Herontdek Dropbox

Toe ek my Tablet gekry het, het my seun so terloops vertel van Dropbox. Ek het ewe vertel van hierdie elektroniese ouma wat sekere goed moet regkry. Ek moet sê, ek kon die meeste van die goed wat ek daar genoem het, baasraak, behalwe dat ek tot vandag toe nog nie Scype nie! Dommieee!

Ek hou nou al my telefoonnommers op my gmail rekening, en ek het Dropbox geïnstalleer, destyds, om sodoende my lêers veilig te bewaar en op verskillende toestelle te kan gebruik.  Een van die groot dinge wat ek wou doen, was om sekere van my lêers te deel met ander mense (files share). Dan kon ek en ‘n betrokke persoon altwee op ‘n sekere lêer werk. Iewers het ek iets verkeerds gedoen en dit het nooit gerealiseer nie. Die ander persoon kon my lêers kyk, maar nie daarop werk nie.

Intussen het ek agter gekom dat ek nie werklik my lêers op die verskillende toestelle gebruik nie. My internetverbruik was ook te hoog en my tablet het al my foto’s in dropbox gebêre. Ek het opgehou om dit te gebruik.

Intussen het ek Pinterest ontdek waar ek soveel goed stoor. Aanvanklik het ek dit net vir myself gedoen, maar deesdae stoor ek ook goed ter wille van my blog. As iemand iets by my wil hê, sê ek net dat sy by my Pinterest moet gaan loer.

Maar die lekkerste lekker is toe ek nou weer Dropbox herontdek. Ek weet nou hoe die share besigheid werk en ek en verskillende mense werk tog te lekker saam op dieselfde lêers. Nie meer so ‘n groot gesukkel met goed wat oor en weer ge-epos moet word nie. Natuurlik is die eposse niks minder nie, maar dis net baie maklik. Die ouditeursklerke kan sommer goed nagaan waaroor hulle wonder sonder dat ek dit selfs weet!

Ek besef daar is baie lekkerder hulpmiddels as Dropbox, maar nou, vir eers, is dit vir my die lekkerste lekker.

Groete

Toorts

Ns. Om te dink daar is steeds baie mense wat nog nie eens weet hoe om ‘n rekenaar aan te sit nie!

12 thoughts on “Herontdek Dropbox

  1. Het dropbox gehad….. nooit gebruik nie. Sou graag my fotos daar wil “bêre.” As ek reg verstaan sou my computer of “external” hardeskyf iets oorkom kan ek my fotos uit die wolke terugkry 😆 Dis so baie ek van tegnologie weet 😉

    Like

      1. Daar is ‘n paar weke gelede by ons seun in Shelly Beach ingebreek. Al die elektriese toebehore is gesteel asook sy hardeskyf waarop hy al die fotos gelaai het….. juis vir i.g.v sy computer iets oorkom. 😦 Fotos kannie vervang word nie!!!

        Like

  2. As mens kinders in IT het kan jy nie anders as om maar van die goed onder die knie te kry! Ek verbaas my soms self oor wat ek alles al weet en doen. Oefen help baie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!