Bybelstudiegidse oor Fillippense en ander

bybelstudie 002Ons bybelstudiegroep het ;n boek gedoen oor Filippense, “Gevorm deur die kruis”. Ek het aanvanklik gedink dis ‘n baie oulike boekie, tot ons dit as ‘n groep gedoen het. Die probleem? Dis in ‘n te hoë taal geskryf. Dalk is dit maar net ons wat nie so slim is nie, maar dit gebruik moeilike taal en begrippe. Die skrywers het goed bedoel, en dit wat daaruit geleer is, is goed, maar ek dink soms het die groeplede net by voorbaat ‘n blokkasie gehad.

Ek het dit ook in my Bybelkunde kursus gesien. Sekere afdelings is lekker leesbaar in verstaanbare taal, maar ander afdelings! Ek het vir my vriendin só gesê: “Die persoon wat hierdie deel geskryf het, het probeer om met 1000 hoë woorde dieselfde te sê as wat ‘n ander persoon in 100 gewone woorde kan sê.” Nou ja, smaak verskil.

bybelstudie 003Toe ons toe klaar is met die boek oor Filippense, besluit ons om ‘n boek oor Filippense te doen. 🙂

Riekert Botha se “Ek is tot alles in staat”. Hoe meer ek van Riekert Botha se boeke lees, hoe meer hou ek van hom. Hy skryf in verstaanbare taal, lekker leesbaar, gemaklik. Hy het nie vreemde idees nie, maar verklaar die Bybel op ‘n geloofwaardige manier. Ons het die boekie baie geniet, en lewendige gesprekke het hieruit gekom. Ons is beslis verryk deur ons studie van Filippense.

Terwyl ek dan  nou van Riekert Botha praat, kan ek nie anders om weer sy boek oor Openbaring te noem nie. Hy verduidelik die visioene so mooi in hierdie boek, weer eens in ‘n verstaanbare taal. Hy ontsluit werklik Openbaring. Ek sal graag nog van sy boeke lees. Saam met die aantekeninge wat onderaan elke bladsy in Die Bybel in Praktyk is, is dit wonderlike leesstof.

bybelstudie 001‘n Ander bybelstudieboekie wat ons groep gedoen het, wat ek werklik wil aanbeveel, is “Wanneer God stilbly”, deur Johan Smit. Dis ‘n studie oor Job. ‘n Mens beleef regtig sy swaarkry en omdat jy vir ‘n hele paar weke saam met hom worstel, besef jy hoe erg dit moes wees, hoe magteloos hy was. En nie net Job nie, hierdie studie help ons om swaarkry in ‘n ander lig te sien, dat die swaarkry wat ‘n persoon beleef, op daardie stadium vir hom erg is, ongeag wat die swaarkry is. Die boek raak ‘n bietjie lank op ‘n stadium omdat Job se swaarkry oor en oor gebeur… tot die wonderlike verandering aan die einde.  In ‘n lewe waar swaarkry so algemeen is, is dit dalk ‘n goeie studie om te doen!

Groete

Toortsie

Onthou my boeke word gelys by Pinterest.

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s