetjie van jou keuse laai.

    En dan het ek ‘n vragie wat ek hoop iemand raaklees: Ek het nou ook geleer van Google Images. En ek kry die mooi prentjies daar. Maar die proses wat ek volg, is “Save picture as” en dan Save ek die prentjie onder My Pictures. En dan bring ek dit na my blog. Ek is seker daar is ‘n maklike manier? Help!!! En BAIE dankie vir AL die ongevraagde raad wat soms my blog en epos bereik! Dis KOSBAAR!!!

    Like

  3. Baie maklik – kry die url van die prentjie / foto (daar waar die foto alleen op die bladsy is). Copy die url (dit is nou adresbalkie (daar waar jy gewoonlik intik watter bladsy jy wil oopmaak).

    Gaan na Add an Image. Die eerste tab is “From Computor” en die tweede een is van “From URL”. Kliek die tweede een. Paste die url in die “Image URL”. As dit ‘n aanvaarbare formaat is, gaan daar ‘n regmerkie verskein. Kliek dan op “Insert into Post”

    Like

    1. maar ek het dit al probeer, maar nie reggekry nie. sal maar weer probeer!!! Dankie. En o ja Xena, ek mag dalk probeer om ‘n blogjuffrou te wees, maar sonder die “eksaminatrise” sal dit maar sukkel! Ek wonder darem of ek dit ‘n page wil maak = dink jy hier is al genoeg inligting daarvoor???

      Like

    1. Nou toe, raadgewer – HOE MAAK EK DIT ‘N BLADSY? In die verlede het ek ‘n kopie daarvan gemaak. Maar kan ‘n mens dit net koppel???? Nee man, ek dink JY is eerder die juffrou! En ek die ou tannie wat sukkel!!

      Like

      1. Xena, onthou jy… lank lank gelede, of dalk nie so lank gelede nie, toe ek nog ‘n ander naam gehad het, het ons ‘n soortgelyke gesprek gehad op iemand anders se blog. Jy het toe belowe dat jy ons oumense al die geheimpies van blog=tegnologie sou leer. Het jy dit dalk gedoen en ek het dit gemis? Want indien jy dit dalk gedoen het, wil jy dit nie hier koppel nie? Of is dit geheime inligting???

        Like

    1. Toortsie jy het my al so baie gehelp, en ek waardeer jou skrywe baie, baie. Soos met alles moet jy weereens die lig op hierdie gekoppel werp… maar ek sukkel. Het jy nie stap vir stap “prentjies” wat ek kan volg nie – soos die instruksieboek wanneer ‘n mens ‘n nuwe foon ens. koop? 😆

      Like

  4. Kyk Toorts ek het daardie tyd al gesê hoe dankbaar ek vir jou is…. ek sê dit maar weer. Soooo bly ek hoef nie van scrap af te begin het nie 😆

    Like

  5. Laat ek maar pla met nog ‘n paar vrae:
    Wat kos jou blog jou? (kwaai man, min geld, haha)
    Hoe dikwels blog jy?
    Goed, ek weet ‘n paar mense klik nou die tong, maar hoe verdien jy geld uit jou blog?
    Ek het ‘n paar van jou vorige blogs ook gelees en veral die een oor hoe jy geld van die huis verdien het my geinspireer. Al is dit ‘n ouer blog, is dit steeds relevant en het sommer heelwat van my toe-onder-die-stof idees weer laat kop uitsteek.
    Groete
    Carina

    Like

    1. Jy’s welkom met die vrae.
      Blogs is gratis by WordPress.
      As jy jou eie domein wil skep, is dit R 200-R 300 per jaar. Ek het dit gedoen om toortsie.com te wees.
      ‘n Mens kán geld verdien met jou blog, maar dan moet jy derduisende besoekers kry. Ek het al R 8 ‘verdien’, dus kan jy dit regtig nie geldmaak noem nie.
      My blog help my wel om my boeke verkoop te kry, so indirek ‘verdien’ ek ‘n paar rand.
      Ek blog vir die lekker. Ek orobeer daagliks skryf, maar as die woorde of die lus nie daar is nie, is dit ook geen probleem nie. Elkeen skryf wanneer en hoeveel hy lus het.

      Like

Gesels saam, asseblief!