Toorts se Toeka Tokkel oor foto’s

Heeltemal agter die tyd skryf ek hierdie in opdrag van Scrapydo. Maar ek wil dit wel skryf omdat ek nog aan al die Toeka Tokkel opdragte van haar deelgeneem het en die stemmetjie my altyd sal pla oor hierdie een wat ek gemis het. Ai.

Ek is nie ‘n goeie fotograaf nie. Ek neem vinnige herinneringe af. Ek raak ongemaklik as ek staan en mik en mik en mik… en daarom is my foto’s net nie so mooi soos hulle s’n wie dit wel doen nie. Ek bewonder mense wie ‘n oog het vir ‘n goeie foto, ek dink dis ‘n vorm van kuns. Mense wie weet hoe om hulle kamera op die regte manier te stel om die beste foto denkbaar te neem.

Soos ek gesê het, ek neem herinneringe af. “Random” foto’s van mense wie nie eers noodwendig vir die kamera kyk nie. As ek weer na die foto kyk, kan ek onthou presies hoe ek op daardie oomblik gevoel het, selfs soms wat ek gedink het! Foto’s wat dalk vir iemand anders niks beteken nie, het vir my ‘n groot betekenis.

Soos hierdie foto: (Foto geneem van ‘n foto, jammer dis nie ‘n goeie foto nie)

20150601_101233[1]

Hierdie foto hou vir my baie herinneringe in. By ons troue is daar ‘n foto geneem van die hele skoonfamilie, maar nie van my familie nie. Sedert daardie dag wou ek graag ‘n volledige familiefoto hê. En hier, by my laatlam se doop, kry ons dit toe die eerste keer reg. Ons moes behoorlik die deure toehou dat almal binne bly vir die foto. Dit was die eerste van baie sulke familiefoto’s. Dis einste hierdie dopeling wat SORG dat ons gereeld ‘n familiefoto neem. En almal is altyd bly daarná. 🙂

Hierdie foto bring  baie heimwee. Elkeen van die gesiggies op hierdie foto kan sy eie storie vertel. Drie van die mense is oorlede, waarvan een die pragtige dogtertjie met die rooi trui is. Sy het op die ouderdom van ongeveer 17 verongeluk met haar motorfiets. (Genadiglik kan ons nie in die toekoms insien nie, né?) Daar is ook stories waarvan ek nie die detail wil vertel nie…  Maar die foto bring ook baie mooi herinneringe. Ons familie kan lekker knor ook onder mekaar, maar ons is baie lief vir mekaar en hegte familiebande is vir ons uiters waardevol.  Intussen, sou ons vandag so ‘n foto neem, sal die gesiggies heel anders wees – sommige het bygekom, ander het weggeraak… 🙂

So dis my storie oor foto’s. Scrapydo, dis so laat, jy hoef dit nie meer by te sit by jou bloginskrywing nie!

Groetnis

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

8 Responses to Toorts se Toeka Tokkel oor foto’s

  1. scrapydotwo sê:

    Dit is pragtig. Vir my is daardie spesiale, sommer so geneemde fotos juis die beste van almal. Dis tog ook goed dat jy darem vir jouself fotos het wat jou altyd aan sekere mense en dinge sal herinner. As ek nie my foto albums gehad het nie sou ek nie die lewe regtig positief in die gesig kon kyk nie. Daar is so baie mooi dinge wat mens beslis maar mag onthou. Dankie vir jou mooi foto terugflits. Ek waardeer dit baie dat jy so getrou jou deel bydra. 🙂

    Liked by 2 people

  2. Kameel sê:

    Ek wonder partykeer of ek sou onthou het hoe my kinders gelyk het, het ek nie fotos gehad nie. Fotos vertel jou storie… en nee, hulle hoef nie deur ‘n fotograaf geneem te word om waarde te hê nie. Net momente uit die lewe.

    Like

  3. Foto’s laat mens weereens besef dat die lewe net ‘n vlietende oomblik is.Baie oulik geskryf.

    Like

  4. Tokeloshe sê:

    Ek is baie lief vir fotos en het gelukkig baie, maar ek is spyt oor die fotos wat ek nie geneem het nie. Vandag maak ek op daarvoor 😉
    Mooi geskryf. Dankie vir die deel ♥

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s