Banting en Wegneemetes

Ek kom net so een maal ‘n week in die dorp, so die meeste van die tyd maak ek my eie kos en volg ek die reëls soos uiteengesit in “The Real Meal Revolation”. Dorptoegaan neem gewoonlik ‘n hele dag.

As ek die dag oulik is, pak ek vir my ietsie in: ‘n Paar stukkies kaas, ‘n handvol neute, olywe, skyfies salami as ek het, skyfies komkommer en ‘n tamatie. Maar baie keer dink ek nie daaraan nie!

Ook Banters moet ‘n gewone lewe lei, waar jy soms wil uiteet of ‘n wegneemete nodig het. Maankind en ek het al hieroor geskryf, oor die uitetery. Met uiteet kom ek nog redelik reg.  Vir my lê die groot probleem in wegneemetes. As jy aan wegneemetes dink, kan jy dink aan iets sonder brood of tjips?

 Hierdie advertensie het ‘n groot debat ontlok op ‘n Banting blad op faceboek. Die Banting Polisie was behoorrrrlik bedrywig! 😉 Is die kos in die regte olie gaargemaak? En wat nog als…

Soos reeds genoem, probeer ek regtig die reëls volg by my huis, en as ek op pad is.  Maar soms moet ek ook ander kokke vertrou en dan weet mens nie altyd wat in die kos is nie. Ek verstaan dat daar mense is wat Banting 100% doen vir hulle gesondheid, en dis hulle verantwoordelikheid om seker te maak dat daar nie bestanddele in is wat hulle nie mag eet nie.

As ek so ‘n advertensie sien, is ek só bly, want immers is daar ‘n meer Banting vriendelike opsie. Ek  oortree soms die Banting reël met wegneemetes en uiteet. Dit mag gebeur dat my hoender cordon blue met kaas en al die bantingvriendelike vulsels in krummels gaargemaak is, selfs dalk in een of ander olie wat sleg is vir my. Maar regtig! Die een keer in ‘n maand of ses wat ek uiteet gaan NIE die appelkar omgooi nie.  As my vriendin vir my lesagne vir aandete maak en daar is geen ander kos nie, kan ek óf die lesagne uitkrap, óf dit wel eet en dan net seker maak dat ek vir ‘n week daarná 100% Banting eet. Gaan ek die gasvrou laat sleg voel of nie? Dis my keuse! En ja, een maal in baie baie lang tyd eet ek Kentucky. Oeee en dit het ‘n degie om! Ja, ek weet! Ek kan natuurlik die degie afkrap, maar regtig, een maal in baie weke? As ek op Struisbaai kom, eet ek Spare Rib, en ja, daar is suiker ❗ in die sous…

Soms is die keuse tussen twee swakkes. Dan kies ek maar die beste een. Ek los net die brood en die chips en maak weer reg daarná, SONDER OM SKULDIG TE VOEL, want ek dink dis die skuldgevoelens wat maak dat ons terugval op swak gewoontes.

Ons is mos darem volwassenes, wat soms vir onsself ‘n keuse moet maak. Ons moet net weet hoe om daardie keuse te hanteer, dink ek!

Ek is net so bly as ek iewers ‘n “meer Banting” opsie het om te kies. 🙂 En hiermee praat ek NIE verkeerd eet goed nie! Soms is daar net nie ‘n ander keuse nie!

Groete

Toortsie

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge and tagged , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Banting en Wegneemetes

  1. ekmyselff sê:

    Ek voel ook nou en dan is darem nie te erg nie, maar kies doelbewus om weg te bly van ALLE stysel, alles met meel en suiker. Geen koek en brood en tert nie, maar nou en dan 99% banting en net die 1% incorrect met die ander person se gaarmaak metode gaan beslis nie die appelkar om neuk nie.
    Lekker bant!
    Ps. Hoeveel in hoe lang ty

    Like

  2. MaanKind sê:

    Die restaurante in ons dorp is nou almal kwaad vir my omdat ek die volgende geskryf het: Kleinmond Restaurante, wil julle tog nie asseblief begin voorsiening maak vir mense wat Banting doen nie? Dis regtig so maklik om net ‘n paar items op die spyskaart te hê wat nie brood of stysel insluit nie. Dis maklik om te sê eet slaai, maar dan moet julle darem ‘n kwaliteit slaai bied. In die stede het byna al die restaurante Banting opsies. Hoe moeilik is ‘n stirfry met groente en hoender of vleis nou? Of die opsie van groente by vis of vleis?

    Like

  3. ButterNut sê:

    Ek probeer ook so ver ek kan reg eet volgens die rooi boek se reëls, but life happens sometimes. Ek vermy die banting-nazi’s op FB, post nie sommer daar iets nie. Ek doen maar so op my eie; en as dit die dag nie kan nie, dan kan dit nie. Daar is baie erger dinge in die lewe om oor te bekommer.

    Dis egter baie verblyend om te verneem dat meer plekke nou LCHF-vriendelike(r) opsies verskaf.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s