Toortsie se Toeka Tokkel oor Drama

In opdrag van Scrapydo.

Oor presies wat ‘n drama in die literatuur is, sal ek myself nou nie uitlaat nie. Ek wil skryf oor “drama maak”.

Ons almal het seker maar goed waaroor ons ernstiger voel as ander, waarvoor ons heftiger sal veg, maar daar is ook mense wat drama maak van enige ding.  As ek so op faceboek kyk, hang my mond soms oop vir wat ek daar sien. Soms gril ek só vir dit wat geplaas word en wonder of die persoon nie maar, as dit regtig ‘n probleem was, die regte kanale moes volg en die saak met die organisasie self moes opneem nie.

Baie keer is dit iemand wat ‘n persoonlike vendetta met iemand het, wat elke hik of stik van die ander persoon opblaas tot ‘n orkaan. Of soms is dit maar net iemand wat daarvan hou om drama te maak van die geringste dingetjie.

Soms is dit iets wat nie eers noembaar is nie, iets wat dalk net ‘n sekond neem om reggemaak te word, wat uitgeblaker word.

Ek wonder soms of so iemand wat als opblaas, ‘n drama van maak, dit nie uit onsekerheid doen nie. ‘n Manier om die aandag weg van hul eie foute te kry nie, ‘n manier waarop hul goed voel deur ander se foutjies te beklemtoon nie?

In die tye waarin ons tans leef hier in ons land waar soveel mense kwaad is, party voel als word van hul weggeneem, ander voel hul verwagtinge word nie vervul nie, is die geleentheid vir dinge opblaas, baie groot. Sodra iemand wat net ietwat anders as jy is, iets doen, word dit tot die uiterste vergroot. In die proses maak ons dit vir onsself slegter as wat dit behoort te wees.

My versoek aan myself en aan ons almal: Kom ons probeer om minder dramas van als te maak. In ons huwelik, in ons werk, in ons land, in die verkeer, orals waar ons gaan. Kom ons begin kyk met ‘n liefdevoller, sagter oog na ander mense. Kom ons maak, met baie minder drama, van ons land die wonderlike plek wat hy veronderstel is om te wees.

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings, Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

13 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor Drama

  1. scrapydo2.wordpress.com sê:

    Stem volkome met jou saam. Daar is ook die aanhaling – haal die balk uit jou eie oog voordat jy die splinter wil uithaal by iemand anders. Mense kan regtig die kleinste dingetjie opblaas.

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    Baie waar, liewe positiewe Toorts!

    Like

  3. ekmyselff sê:

    Ja nee, ons moenie toelaat dat ons vreugde gesteel word nie.
    Sommige mense is smartvrate en kan nie sonder drama in hul lewe nie, hulle soek drama want hulle kan nie sonder dit nie.
    Sodra dit egter my hart en my kinders raak en mense se diepste wese en gevoelens dan sal ek tog in myself (of dalk met die ander person) n drama maak maar defnintief nie op facebook nie.

    Liked by 1 person

  4. Jy sê wat almal oor wonder en dink… en nie sê nie

    Like

  5. Toortsie, jy praat so na my hart. Ek moes al ‘n paar keer stilletjies ‘unfollow’ druk op Facebook as iemand drama gooi of as iemand fotos van mishandelde diere of uitgemoorde dier jagfotos plaas. My hart breek in stukke as ek ‘n bebloede dier foto sien al het iemand dit geplaas omdat dit hulle pla.

    En dan kry jy mense wat ander mense afknou omdat hulle in ander Gelowe is en nie Christene nie. ‘n Mens se siel is mos sy eie en of jy nou Allah, Buddha or Popeye The Sailor Man aanbid moet ek as mede mens mos daardie persoon respekteer. Ek self is ‘n heiden en het al so deurgeloop omdat ek anders is.

    Almal verdien sy of haar plekkie in die son, en solank jy niemand seer maak nie, hoekom kan jy nie in vrede saam met die wêreld daardie plekkie son geniet nie.

    Dankie vir jou mooi boodskap vandag. Mag ek dit reblog?

    Like

  6. Kameel sê:

    Liquorice all sorts Toorts. Jy gaan altyd dié mense kry wat alles dramatiseer. Die wêreld sou ‘n wonderlike plek gewees het, het almal mekaar ‘n plekkie in die son gegun. Hoe party mense kan aangaan verstom my ook…. 😦

    Like

  7. Werner Olivier sê:

    Jou laaste paragraaf spreek boekdele Toortsie, en ek dink ons almal moet daarna streef.Die verskeidenheid van mense sal altyd met ons wees en ek dink ook daar moet verskeidenheid wees,anders sal dit maar ‘n saai wereld gewees het, maar ek dink tog elke mens moet strewe na balans in elke aspek van die lewe.

    Groetnis.

    Like

  8. Ag soms is die dramas erg ammusant

    Like

  9. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 28 : Kleur | I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s