Toe kry ek baie meer

Ek skryf op Faceboek: “Dit het my 4jaar geneem vir die 2-jarige kursus in Bybel- en Godsdienskunde. 16 werkstukke. 95 vrae.
En die 3,5 jaar voor dit het ek die 2-jaar kursus in Christelike Nood en Traumaberading gedoen.
Nou is ek klaar. Dis afgehandel.
Nou gaan ek boek lees en hekel in plaas van tiktiktik saans op my rekenaar in die bed.
Wat ‘n verligting!
Wie’s dit wat sê nr 7’s maak nie goed klaar nie? Dit vat soms net bietjie langer!”

Nee, dit was nie dat ek voltyds met die kursusse besig was nie, dan sou ek dit binne die bestemde tyd klaar gemaak het. Genadiglik is die Hugenote Bybelinstituut baie geduldig en laat hulle mense toe om die kursusse op vinnige pas, of “slakkepas” te doen. Ek het sommer van die begin af op slakkepas ingeskryf. Van Junie tot Desember kon ek nie daaraan werk nie, en dan van Januarie toe Mei is dit tiktiktik saans in die bed.

Ek is dankbaar ek kon dit doen. Ek het soveel meer geleer as net die inhoud van die kursusse. Ek dink nie ek sal ooit ‘n berader wees nie, ek het dit 100% gedoen vir my eie verryking.

Ek kom uit ‘n syferagtergrond. Ek dink ons syfermense het mekaar gebreinspoel. Ons het geglo ons kan nie filosofeer nie, nie 100 woorde oor ‘n ding skryf wat jy in 10 woorde kan sê nie, vraag-antwoord gerig. Dit was aanvanklik vir my ‘n groot uitdaging om ‘n hele werkstuk oor een onderwerp te skryf. Ek het nie geweet hoe om die vrae te benader nie, glad nie, maar met tyd het ek ontwikkel. Hier en daar het ‘n taalkundige vriendin my raad gegee met hoe ‘n mens verwys na goed, hoe jy bronne laat kommunikeer, nie sommer net aanhaal nie, ens. Een keer was ek so ontsteld, ek het my eie ervaring wat ek opgedoen het op die plaas neergepen, toe vra die dosent waar is die bron??? Ek het geleer om my gedagtes in woorde om te sit. Deur die Here se genade het die dosent wat die eerste kursus gemerk het, elke keer ‘n goeie opmerking oor my taalgebruik en -versorging onderaan geskryf, wat vir my met tyd tog selfvertroue gegee het.

Vandag dink ek, as ek nie destyds hierdie werkstukke moes skryf nie, sou ek ook nie op my blog geskryf het nie! Wat ‘n leemte sou dit nie vir myself gewees het nie! Ek dank soveel keer vir God vir hierdie nuwe stuk lewe wat Hy vir my gegee het!

So ja, vir eers is ek nou eers klaar “geleer”. 🙂

Mooi bly!

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging. Bookmark the permalink.

16 Responses to Toe kry ek baie meer

  1. En darem is jy nou klaar. My skoonpa is met sy kerk oor die kop geslaan en loop heeldag vir almal en preek. Eendag uit die bloute skryf ek toe by UNISA in, extra 11e vak, Bybelkunde, net om antwoorde te hê op sy tirades. Nie net was dit die beste besluit wat ek EVER in my lewe geneem het nie…okey-okey… een van die beste besluite! Maar die kursus was toe erg wyd en so moet mens sommer van BAIE ander godsdienste leer. Dis toe ek nou sy troef kon speel, en so het ek nog van al die OU,,, stok OU slimmighede van die Bybel geleer. Maar ek bewonder net beraders. Eendag lank lank gelede het ek by die regte berader beland wat my hele lewe verander het – positief. mag jy ook eendag so hand in iemand se lewe het. Dit klink asof jy jouself bemag het met die regte gereedskap. 🙂

    Like

  2. seegogga sê:

    Toorts, laat ek net gou ‘n paar sakies regstel.
    1. Jy skryf pragtig en met ‘n lekker styl en is beslis ‘n goeie skrywer. miskien was jy nie toe jy begin blog het nie, maar jy is dit nou!
    2. Jy is ‘n berader duisend. Miskien vra jy nie geld nie, maar jou goeie oordeel en regte woorde op die regte tyd doen wondere vir baie mense, ek glo vir julle plaaswerkers en vir jou gesin ook – en ook vir jou vriende en mede bloggers!

    Liked by 1 person

  3. scrapydotwo sê:

    Ek onderstreep seegogga se woorde! Jy het beslis n manier van skryf wat mens boei. Dis heerlik om so n kursus te doen vir jouself. Ek het begin deur een jaar dieregedrag te doen. Die tweede jaar het ek “animal assosiated” terapie gedoen. Prof Johannes Odendaal was die aanbieder by die Tegnikon. Dit was n belewenis. Daarna het ek nog n kursus gedoen in “memory healing” wat scrapterapie genoem word. Gebruik enige kunsvlyt(hand kuns) om te kommuniteer. Sterkte met jou werker wat jou nou nog meer vreugde gaan gee.

    Liked by 1 person

  4. Ek bewonder mense wat studeer.Daar hang altyd ‘n swaard oor mens se kop oor werkstukke en eksamens.Dit maak my totaal vreesbevange.Jy verdien nou ‘n blaaskansie!

    Liked by 1 person

  5. Kameel sê:

    ‘n Mens kannie eers vir ‘n bybelstudie voorbereiding doen sonder dat dit jouself raak en laat groei nie. Ek stem saam seegogga jy skryf goed, en weet waarvan jy praat. Geniet nou jou blaaskans, en mag die Here die kennis wat jy opgedoen het in wysheid omsit sodat jy weet hoe en waar om dit te gebruik.

    Liked by 1 person

  6. Olga sê:

    baie geluk met die voltooiing van jou kursus. Wat kom na die lees en hekel?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s