Aartappelslaai – vars gemaak

Ek glo natuurlik dat die mayonnaise wat jy gebruik, die sukses van die aartappelslaai bepaal. As jy goeie en lekker mayonnaise gebruik, hoef jy dit nie op te kikker met allerhande goedjies nie. Ek verkies Cross & Blackwell.

My standaard aartappelslaai wat ek maak, soos my ma gemaak het, lyk so:

Kook aartappels tot sag in hulle skil. Kook terselfdertyd sommer 4 of 6 eiers ook. (Almal word nie noodwendig in die slaai gebruik nie, maar daar is altyd ‘n kind wat lus het vir ‘n gekookte eier. 🙂 )

Wanneer die aartappels koud geword het, skil jy dit af en sny in blokke (oppas vir te klein).

Gooi daarby:

Sout, of Aromat; gerasperde kaas, blokkies ham, ‘n gurkin sal ook lekker wees, selfs ‘n ui as jy wil, die gekookte eiers in stukkies gesny. Hou so een eier oor om bo-oor te rasper vir versiering, ‘n bietjie blatjang.

Gooi ruim mayonnaise oor. Rasper eier oor.

Julle weet mos dat ‘n mens nie te rof roer in aartappelslaai nie, om die blokkies mooi heel te hou? Die ander geheim is dat jy met die agterkant van die lepel roer, dan bly dit mooi heel. Onthou, hoor!

Groete

Toorts

Beslis nie vir Banting geskik nie. 😦

Ook nie vir verslankers nie.

Loer by Pinterest vir my ander inmaak resepte

23 thoughts on “Aartappelslaai – vars gemaak

    1. So ‘n teelepelvol. 🙂
      Dis al so drie weke terug gemaak, en daar is net een pot oor! Dis so ‘n lekker saamgee met die manne pot. Daar is nog ‘n paar aartappels oor in die sak, ek dink ek moet dit ook maar gou maak.

      Liked by 1 person

    1. Nee! Dis juis luiheid! Een keer se werk dan is dit klaar vir ‘n paar keer. 🙂 Niks meer werk as om dit normaalweg te maak nie maar as ons skielik mense kry en braai is die kos sommer reg.

      Like

    1. Ek word nie SOMMER kwaad nie, maar wel. Blogging is vir my ‘n lekker plek, en het genoeg strooi, soos almal maar, in my eie lewe. In blogland kuier ek net lekker.

      Like

Gesels saam, asseblief!