Toorts se Toeka Tokkel oor familie

image

Ons lotjie op hierdie foto is die nasate van my oupa en ouma wat in 1996 ‘n naweek saam gekuier het by Koppie Alleen, in die De Hoop Natuurreservaat. Intussen het die spannetjie heelwat verander. Van húlle wat op die stoele sit, is slegs drie oor, hulle wat voor op die grond sit, is al almal met hul eie lewens besig, sommige getroud, party pappas en mammas.  En die sterk middellot, die klomp wat jy oor ‘n afstand kon sien hier kom moeilikheid? Hul het ouer geword, is al meestal oupas en oumas… maar steeds baie sterk! 🙂 Of só dink hulle! 🙂

Ek het dit al baie genoem, maar familie ís vir my baie belangrik, en dis die boodskap wat ek aan my kinders oordra. Familie is die sterkste, natuurlikste band wat bestaan. Ons kan onder makaar grom en blaas, maar aan die feit dat ons familie is, kan NIEMAND verander nie. Familiebande kan altyd weer opgetel word.

Wel, hierdie saamtrek  waarvan die foto hierbó is, was nie die laaste een nie. Om die waarheid te sê, ons ouma sou vanjaar 130 wees, en haar oudste dogter 110, so ons gaan FEES vier. Die eintlike fees is ‘n bring, braai, brong op die familieplaas, maar ‘n groot gros gaan al sommer die Vrydagaand bymekaarkom, ‘n hele oornagplek beset, saam optrek fees toe, fees hou, en die fees kom voortsit by die blyplek tot die Sondag.  Ons trek ‘n familiestamboom op wat gedruk gaan word op glanskarton of iets. Ek is só opgewonde!

By só ‘n fees ontmoet kleinneefs en -niggies mekaar wat mekaar nog nooit gesien het nie, nuwe bande word gesmee, oues word verstewig, ou stories word uit die kaste opgediep, daar word gelag, gesels, geëet, gekuier.

Man, dit gaan lekker wees! Kom ons lig ‘n glasie op FAMILIE, ‘n plek waar almal BEHOORT.

Groete
Toortsie

Ns. Charlie het vir Willie Wonka gesê: “Ek sal nie my familie verruil vir AL die tjoklits in die wêreld nie.” Ek ook nie, en ek is nogals ERG lief vir tjoklits.

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Skryf jou stories!

Toortsie by Pinterest

29 thoughts on “Toorts se Toeka Tokkel oor familie

  1. Dit klink na n opwindinde en heerlike naweek. Al daardie opdiep van wie, hoe en waar is te lekker. Hoe meer mens dink oor dinge en daaroor praat hoe meer kom weer tevoorskyn. Ek verbaas my ook telkens dat as ek sekere dinge noem daar weer ander ding opduik. Gee my n opskrif sodat ek dit kan tussenin gooi sodat jy kan vertel van die lekker ervarings. “Herinneringe” kan dalk werk, wat dink jy?

    Like

  2. Dit klink heerlik Toorts. In hierdie besige tyd waarin ons lewe – waar elkeen skaars tyd het vir sy eie gesin – kan so ‘n saamtrek wonders doen om familiebande te versterk.

    Liked by 1 person

  3. Dit gebeur nie meer sommer nie… in elk geval nie in ons familie nie.

    Ons kinders en kleinkinders is nog na-en geheg aan mekaar (ook maar moeilik met dogter in Ierland maar ons seun in johannesburg hou saam met ons die band nog sterk.

    Skoonsus en ek het gereeld kontak.

    Dan ook my een sus van wie ek so dan en wan hoor.

    Jy is gelukkig.

    Like

    1. Jong, wat eintlik gebeur is dít: Iemand sal die foto opsit en vra of ons nie weer ‘n saamtrek kan hou nie. Dan reël ons sommer iets op faceboek. Wie hier ksn wees, kom. Die ander los dit maar.

      Like

  4. Dis ‘n baie mooi gedagte Toors. Dis daardie “ja ek onthou nog toe ons …” stories wat so ‘n naweek beslis gaan maak. Ek hou duim vas vir mooi weer en veilige reis. En, dan iemand sommer ‘n paar Lindt bokse gaan saambring! 😉

    Liked by 1 person

  5. Vra om verskoning dat ek nie jou bydrae ingesit het nie Ek gaan dit sommer nou gou doen.(Om waarheid te sê het ek die pos gesoek en nie gekry nie!)

    Like

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord