Toorts se toeka tokkel oor Studente

In opdrag van Scrapydo.

Studente is wonderlike goed. Ek praat nou van dié lot wat net ná skool gaan studeer by ‘n universiteit of kollege. Hulle is goed, nie mense nie. 🙂 En ek is MAL oor hulle!

Dis wonderlik as iemand die geleentheid kry om na skool by so ‘n inrigting kan gaan studeer. Dis so jammer dat net ‘n klein gedeelte van die bevolking in SA wel die geleentheid kry. Ek kan nie praat oor die res van die wêreld nie, ek weet nie watter persentasie van ander lande se kinders kry wel die geleentheid nie.

Studentwees is ‘n wonderlike tyd. ‘n Sorgvrye tyd waarin kinders as jong volwassenes kans kry om die lewe te toets, terwyl hulle ouers nog in ‘n mate toekyk. Pappa sorg. Vir studente is niks op die aarde onmoontlik nie. As een nou voel hy moet sy bed skuif na ‘n ander plek en al vervoermiddel wat hy het, is sy fiets… wel, wie sê ‘n mens kan nie ‘n bed op ‘n fiets laai nie?

Of, wat het dit van ons gevat om in dooptyd in 1981 ons soos pawpaws aan te trek, met groen klere aan, onpaar skoene, 23 boksterte in ons hare, rosyntjie op die neus, swart tand en met ‘n stok en tou visstok gaan sit en vis vang in ‘n droë sloot? Of om jouself totaal te mismaak en totaal mal te gaan op ‘n joolvlot? Of wat is dit nou om

Studente het soveel lewe, soveel gees. Niks is vir hulle onmoontlik nie. Gooi net ‘n idee tussen hulle en hulle maak van dit ‘n fees! 🙂

Die groot geheim is natuurlik dat hulle so tussen die pret ook soms tyd moet maak vir die studies, ‘n geheim wat baie ongelukkig te laat ontdek! Want in jou studente jare leer jy ook uithouvermoë, daardie ding van deurnag studeer omdat jy môre eksamen skryf en dan niks daarvan oor te kom nie.

Studente leer ‘n netwerk van vriende ken, vriende wat hulle die res van hulle lewe op die wonderlikste maniere kan help indien nodig, maar ook vriende wat gewoonlik lewenslange vriende bly. So is ons groep pelle steeds maats en braai steeds elke jaar nuwejaar saam. Prysloos.

Groete

Toorts

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Studentelewe, Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

7 Responses to Toorts se toeka tokkel oor Studente

  1. Mooi geskryf! Studente kan ook met een deurnag se geklets,oplossings vind vir die land se probleme.Die energie wat hulle uitstraal is so uniek aan jonkwees.

    Like

  2. Kameel sê:

    Die gees waarvan jy praat het ek jaarliks in Johannesburg se strate beleef tydens die Jooloptog. Dit was een van die groot jaarlikse gebeurtenisse waarna ons kinders uitgesien…. amper soos kersfees.

    Like

  3. scrapydotwo sê:

    Ja daardie jooloptog elke jaar was heerlik gewees. Almal bou en werk tot laatnag. Dan met die optog gaan almal mal! Dankie vir jou lekker positiewe vertelling en deelname

    Like

  4. Of om ‘n sent te soek in ‘n bak iets wat soos kots ruik en lyk . . . terwyl jy voor jou siel weet daar is beslis nie ‘n sent in nie.

    Die boeke wat ek oor Jool kan skryf. . . 😉

    Like

  5. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 24: Grootword | scrapydotwo

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s