Pondoland Dag 3 en 4

Ná die 34 km wat ons in die eerste twee dae gestap het, lyk die 10 km per dag wat vir ons voorlê soos ‘n kalfie, iets wat ons sommer gaan kafdraf. Tjop-tjop. Die gids bevestig ons vermoede toe hy voorstel dat ons dag 3 eers ná 10 begin stap, want dis nie so ‘n lang stap nie.

Ons is só arrogant om selfs te begin dink dat ons dalk dag 4 en 5 in een dag kan stap. Ons is gedruk vir tyd op die laaste dag, sien, en hul hét ons gewaarsku dat die stortwatertjies by die laaste kamp bietjie minnerig is… Ewe kordaat vra ek die reisagent per epos of dit moontlik sal wees. Sy sê ja, maar dit moet
baie sterk stappers wees… Genadiglik bly ons by die oorspronklike plan… 5 Dae vir ‘n 5 dag staproete.

My kilometeraanduidings verskil dalk van die inligtingsblaaie, maar een van die stappers meet elke tree met sy gps aan sy stapstok en dan is die ekstra paar kilometers van ons verdwalery op dag 2 nie eers ingereken nie!

Intussen raak ons groep heel tuis met mekaar en kuier ons al hoe lekkerder. Die mans en enkele van die dames span saam om die rugby by een van die plaaslike inwoners se huisies te gaan kyk, ewe vooraf gereël, maar toe hul daar kom sit die huisie reeds vol sokker-entoesiaste. Die regte tv-
kanaal was ook nie beskikbaar nie. ‘n Groot sitvuur word gemaak met ‘n radio wat hul iewers vandaan kon nader sleep. Speelkaarte word uitgehaal en tot laat word daar Monopoly, Pondobrug en UNO gespeel. Of iemand toe wel die Scrabblekaarte kon uitsorteer, is ek nie seker van nie.

Maar: Daar is ‘n rede hoekom die ouens wat hierdie staproete oorspronklik uitgelê het, besluit het dat dit oor 5 dae moet gebeur en dat dag 3 en 4 ietwat korter moet wees as die ander dae. Ons fiksheid word behoorlik beproef met erge bulte. Ons het wel gehoor van Mount Neverst, maar watter een ís dit nou?
Steeds bly hierdie staproete oor en oor die moeite werd met keer op keer net ‘n nuwe pragtige klein swemstrandjie met sy skape, beeste of bokke.

Dag 4 word afgesluit met ‘n lekker ervaring: Kano’s wat ons oor die rivier vat.

Wat ‘n voorreg! Wat ‘n genade om dit te kan doen. Dit het ek net weer eens besef toe die ma en die kleine kindertjies in ‘n stroompie sit en wasgoed was, met hul huisie wat daar bó teen die bult sit…

Groete
Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

15 Responses to Pondoland Dag 3 en 4

  1. ekmyselff sê:

    Ek het nou lekker gelees en bietjie herleef van my eis stap n hele paar jaar terug, Ben Macdhui Hiking Trail, Rhodes, Drakensberg – ooh dit was n woeste een en ons moes alles saamdra. Dalk skryf ek eendag daaroor.

    Like

  2. HesterLeyNel sê:

    Die stap pla my nie, maar ai tog, die gebrek aan ‘n gerieflike bed laat my altyd wegskram van kampeerdery en staptoere. Dit klink darem asof julle dit vreeslik geniet het.

    Like

  3. Kameel sê:

    As jy aanhou stap is jy een van die dae by die huis. 😉 Goed om te hoor jy geniet dit so!!!

    Like

  4. scrapydo2.wordpress.com sê:

    Wys jou die beplanners weet wat hul doen. Goed jul het by die dae gehou wat hul gesê het. Bly dit was so heerlik gewees! Heeltemaal weg uit jou daaglikse roetine.

    Like

  5. Uit ons oogpunt,kry ons altyd mense jammer wat so eenvoudig lewe.Ek dink egter hulle is gelukkig om so ongekompliseerd te bestaan.Klink na ‘n wonderlike ervaring.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s