Het jy al ‘n boer sien lag?

Voor jy verder lees, kyk hierdie video. Asseblief. Moenie dit NIE kyk nie.

Dans in die reën (Touch of Class) (Skrywer onbekend aan my)

Op ‘n plaas buitekant die Klein Karoo staan ‘n boer en wag

Hy wag al lank vir ‘n druppel reën om sy grond te kom seën

Hy bid al maande lank dat daar iets moet gebeur

skielik slaan die druppels deur.

Het jy al ‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die reën terwyl ‘n traan by sy wang afrol

‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die rëen…

terwyl God die aarde seën?

Op ‘n plaas buitekant die Klein Karoo staan ‘n boer en lag

Hy kyk op na die wolke hoog en sien hoe reën kom

Hy weet ook daar’s Iemand wat uitkyk vir hom

Hy hoor nog ‘n storm aankom.

Het jy al ‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die reën terwyl ‘n traan by sy wang afrol

‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die rëen…

terwyl God die aarde seën?

Hy hoor dit aankom

Hy hoor die gegrom

Donker woke wat bo-oor hom huil.

Die reën val neer en meer en meer

en sak op sy knieë neer…

Het jy al ‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die reën terwyl ‘n traan by sy wang afrol

‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die rëen…

terwyl God die aarde seën…

terwyl God die aarde seën.

……………….

Ek kon nêrens die woorde in die hande kry nie, so ek het dit van die CD afgeskryf. Verskoon asb as ek iewers iets nie reg het nie.

Gedig/Aanhaling uitdaging dag 3

Groete

Toortsie

Terloops… ek het al gedans in die reën. En jy?

Toortsie se Faceboekblad.

11 thoughts on “Het jy al ‘n boer sien lag?

  1. Pragtige liedjie – mens is saam met die boer bly oor die reen, want dit is ook my behoefte, ons ELKEEN s’n, en ‘n traan rol onwillekeurig ook oor my wang….

    Like

Gesels saam, asseblief!