Heel van voor af

Eers luister na Lukas Maree:

Een dag, lank gelede, het ek oor die liefde geskryf, en ook na hierdie lied verwys. Dis net vir my só mooi, ek wil dit graag in my vierde gedig/aanhaling gebruik.

Heel van vooraf  (Lukas Maree)

As ek my lewe heel van voor af oor kon kry

sou ek min of meer dieselfde draaie maak

sonder om te twyfel elke paadjie ry

en hoop ek loop jou ook weer raak.

Selfs dieselfde foute sal ek weer begaan

al kom ek voor dieselfde straf te staan.

Die seer van val en opstaan sal ek elke keer trotseer,

want hopelik ontmoet ek jou ook weer!

Ek sou als presies net so weer oor wou doen,

ek sou alles net so wou herhaal.

Want as ek als dieselfde doen,

speel jy dalk dieselfde rol in my verhaal.

Met waters wat verby is sal geen meul weer maal

en ek sal elke druppel weer betaal.

Net vir nog een oomblik om vir jou te sê,

dat jy alles is wat ek eintlik graag wou hê.

Ek sou als presies net so weer oor wou doen,

ek sou alles net so wou herhaal.

Want as ek als dieselfde doen,

speel jy dalk dieselfde rol in my verhaal.

Met waters wat verby is sal geen meul weer maal

en of jy als benut het kan slegs jy bepaal.

Tog sou ek net een ding graag anders wou hê…

Ek wens ek het dit meer vir jou gesê.

Ek sou als presies net so weer oor wou doen,

ek sou alles net so wou herhaal.

Want as ek als dieselfde doen,

speel jy dalk dieselfde rol in my verhaal.

……………………………………

Terwyl ons juis hierdie week ons 30e huweliksherdenking gevier het…

Groete

Toortsie

 

3 thoughts on “Heel van voor af

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord