Toortsie se Toeka Tokkel oor Kleur

Scrapydo sê ons moet kleur skryf. Wat is die lewe sonder kleur? Ek word direk beïnvloed deur kleur.

Ek het ryk kleure om my nodig. Kleure wat WEET watter kleur hy is. Nie dofpienk,  dofblou, dofgroen waar die ink bietjie min was nie. Nee! Toe die kleure gemaak is, moes daar sommer gemors wees met die ink!

As die wêreld by ons droog en vaal is, raak ek ook droog en vaal en voel ek sommer afgeleef, maar kom ‘n buitjie reën en binne ‘n week kom die malle groen orals waar jy kyk,  raak ek net so laf soos die lammertjies wat teen die groen agtergrond ekstra wit lyk.

Hoe bonter, hoe lekkerder! Maar ook net tot op ‘n punt. Soms kan iets sowaar té bont voel!  En ek hou wel van ligte kleure in die somer, solank hul ook nie suinig met die ink was nie!

Die grootste bevryding het ek gekry toe ek my Astrant sjaal gehekel het. Met kleure soos rooi, blou, swart, pienk, pers en grys. Mal daaroor! Ja jaa, ek dink as almal sulke bont goed dra sal dit darem net té erg wees, so ontspan! Maar as jy iemand in die strate raakloop met so ‘n bonte spul… dis dalk ek, hoor! 🙂

image

image

Groete
Toorts

14 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor Kleur

  1. Dis nou heerlik bont hoor! Bly jy het hom gewys! Ek stem saam dat as dit n kleur is moet dit nie n vaal of dowwe kleur wees nie.

    Like

  2. Nou toe so verskil ons almal, en dit is goed so. Ek kuier heerlik by mense met kleurvolle huise, verkyk my aan al die dinge….. maar wanneer ek vir myself moet kies raak dit ewe stemmig. Dieselfde met klere. Kleur is vir my alte mooi aan ander.
    Lekker dag vir jou kleurvolle Toorts.

    Like

  3. Ek is self mal oor bont! As Olga vir my bedsokkies maak, weet sy dat ek nie omgee dat dit iemand in die oog steek nie. As die kleure boonop omgedraai is op die ander bedsokkie, des te beter.

    Like

Gesels saam, asseblief!