Wie is deel van die uitreikspan?

Ek is so dankbaar dat ons gemeente, eintlik ons dorp, ‘n sendinghart het. ‘n Uitreikhart. Dít is net God se genade.

Wanneer daar ‘n uitreik is, is daar ‘n groepie wat gaan, terwyl ander tuis bly. Wie is dan almal deel van die span?

Na my mening…

… is die eerste Een op die span, God self. Geen uitreik sal werk as God nie deel is daarvan nie, as die span nie met Hom in verbinding is en hoor wat Hy vir die uitreik beplan nie.

Die spanlede self. Geen uitreik gaan werk as daar nie mense is wat dit doen nie! Gewillige mense. Mense met hulle hart op die regte plek. Mense wat bereid is om ongemaklike dinge in ongemaklike omstandighede te doen. Dankie vir elkeen wat bereid is om uit sy/haar gemaksone te beweeg en dit te doen.

Die mense wie hulle op die uitreik ontvang. Ook húlle is deel van die uitreik. Die mense wie hulle gaan bemoedig, opbeur, die Goeie Nuus voor vertel, medisyne verskaf…

Maar so ‘n uitreik het baie meer lede, mense wie nie saamgaan nie! … Hulle wie betrokke is. Hulle wie die uitreik moontlik maak op verskillende maniere, soos om geld te gee, blokkies te brei, hartjies te hekel, Bybels te skenk, kos of klere saamstuur vir die hulpbehoewendes, padkos inpak vir die span, beskuit bak, ag noem maar op!

En hulle wie vir die groep bid. Elke dag bid. Die Wagters op die Mure. Sonder gebed van ander is die spanlede se arms pap. Gebed hou hulle koppe en hande omhoog.

Familie en vriende van die spanlede, wie vir hulle smsse stuur, hulle bemoedig as hulle moeg en moedeloos voel. Hulle wie vir die spanlede laat besef hulle is nie alleen nie, die mense by die huis weet van hulle. Waardevol.

Meneer, mevrou, as jy betrokke is by ‘n uitreik, hetsy deur self te gaan of deur dit vir iemand anders moontlik te maak om te gaan, of jy bid, of jy ondersteuning gee, hoe klein of hoe groot dit is wat jy doen, IS JY DEEL VAN DIE UITREIKSPAN.  Dankie dat jy jou hart oopmaak en deel word van so ‘n span.

Baie dankie daarvoor.

Groete

Toorts

Ns. Daar bestaan ook die gevaar van fondse vir ‘n “goeie saak” gee, waar ‘n geloof, heeltemal in stryd met joune, verkondig kan word… maak net seker vir wie jy gee. 🙂 Ek bedoel, gee maar vir groepe wie jy kan vertrou.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s