Amper kla ek onnodig!

Destyds toe ek my eerste E-leser wou koop, wou ek nie duur betaal nie. Kalahari het ‘n Gobii verkoop vir min geld. Dit het meegebring dat ek altyd my boeke by Kalahari koop, selfs noudat ek ‘n Samsung Note het waarop ek lees. Ek wil graag al my boeke bymekaar hou, sien. (Anders vergeet ek dalk van ‘n boek wat iewers op ‘n ander leser lê.)

Kalahari het FANTASTIES gewerk. 🙂 … toe neem Takealot oor. Groot was my verbasing toe ek my rekening by Takealot oopmaak, en AL my boeke lê daar. Te pragtig!

Maarrrr dit neem ‘n rukkie vir Takealot om die E-boeke oor te laai, of so lyk dit my. Ek sukkel bietjie. Net vandag wou ek hier op my blog kom kla, toe gaan loer ek en sien dat Takealot BAIE e-boeke opgelaai het… dalk moet ek net nog ‘n bietjie geduld gebruik.

Intussen loer ek wat CUM boeke het in die E-lyn en koop ‘n boek (EPUB). Maar ek kry hom nie oop nie! My eie domgeit, sien! Hul raai aan ek moet die Bluefire Reader aflaai, wat ek doen. Na vele pogingsom die boek af te laai, maak ek ‘n slag al die vensters toe… uhm… en daar begin iets gebeur! My Samsung vra my ADOBE password, en raai wat, toe hy in is, toe mag ek skielik die boek in Takealot se eReader lees!

Verniet my bloeddruk opgejaag.

Waarop lees julle as julle e-lesers gebruik? In watter leser lees julle?

Groete

Toortsie

Ek glo daaraan dat die elektronika ‘n mens se werk moet MAKLIKER maak, nie moeiliker nie. Ek hou daarby dat ‘n rekenaar nie ‘n tikmasjien is nie en daar funksies ingebou is in elke program om dit vir jou makliker te maak. Divisa Melkprogram se programskrywer is byvoorbeeld heeltemal oop daarvoor as jy met ‘n versoek kom om dit te probeer inbou in die program, anders as ‘n ander SA program wat ek gebruik, wat, as jy met ‘n versoek kom, jy ‘n kortaf NEE kry. Hul sê ek is antagonisties, glo! 😯  Daarom, hoekom verskillende e-lees programme nodig hê vir as jy by verskillende plekke koop? Dan maak my teorie dat elektronika ‘n mens se lewe moet makliker maak, mos glad nie sin nie?

Advertisements

13 thoughts on “Amper kla ek onnodig!

  1. Ek is baie nuut met die eboek-lesery en aankoop. Ek is by Amazone ingeskryf en kry alles daar. Hul het nie al die afrikaanse boeke wat ek eintlik soek nie. Het egter n paar goeies al gekry.

    Like

    1. Dis hoe ek altyd oor Kalahari gevoel het. As hul nie die boek het nie is dit maar daarnatoe. Maar die biblioteek wat Hester voorgestel het klink na ‘n wonderlike idee!

      Like

  2. Ek lees net op my Kindle en koop deur Amazon. Baie keer is Kalahari selfs duurder met plaaslike boeke gewees, toe vervies ek my sommer… Ek het vir ‘n ruk lank tydskrifte deur Media24 se program gelees, maar dit voel vir my ek ontspan nie so heeltemal nie, want as ‘n epos op my tablet deurkom dat lees ek dit so tussenin, waar mens dit met ‘n tydskrif nie sou doen nie. Ek lees nou en dan op my foon deur Amazon se whispersync aan my huidige boek, maar dis net as ek my Kindle vergeet het en onverwags iewers is sonder ‘n boek. Maak die lees op foon/tablet nie jou oe moeg nie? Ek het ‘n Kindle Paperwhite met die ingeboude liggie. Lees nooit meer “regte” boeke nie.

    Like

  3. Ek gaan bietjie Calibre ook probeer. Het dieselfde ding met my Gobii gehad, nou ‘n tablet gekry (nie ‘n duur ene nie, maaind you) en toe ‘n e-pub programmetjie afgelaai, maar ai, dis nie so vriendelik soos my Gobii nie. Die battery hou wel langer, dus verkies ek die tablet. MAAR: ek kon nie my boeke afgelaai kry nie. Ek het ‘n Adobe password en als, maar ek wetie waddie fout issie. Sal maar weer probeer…

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s