Mure met hekke


‘n Boek wat al jare in my wenslysie lê, is “Boundries” van Cloud & Townsend. Uiteindelik het ek hom, en wat ‘n plesier is dit nie! Dit lees lekker, mens kan jou vereenselwig met die voorbeelde wat hy gee.

Dit gaan daaroor dat ons eienaarskap moet neem van ons lewe. Wat belangrik is, is dat ons grense moet stel, soos die heining om ons erf. Binne die heining laat ons sekere dinge toe, en ander nié. Ons moet daarna strewe om goeie goed binne die heining te hê en slegte goed buite.

Ons heining is nie ‘n soliede muur nie, maar
het ‘n deur in, waardeur ons goeie goed kan inlaat, en slegte dinge kan uitlaat.

Dit mág gebeur dat ons dinge bietjie verkeerdom is, dat die goeie dinge buite ons heining is, terwyl die slegte dinge binne is. Daar kan baie redes daarvoor wees, maar die belangrikste is dat ons, met God se hulp, ons lewens in ons hande vat, God én ander se goedheid inlaat en stukkie vir stukkie van die slegte dinge wat ons lewens besoedel, sal ontslae raak.

Ek begin maar nog net lees, dalk kom vertel ek nog weer, maar eintlik wil ek jou aanraai om die boek te lees. Veral as jy voel jou lewe is deurmekaar, dat jy net te veel het om te
doen, dat jy dalk misbruik word deur ander. Lees hom. Kom ons word heel.

Groete
Toortsie

Onthou, ek pin al die boeke wat ek bespreek, en plak op ons faceboekblad interessante bloginskrywings wat ek raakloop.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap, Opheffingswerk; Opvoeding. Bookmark the permalink.

9 Responses to Mure met hekke

  1. ekmyselff sê:

    Toots. Watse face book blad?

    Like

    • Toortsie sê:

      As jy op die blou woordjie faceboekblad kliek, kom jy nie daarby uit nie? Eks nie nou by my rekenaar om te kyk nie.
      Anders: Op ons Toortsieblad so iewers aan die regterkant is ‘n skakel daarnatoe. Of nog anders, as jy in faceboek is, soek vir Toortsie. 🙂 Hoop jy kom reg. Sodra ek weer by my rekenaar is en die internet werk, salbek die skakel gee.

      Liked by 1 person

  2. scrapydo2.wordpress.com sê:

    Klink die moeite werd. Ek het juis probleme met grense opsit om in te beweeg.

    Like

  3. vega sê:

    Ek het die boek jare terug gelees, dit het my BAIE BAIE gehelp in my verhoudings met my ouers, my kinders en moeilike mense.

    Liked by 1 person

  4. Altyd lekker om sulke boeke te lees.Meeste van die tyd weet mens hierdie dinge,maar het net ‘n objektiewe persoon nodig om dit te skryf.

    Liked by 1 person

  5. Kameel sê:

    Het nou so aan die stil kind gedink terwyl ek hier lees. Haar mure is totaal afgebreek rondom haar, en die vyand het ingekom en is besig om haar kaal te stroop. Sy sal nie die boek lees nie…. al koop ek hom ook vir haar. Haar ore is bottoe op die oomblik.

    Like

  6. Son sê:

    Ek sal dit beslis wil lees

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s