Waag dit buite jou gemaksone

Waag dit buite jou gemaksone.

Ek dink nogals dis goed om soms buite jou gemaksone te beweeg, iets te doen waarmee jy nie heeltemal gemaklik voel nie. Nie iets totaal buite jou aard nie, nie iets wat teen jou beginsels is nie, maar iets wat effens meer is wat jy normaalweg sal doen. Ook nie elke dag nie, dit sal jou totaal uitput. In die proses leer jy jouself ken, verbreed jy jou horisonne, word jy sterker, het jy selfs pret.

Vir my is dit steeds ‘n geweldige uitdaging om oor Stormsriviermond se hangbrug te loop. Ek is nie seker of dit die hoogte is, of die water onder, of net die onseker gevoel van die brug nie. Die heel eerste keer kon ek nie eens my voet op die hangbrug sit nie. ‘n Volgende keer het ek dit gewaag terwyl daar niemand anders saam met my op die brug is nie, terwyl die sweetdruppels letterlik teen my rug afgeloop het. Nou stap ek al oor saam met ander mense, maar wel… Almal binne die volgende 20 km daarvandaan hoor my gil as iemand die brug net effens laat beweeg. Vir my is dit telkens ‘n oorwinning om daaroor te stap. Netso die Tree Top Walk in Australië. Daar het ek nie gegil nie, maar het wel erg op my tande gebyt.

Ek kan van nog baie ander “buite my gemaksone” ondervindings vertel. My punt is dit: Wat is iets wat jy dalk kan probeer doen,
wat net so effens buite jou gemaksone is? Iets wat nie jou lewe in gevaar sal stel nie?

Dit kan op enige gebied wees. Geloof, vriendskap, ietwat waaghalsig… Gaan op ‘n uitreik. Vergewe iemand. Doen ‘n kursus. Leer ‘n nuwe vaardigheid aan. Maak ‘n vriend van iemand buite jou normale vriendekring, iemamd met wie jy nooit gedink het jy sal vriende raak nie…

Groete
Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

28 Responses to Waag dit buite jou gemaksone

  1. ekmyselff sê:

    Your story just might inspire someone.
    Great things never came from comfort sones. GET SOME!

    Like

  2. scrapydo2.wordpress.com sê:

    Almal het dinge wat nie in hul aard is nie. Dis moeilik om dit te oorbrug. Roltrappe gee my die pipparellakoors! Ek moet alleen op my eie opklim nie aan iemand se hand nie. Selfde om die straat oor te steek terwyl mens loop. Een moet nie my hand vat om te help nie!

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Scrapy nou het jy my laat dink aan ‘n u-tube video wat ek gesien het. ‘n “ou” dame loop oor die straat. In die middel van die straat sit sy vir ‘n oomblik haar pakkie neer. Twee jongmense wil haar help. Een vat die pakkie, die ander haar arm. Volgende oomblik dam sy hulle met haar kierie by. 🙂 Dink ek het min of meer die toneel reg!! Sal jou nie op die roltrap probeer help nie 😆

      Like

  3. HesterLeyNel sê:

    Ek is ‘n “control freak” – ek weier om in ‘n motor te ry as ek nie self bestuur nie (nou weet jy hoekom ek nie graag vlieg nie), ek drink nie alkohol nie, want ek wil nie op onvaste bene loop nie (en selfs ‘n klein glasie wyn tas my vinnig aan), ensovoorts ensovoorts. Dis moeilik!

    Liked by 1 person

  4. Stem helemal saam, ons gemaksone raak n hok as mens nie so elke nou en dan buite hom verkeer nie. Ek druk myself gereeld uit my gemaksone uit, ek vind dat hoe meer n mens dit doen hoe meer wil jy dit doen. Dis daai self oorwinning dink ek. Maar bygesê het ek ook lanklaas iets gedoen waarmee ek nie gemaklik is nie… hmm

    Like

  5. Kameel sê:

    Toorts ek is telkemale uit my gemaksone geruk of ek nou wou of nie. Van daardie Stormsrivierbrug gepraat….. ek het hom halfpad oorwin, en toe teruggedraai. Met hoogtevrees saam was dit ‘n grote oorwinning 🙂

    Like

  6. Ek hou daarvan om my gemaksone uit te daag, maar met hoogtes en bye is dit nogal soms ‘n probleem. Maar ek sal eerder my hoogtevrees prbeer oorkom. By is klein satans en ek haat hulle.

    Like

  7. Sug… ek sukkel selfs met vreemde mense

    Liked by 1 person

  8. vega sê:

    My hele lewe leef ek buite my gemaksone. Dis wat in die geloof lewe beteken 🙂 Jare gelede het my man sy werk bedank en voltyds evangelisasie en leierskapopleiding gedoen. Vir 10 jaar nie ‘n salaris gekry nie. 4 kinders tussen 6 en 14 jaar toe ons daai stap geneem het. Die Here het elke sent voorsien wat ons nodig gehad het om te lewe en kinders deur universiteit te kry.Daarna het my man en ek Noord Kaap toe getrek waar hy ‘n werk gaan doen het wat die grootste uitdaging van sy lewe was. Op die bestuur van Sishen myn an Hoof van Projekte vir 2 jaar. Nou weer ‘n groot stap geneem en van JHB na Klein Karoo/ Tuinroete getrek en Gasteplaas gekoop. Ek blog nou by http://www.overthemountain.co.za/blog/
    Eintlik is die lewe ‘n avontuur om te sien hoe, as mens jou deel doen, God voorsien en lei.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s