Spinasie-en-Botterskorsiesop vir Verslankers en Banting

Winter is Soptyd. Alhoewel, ons winter het nog nie gekom vanjaar nie. Mense! Dis kritiek droog by ons!

Ons Boere-Kapenaars maak dik soppe. Boontjiesop of Ertjiesop of Groentesop met baie vleis en aartappels en ander stysel in as basis. Maar nou eet hierdie boervrou mos eintlik nie meer stysel nie. 😦 WATTER SOP KAN EK MAAK???)

Op Pinterest is daar heelwat idees. Ek het ‘n klomp gepin. Daar is nogal ‘n hele paar wat lekker lyk, soos die Creamy Wild Mushroom soup,  en die Broccoli Cheese soup with bacon. Mmmmmm

Donkiejare terug, toe ek nog op Lae Vet probeer oorleef het en Weight Watchers bygewoon het, het ‘n mede verslanker hierdie resep gebring, ewe verskonend gesê dat sy ‘n hoenderborsie vir geur bygesit het. Ek het dit graag gemaak. Dit het so ‘n donkergroen kleur, afhangende van hoeveel spinasie jy bysit.

Katinka se Butternut en Spinasiesop

Kook saam in ‘n bietjie water:

1 Butternut (Botterskorsie)

1 Hoenderborsie sonder vel

1 pak spinasie, of lieflike, vars geplukte, organiese spinasie uit jou tuin

1 Hoenderblokkie

Marjolein, Sweet Basil, gemengde kruie, peper.

As dit gaar is, verroom dit.

Krummel Feta-kaas bo-oor.

……………………………………

20150520_130753[1]

Dit was nou die resep vir die verslankers, en mense wat aan lae-vet kosse glo. Hiér is die Banting weergawe. 🙂

Spinasie en Butternut sop vir Banting

Kook saam:

1 Butternut (botterskorsie)

4 Hoenderdye, met vel aan, met ‘n bietjie sout oor

1 pak Spinasie, of varsgepukte spinasie uit jou tuin

1 blokkie Chickenstock

Marjolein

Sweet Bazil

Gemengde kruie

Vars pietersielie

Peper.

Wanneer als sag en gaar is, sny die hoender in stukkies. Verroom als.

Gooi ‘n blikkie room by. 🙂 (Natuurlik! Hoe dan anders?)

Ag, jy kan natuurlik nog Feta-kaas ook bo-oor gooi as jy lus het.

Geniet dit.

Ou Roomtoortsie

(Ek sien dis nou nie so donkergroen van kleur nie, ek dink dis omdat daar meer hoender in is, en natuurlik die room.)

Loer gerus by ons faceboekblad waar ek oulike faceboekinskrywings wat ek raakloop, plak en by Pinterest vir nog Banting resepte. 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge. Bookmark the permalink.

4 Responses to Spinasie-en-Botterskorsiesop vir Verslankers en Banting

  1. scrapydotwo sê:

    Yammies, lyk lekker. Veral spinasie is goed, daar is meestal altyd spinasie

    Like

  2. nowathome sê:

    Dit klink perfek vir ons Banters!

    Liked by 1 person

  3. Sparkle sê:

    Toorts, ek gaan dit probeer en jou laat weet hoe dit was. Net jammer ons kan nie meer ons broodjtie saam met die sop geniet nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s