Seisoen van vergifnis

Seisoen van vergifnis, ‘n wonderlike boek geskryf deur Alta Cloete.

Ek het die boek verlede jaar gekoop met die gedagte van lekker ligte leesstof vir die vakansie. Groot was my verbasing toe ek die boek lees!

Dis ‘n liefdesverhaal, ‘n boek van alledaagse mense met alledaagse probleme, dinge wat ons met ons saamdra, seerkry uit ons kinderdae, misverstande wat lei tot groot hartseer, angsaanvalle. Dis ‘n storie van mense wat oor hul probleme kom, soms foute maak, soms hul probleme by die horings pak. Dis ‘n boek van vergifnis, soos
die titel aandui.

Ek het dit nou ‘n tweede keer gelees en is nie een oomblik spyt daaroor nie. Ek wil dit graag aanbeveel. Almal van ons dra onnodige bagasie net ons saam.

‘n Bietjie vergifnis verander sake, maak dit ligter.

‘n Storie wat lekker lees, maar soveel meer bied. ‘n Storie van liefde, want wat is ‘n storie sonder liefde?

Groete
Toortsie
Eers aan die einde van die boek het ek besef: Dis deel van ‘n reeks.

Ek lys al die boeke waaroor ek al iets geskryf het, by Pinterest, en ek plak interessante bloginskrywings wat ek teëkom, op ons faceboekblad. 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Seisoen van vergifnis

  1. Dankie hiervoor.Sal uitkyk vir die boek.

    Liked by 1 person

  2. Mona Joubert sê:

    Ek weet mens moenie veralgemeen nie. My leuse:
    “Vergifnis is die beginpunt van alle heling!”. Goeoeoed….. maak dit 99% as jy nie saamstem nie……

    Liked by 1 person

  3. Terug pieng: Seisoen van genade | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s