Boeke wat inspireer

Ek het ‘n bloginskrying geskryf oor ‘n boek wat gaan oor 10 toegewyde Moslems wat op wonderbaarlike maniere deur God aangeraak is, waarop Kameel geantwoord het dat sy hou van getuienisse van Moslems wat tot bekering kom. Scrapydo sê weer dat sy maar ‘n “vreemdeling” is wat betref ander gelowe.

Ek het in die platteland grootgeword, waar ons nie so aan allerhande uitheemse dinge blootgestel was nie, in die ou NG Kerk, waar ons geglo het dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het en weer opgestaan het, waar niks bevraagteken was nie.

In my standerd vyf jaar was hier ‘n juffrou wat gedryf was deur die Gees en ons blootgestel het aan bybelstudie, en aan baie meer, aan opwinding. 🙂 Hóé dankbaar ek daarvoor is, sal ek nooit in woorde kan beskryf nie, ook nie die blootstelling wat die stranddienste gedurende Desembervakansies gegee het nie.

My eerste boek wat ek gelees het oor bonatuurlike gebeurtenisse, en dit was nie eens erge gebeurtenisse nie, was Appointment in Jerusalem. Ek is nie seker of dit die boek is wat nou weer verskyn, deur Derick Prince nie. Ek dink tog dis dieselfde boek. Dit was vir my ‘n WOW! En ook: As God Homself só aan ander mense kan openbaar, kan Hy dit mos vir my ook doen.

 

Broer Andrew, skrywer van God se Smokkelaar, en ook ander boeke deur hom geskryf, het my laat dink: As hý sulke ongelooflike goed kan doen, wat keer my?

Boeke wat my regtig inspireer, is boeke oor mense wat in moeilike omstandighede tot geloof gekom het. Eers was dit vir my ‘n ding van: “Sien, die Christengeloof ís reg.”, maar soos my verhouding met God gegroei het en Hy Homself soveel keer aan myself bewys het, hoe meer het sulke boeke my geïnspireer om meer waagmoed aan die dag te lê.

Nog boeke oor wonderbekerings waaraan ek nou kan dink (daar’s baie meer!), is I dared to call Him Father , die verhaal van ‘n Moslemvrou wat tot bekering gekom het en hoe dit haar lewe beïnvloed het.

Gesant van God  vertel die verhaal van ‘n Chinees, Broer Yun, se lewe as Christen wie tot die ergste graad vervolg is, maar getrou gebly het, ‘n uiters inspirerende boek oor ‘n man wat ongelooflik gehoorsaam was aan God, en juis daarom die grootste wonders beleef het.

Elizabeth Robertson Campbell moes ‘n baie moeilike keuse maak: Sou sy die liefde van haar lewe kies, of haar geloof, in The Choice.  

Vier verskillende boeke van verskillende mense wat tot bekering gekom het uit verskillende gelowe, elkeen uiters inspirerend.

Al wat ek weet, is dat God leef! Dis wat hierdie boeke vertel.

Groete

Toorts

Ns. Loer gerus by Pinterest waar ek alle boeke wat ek bespreek het, aantoon.

 

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

4 Responses to Boeke wat inspireer

  1. Kameel sê:

    Darem kan ek sê ek het die meeste van dié boeke gelees. I dared to call Him Father, was vir my ‘n wonderlike boek. Seker omdat dit gaan oor ‘n Moslemmeisie wat tot bekering gekom het. 🙂

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s