Ons lotjie op hierdie foto is die nasate van my oupa en ouma wat in 1996 ‘n naweek saam gekuier het by Koppie Alleen, in die De Hoop Natuurreservaat. Intussen het die spannetjie heelwat verander. Van húlle wat op die stoele sit, is slegs drie oor, hulle wat voor op die grond sit, is al almal met hul eie lewens besig, sommige getroud, party pappas en mammas. En die sterk middellot, die klomp wat jy oor ‘n afstand kon sien hier kom moeilikheid? Hul het ouer geword, is al meestal oupas en oumas… maar steeds baie sterk! 🙂 Of só dink hulle! 🙂
Ek het dit al baie genoem, maar familie ís vir my baie belangrik, en dis die boodskap wat ek aan my kinders oordra. Familie is die sterkste, natuurlikste band wat bestaan. Ons kan onder makaar grom en blaas, maar aan die feit dat ons familie is, kan NIEMAND verander nie. Familiebande kan altyd weer opgetel word.
Wel, hierdie saamtrek waarvan die foto hierbó is, was nie die laaste een nie. Om die waarheid te sê, ons ouma sou vanjaar 130 wees, en haar oudste dogter 110, so ons gaan FEES vier. Die eintlike fees is ‘n bring, braai, brong op die familieplaas, maar ‘n groot gros gaan al sommer die Vrydagaand bymekaarkom, ‘n hele oornagplek beset, saam optrek fees toe, fees hou, en die fees kom voortsit by die blyplek tot die Sondag. Ons trek ‘n familiestamboom op wat gedruk gaan word op glanskarton of iets. Ek is só opgewonde!
By só ‘n fees ontmoet kleinneefs en -niggies mekaar wat mekaar nog nooit gesien het nie, nuwe bande word gesmee, oues word verstewig, ou stories word uit die kaste opgediep, daar word gelag, gesels, geëet, gekuier.
Man, dit gaan lekker wees! Kom ons lig ‘n glasie op FAMILIE, ‘n plek waar almal BEHOORT.
Groete
Toortsie
Ns. Charlie het vir Willie Wonka gesê: “Ek sal nie my familie verruil vir AL die tjoklits in die wêreld nie.” Ek ook nie, en ek is nogals ERG lief vir tjoklits.
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Skryf jou stories!
Toortsie by Pinterest
Dit klink na n opwindinde en heerlike naweek. Al daardie opdiep van wie, hoe en waar is te lekker. Hoe meer mens dink oor dinge en daaroor praat hoe meer kom weer tevoorskyn. Ek verbaas my ook telkens dat as ek sekere dinge noem daar weer ander ding opduik. Gee my n opskrif sodat ek dit kan tussenin gooi sodat jy kan vertel van die lekker ervarings. “Herinneringe” kan dalk werk, wat dink jy?
LikeLike
Goeie een, maak dit so in Oktober rond.
LikeLike
Maak so. Het hom neergeskryf. Moet juis vir Oktober nog ekstra iets kry!
LikeLike
Maar intussen het jy my gedagres klaar laat hardloop!
LikeLike
Oooo dis te lekker. Ek kan ook met tye skoon begeesterd raak oor n ding!
LikeLiked by 1 person
Cheers op familie!!
Dit gaan n naweek vir die boeke wees en daar gaan sommer uit die heupe gekuier word. Lank lewe familie en liefde!
LikeLike
Hoe lees ‘n mens by jou ekmyself? Druk ek op jou naam sê dit “this web page is not available.”
LikeLike
Ekmyselff.wordpress.com
LikeLike
Nee heng Kameeltjie – ek weet nie, ek is dom en mos nuut hier op wordpress.
Follow jy my, want dan sal jy mos notification kry as ek post.
LikeLike
Ek kan jou nie follow nie, want ek kannie by jou uitkom nie. Sal weer gaan prober….
LikeLike
ok, ek dink hierdie gaan werk.
https://ekmyselff.wordpress.com/
LikeLiked by 1 person
Dankie 🙂
LikeLike
Het dit gewerk Kameel? Kan jy my nou “sien” 🙂
LikeLike
ekmyselff.wordpress.com dalk help dit
LikeLike
Het gister dit ingetik….. no results 😦
LikeLike
Dankie…. hierdie een het gewerk 🙂
LikeLiked by 1 person
Dit klink heerlik Toorts. In hierdie besige tyd waarin ons lewe – waar elkeen skaars tyd het vir sy eie gesin – kan so ‘n saamtrek wonders doen om familiebande te versterk.
LikeLiked by 1 person
Die opwinding vooraf doen ook al due ding!
LikeLiked by 1 person
Dit gebeur nie meer sommer nie… in elk geval nie in ons familie nie.
Ons kinders en kleinkinders is nog na-en geheg aan mekaar (ook maar moeilik met dogter in Ierland maar ons seun in johannesburg hou saam met ons die band nog sterk.
Skoonsus en ek het gereeld kontak.
Dan ook my een sus van wie ek so dan en wan hoor.
Jy is gelukkig.
LikeLike
Jong, wat eintlik gebeur is dít: Iemand sal die foto opsit en vra of ons nie weer ‘n saamtrek kan hou nie. Dan reël ons sommer iets op faceboek. Wie hier ksn wees, kom. Die ander los dit maar.
LikeLike
Dis ‘n baie mooi gedagte Toors. Dis daardie “ja ek onthou nog toe ons …” stories wat so ‘n naweek beslis gaan maak. Ek hou duim vas vir mooi weer en veilige reis. En, dan iemand sommer ‘n paar Lindt bokse gaan saambring! 😉
LikeLiked by 1 person
Oeeee Lindt! Njam!
LikeLike
Kolink heerlik Ek het ook ‘n vriendin met sulke familiefeeste
LikeLike
Vra om verskoning dat ek nie jou bydrae ingesit het nie Ek gaan dit sommer nou gou doen.(Om waarheid te sê het ek die pos gesoek en nie gekry nie!)
LikeLike
Dalk het ek jou nie getag nie? Geen verskoning nodig! Dis mos net ‘n speletjue! 🙂
LikeLike
Ek was seker jy het iets geskryf en kon net nie terugblaai op jou blog nie! Het hom bygesit!
LikeLiked by 1 person