Die stilstaan

Altyd, as ek met ‘n gewigsverliespoging aan die gang is, sê die stemmetjie in my kop vir my: “Ja, die gewigsverlies is maklik, maar hoe gaan jy dit behou?”… En altyd is die stemmetjie reg.

Ek het baie geglo in, eers Weighless en later Weight Watchers, omdat, volgens my bloedgroep, ek glo eintlik nie vleis moet eet nie. En ja, op ‘n vakansie waar vleis nie só beskikbaar is nie, het ek nie sommer na vleis gesmag nie. Dis natuurlik ‘n heel ander storie in my eie huis, waar vleis die stapelvoedsel is. Ek kon soms my hande nie afhou van die vleis, en veral die vetjie nie! So, solank ek begeesterd was, en solank ek die papiertjie byderhand gehou het om als wat ek in my mond druk, neer te skryf, het dit gewerk. Enige afwyking in die dag se program, en die stryd was gewonne.

Die pas afgelope vakansie het dit behoorlik dik gegaan. Ons familie kán eet. Ons is goed daarmee. Daar’s behoorlik ontbyt geëet, asook behoorlik middagete, én behoorlik aandete. Daar was ook ‘n blik met lekkernye in die kar. En raai wat? Ek het by die reël gehou van geen stysels en geen suiker, en toe ons terugkom, is die skaal steeds my ou goeie pel.

Weet julle hoekom is hy al lankal my goeie pel? Want in die begin het ek baie gewig verloor, en nou is dit al ‘n paar maande wat hy eintlik doodstil staan, en dít, dames en here, is iets wat ek nie ken nie! 🙂 Al is daar nog ‘n paar kilogramme wat eintlik moet af, gaan ek net mooi níks aan my eetpatroon verander om dit te bewerkstellig nie. Dít, glo ek, was die eintlike probleem van die verlede, dat, sodra jy by die eindpunt kom, daar aan die vasgelegde program verander word.

Soos ek nou eet, werk vir my. Dis maklik. In my huis is ek ingerig om op die Banting manier te kook, en raai, geen stemmetjies vra in my agterkop vreemde vragies nie. Hoe meer ek hieroor oplees, hoe meer besef ek dat dit werklik vir my die beste en gesondste manier van eet is. Ek kry genoeg koolhidrate in met die kosse wat ek eet, en verder eet ek ook baie groente. En baie vleis met vet aan. Vir té lank is ons aan ons neuse rondgelei. Vir té lank is dit goedgepraat dat ons afgewaterde, nagemaakte kos moes eet. Lae dit, lae dat. Die gesondheid van die kos was weggehaal. Nou eet ons REGTE kos wat soos kos lyk en proe. Gesonde kos. Wat ‘n ongelooflike verandering!

En ja, dit ís gegrond op navorsing, navorsing wat blatant geïgnoreer is.

Steeds probeer ek niemand oortuig om die leefstyl te volg nie. Sou jy dit wou doen, praat eers met jou dokter.

Banting groete,

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie se faceboekblad

Toortsie by Finesse: Saam-saam

Bestel Toortsie se Bantingboerekosboek HIER

voorblad 001

Toortsie's Banting Bash Nr 1

21 thoughts on “Die stilstaan

    1. Dis nie ‘n moet nie. My dokter het dit vir my aanbeveel. Weet jy, dit maak dinge net vir my makliker. Ek kroek nie doelbewus nie en jy sal sien dit word heeltemal ontmoedig op die Banting faceboekblad.
      Maar sou ek by vriende gaan eet, en yul het net pasta, eet ek dit, en onthou dan om vir minstens ‘n week NIKS te eet wat ek nie mag eet nie. Ek voel dan nie skuldig oor ek wel verkeerd geëet het nie. Dis beslis nie ‘n weeklikse ding nie. Ek het by ons huweliksherdenking ‘n bakkie poeding geëet.
      Ek drink wel Coke Lite wat totaal verbode is.

      Like

    2. Jy hoef nooit te kroek nie. Ek dink dis net ‘n toegewing waarmee iemand begin het wat nou algemene gebruik is. Verkieslik moet jy eerder nooit kroek nie, maar sou jy wel regtig af en toe iets verkeerds eet, sal die wêreld seker nie vergaan nie.

      Like

  1. Ek bant nog nie 100 % nie maar tans sluit ek graanprodukte en suiker uit. Dis net moeilik in die aand want dan MOET ek my koekie saam met my koffie drink! Kleiner porsies is ook belangrik, meeste van ons se borde is mos alreeds van kleintyd se dae af VOL geskep.

    Like

  2. Toorts ek kuier tans by my ouers in die Vrystaat en ek banting steeds en nogals like n BOSS. Ek geniet die biltong met lekker geel vet. Ek love ook banting.
    Al ding is hulle het geen navorsing vir laaaaang termyn uitwerking, soos oor watse nadele al die vet oor 20jaar oor jou lyf het nie – maar dis dan maar DAN se probleem. Ek bant ook maar voort.
    Ek is baie bly oor jou gewig.

    Like

    1. Wat van al die eeue wat mense só geëet het vóór die laevet fenomeen die wêreld getref het? Dr Atkins was ‘n kardioloog wat Banting vir al sy pasiënte, oor baie jare aanbeveel het. Dalk meer proteïendieet, maar tog.

      Liked by 1 person

  3. So 10 jaar gelede het ‘n goeie vriendin van my borskanker gehad. Nadat sy haar behandeling deurstaan het, het haar onkoloog vir haar gese om dadelik op te hou laevetdiete te volg want dis gif vir die liggaam. Van toe af eet ons familie basies volgens die Banting manier maar nie dat ons geweet het dis wat dit genoem word nie. Noudat ek in die tehuis is, het ek nie eintlik ‘n sê nie maar my dogter bederf my met baie biltong.

    Like

  4. Hi Toortsie.

    Is dit die waarheid.

    Yvonne

    Photo by: Bigstockphoto

    3.Oranges

    Pulpy, watery, sweet, and healthy vitamin C such as oranges will help you to keep on working at an ideal level. There is no doubt that this finely-textured citrus fruit is known in all parts of the world as it is not only delicious to eat, but it has numerous health benefits which people need. It beautifies the skin, it regulates cholesterol count, and it controls glucose level and a lot more.

    Most notably, it may contain sugar which may possibly turn into fats if the same is not burned. Good thing the calorie count is low which means that fibers help regulate glucose in the blood.

    It is shown that fiber supplements improve weight reduction among fat people on the grounds that fiber gives a feeling of fullness. High-fiber foods can help control the bowel movement, lessen blood cholesterol, regulate glucose level, and most importantly, you will not be tempted to eat a lot. As what is always stressed out, burning fats should be done in a healthier and comfortable way.

    Liked by 1 person

  5. Ek sal Banting nooit weer los nie. Dalk soms bietjie afval van die wa, maar gou weer terugklim. Ek staan ook nou al lank stil, dan verloorr ek so 300 gram, dan staan ek weer stil. Maar ek tel nie op nie, en dis wat tel. Dis eintlik die maklikste eetgewoontes wat ek nog ooit moes volg. Gelukkig was ek nooit baie lief vir brood nie. Dis net die soettand wat soms lol.

    Like

Gesels saam, asseblief!