Seegogga het my op faceboek genooi vir die gedig/aanhaling-uitdaging. Ek sê toe ja, maar dit sal in die vorm van liedjies wees. Intussen het Maryke my ook genooi. 🙂
Alhoewel ek gesê het dit gaan in die vorm van liedjies wees, is my eerste aanhaling nou wel nie ‘n liedjie nie. Dis uit die Bybel. Ons het vanjaar baie baie lank gewag vir die reën, ons wêreld was dor en droog. Ons het ‘n biddag vir reën gehou en is fantasties geseën. As ek in die veld loop en die diere in die groen wyding sien, kan ek nie anders as om aan Ps 23 te dink nie.
Ps 23 (1953 vertaling)
‘n Psalm van Dawid.
Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde, na waters waar rus is, lei Hy my heen.
Hy verkwik my siel.
Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam omtwil.
Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my.
U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie, jy beker loop oor.
Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van my Here bly in lengte van dae.
…………………
Dis mý Here daardie!
Toortsie
En ja, ons het ook weer ‘n dankdag vir die reën gehou. Soos ons gevra het, het ons kom dankie sê.
My gunsteling, Psm 23 – DIE HERE IS MY HERDER!
LikeLike
Dis wonderlik om te hoor daar was n biddag vir reën en ook n dankie sê. Wys tog dat daar sterk geloof is en ook saam aanbid en dansegging ook. So bly vir die Here wat die Herder is se genade
LikeLiked by 1 person
Ons gemeenskap doen dit nogals in erge krisistye. 🙂
LikeLike
Dis goed. Vroeër jare het ons ook baie sterk gestaan in Potgietersrus. Nou is dit rerig baie afgewater veral ook omdat daar nie juis baie boere meer is nie. Hul kan nie meer n bestaan maak. Grond is ook alles teruggegee aan ander mense! Daar is niks oor van tabakplase en ook Zebidiela se lemoene nie. Net sand en gehuggies.
LikeLike
Dis so bitter hartseer! Ja, die lemoenbome is uitgehaal vir brandhout, of hoe?
LikeLike
Onderandere. Hule het eers gesê hul sal aangaan met versorging wat toe gou opgehou het omdat daar nie die kennes en arbeiders was om te help nie.
LikeLike
Jaaaa die kennis…
Die ding is, die oes is nou mooi, ons het nou baie, so hoekom moet ons dan nou werk vir die volgende een?
LikeLike
Dit bly darem net die mooiste Psalm. Hy raak elke keer ‘n mens se hart.
LikeLiked by 1 person
Psalm 23 … hoe mooi! Ek het hier https://pienkpantoffels.wordpress.com/2015/06/03/as-die-geelperske-reen-veertien-dae-in-my-dorpie-val/ geskryf oor ‘n biddag vir reën wonderwerk.
LikeLike
Ek onthou. 🙂
LikeLike
Laat ons sy goedheid en guns nooit vergeet nie,
LikeLike
Pragtig
LikeLike
Die mooiste mooi – eenvoudige taal en sterk beelde. Dis die psalm wat my die naaste aan die hart lê, spesifiek ook hierdie vertaling.
LikeLike