Die krag van Netwerkbemarking

Die eerste keer het ek by Amway met netwerkwerkbemarking te doen gekry. Ag, die ander goed wat ek verkoop het, het ook in ‘n mate netwerkbemarking toegepas, maar ek het veral van Amway s’n gehou. Destyds. Ek is nie meer by hulle betrokke nie. Hulle uitgangspunt was, hoe ek dit verstaan, dat, deur ander te help, help jy ook jouself.

Baie besigheidsmense sal saamstem dat “networking” baie waarde het. Ek weet van baie sakemanne en -vroue van verskillende besighede wat op ‘n gereelde basis saamkuier. Op só ‘n manier word nuwe kontakte gebou, kontakte wat jou dalk in die toekoms handig te staan kan kom. Iemand weet van iemand wat van iemand weet…

Dit geld ook in blogging.

Na aanleiding van die gratis E-Boek, “Grow Your Traffic, Build Your Blog“, het ek ons faceboekblad begin, en ook my Pinterest uitgebrei. Aanvanklik het ek Pinterest net vir my eie, persoonlike pins gebruik.  Deur beide die faceboekblad en pinterest, word mense getrek na blogs wie nooit eens blogs sou lees nie. En nee, ek sit nie net my eie goed daarop nie, enige iets wat my aandag trek.

Nog twee in die netwerk wie se waarde ons natuurlik nie kan onderskat nie, is oom Google en Blik. Oom Google bring natuurlik mense met die vreemdste vrae na die blog, maar die volgelinge van Blik sien al ons bloginskrywings sodra dit geplaas is. Elke jaar as die blogresultate kom, staan ek verstom oor hoeveel mense deur Google en Blik na ons blog gebring is. Blik wys nie net WordPress se Afrikaanse blogs nie, maar dek ‘n baie wyer veld.

Tog voel ek dat die beste manier om steeds jouself bekend te stel, is deur by ander blogs kommentaar te lewer, soos die Merrie my al donkiejare terug geleer het. “Stel jouself bekend“, het sy gesê. Hóé moet ander van jou weet as jy nie jouself bekendstel nie? En dáár geld ‘n baie goue reëltjie, wat so baie bloggers verontagsaam: Maak seker dat jy jou VOLLE blogadres invul daar waar jy reageer. Soveel het tik net hulle naam in. Die doel is dat as ek daarop kliek, ek na jou blog toe herlei moet word. Toets dit, kliek op jou reaksie by ‘n ander blog en maak seker jy kom by jou blog uit. My volle adres ios: https://toortsie.wordpress.com, net as voorbeeld. Wat is joune? Jou volle een?

En TAG. ‘n Wondermiddel. Maar onthou, as jy tag, tag ‘n bloginskrywing, nie die persoon se blogadres nie, want as jy ‘n bloginskrywing tag, kry die ander persoon dan ‘n kennisgewing dat jy van hom geskryf het.

Netwerkbemarking. Networking. Dis daar om gebruik te word tot ons voordeel.

Groete

Toorts

Onthou, dit gebeur nie oornag nie! 🙂

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging. Bookmark the permalink.

23 Responses to Die krag van Netwerkbemarking

  1. scrapydo2.wordpress.com sê:

    Het nou my prentjie gekliek en kon toe by my blog uitkom. Ek hoop hy is nou reg.(Nie soos ek dit wil voorstel nie, maar wil nie weer daaraan vroetel en dit weer laat wegraak nie) Ek het nou by Blik my Toeka- Tokkel opgegee!

    Like

    • Toortsie sê:

      Hoe doen ‘n mens dit? Hoe gee jy dit op by Blik? Die Afrikaanse blogs kom outomaties op, maar jou blog is seker in Engels geregistreer?

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com sê:

        Moet wees. Ek het op jou skakel v Blik gekliek. Net onder jou deel het daar n stukkie gestaan dat as jy belangstel om in te skryf vul net die volgende …… in. Wat ek toe gedoen het. Ek het toe Toeka-Tokkel ingeskryf. Moet nou wag om te sien of hul dit aanvaar of nie. Is seker mar omdat myne nie net Afrikaans is nie. Hul het bv nie n Facebook afdeling om te merk nie.

        Like

  2. seegogga sê:

    Dankie dat jy ons so mooi leer. Dit het my al baie gehelp. Het jy al jou ” hoe begin mens n blog” opdateer? Daardie kry n gratis blog van WordPress het verander en is nie meer dieselfde nie.

    Like

  3. nowathome sê:

    Ek ken nie Blik nie , sal daarna gaan kyk! Dankie

    Like

  4. Ek weet net nie wanneer kry mens tyd om alles te lees nie.Ek hou my bloggerskring klein,want ek wil graag almal s’n lees en daarop kommentaar lewer.

    Liked by 1 person

  5. Kameel sê:

    Kameel weet.natuurlik niks van blik of syfers of wat ookal nie. Toorts jy het nie idee hoe dankbaar ek is jy bestuur die kar waarin ek so lekker saamry nie. Baie dankie!!!

    Like

    • Toortsie sê:

      Maar van BLIK hoef nie ek, of jy te weet nie. Ek het hom so kom kry. Was seker maar op die regte plek op die regte tyd? Maar gaan loer gerus daar. Daar sien jy al die nuwe bloginskrywings in Afrikaans, nie net die klompie wat ons sien by WP nie.

      Like

  6. ekmyselff sê:

    Ek glo nie mens gaan na my blog. Laat weet bietjie asb.

    Like

  7. ekmyselff sê:

    ekmyselff.wordpress.com
    Moet ek dit hier bo nou by al my comments sit?
    Sorry, ek is nog dom hier.

    Like

  8. Toortsie sê:

    Right. Ek het nou gekyk wat ek doen. Jy lewer jou kommentaar soos gewoonlik. Dan kyk jy ONDER die kommentaarblokkie staan jou naam.
    Hier onderaan myne staan: Toortsie: Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Dan staan daar Log out/Change.
    Kies Change.
    Dan verskyn daar 3 blokkies: jou eposadres, Jou naam waaronder jy wil verskyn, myne is Toortsie, en die derde blokkie is jou webadres.
    So DAAR moet jy intik: https://ekmyselff.wordpress.com
    Dan kliek jy publiseer kommentaar en dit behoort dan altyd reg te wees.
    Hoop jy kom reg. 🙂 Indien nie, probeer ons weer. 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s