Wat ek geleer het van Eisteddfods

Ek het gister geskryf oor my ervaring van Eisteddfods, maar het ook belowe om te skryf wat ek oor jare geleer het.

1. Daar is kinders wat daarvan hou om aan Eisteddfods deel te neem, ander nié. As jou kind nie daarvan hou nie, aanvaar dit, en moenie jou mond uitspoel oor Eisteddfods nie. Daar is weer ander goed waarvan jou kind wel sal hou.

2. Jy MAG van  jou kind verwag om goed voorbereid te wees. As sy wil deelneem, moet sy bereid wees om te oefen.

3. Mamma, jy mag NIE bang en senuweeagtig wees nie. Jy moet KALM BLY. Dis immers nie JY wat deelneem nie! Jy dra jou spanning oor na jou kind, of jou kalmte… jy moet maar kies watter een!

4. Soms is dit nodig om hulle aan te moedig, soms moet jy as mamma HOOR as die kind voel sy is NIE gereed om te speel nie… wanneer jy watter een moet kies? Ek weet nie!

5. Moenie op die kind se gevoel speel nie. As sy die heel eerste keer deelneem en die verhoogvrees neem oor, soveel so dat sy huilend afkom van die verhoog en nie verder wil deelneem nie – LOS DIT! Moenie haar sit en druk om tóg maar deel te neem  nie. Volgende keer (volgende jaar) het sy dalk weer moed, maar los dit vir nou.

6. Mamma, pappa, indien jy dit enigsins kan bywoon, doen dit asseblief. Dit beteken GEWELDIG baie vir jou kind. Hy tree NET VIR JOU op. As jy nou wel ‘n keer of wat dit nie kan bywoon nie, is dit ook nie die einde van die wêreld nie. (Ek het dit ook soms gemis as ons dalk met vakansie was, maar nie elke keer nie.) Ek het ook gesien hoe ouers hulle kind voor die saal aflaai en dan gaan braai…

7. Eisteddfod gaan oor baie meer as die stukkie wat hy opvoer. Dit gaan oor ontwikkeling van die hele kind, oor openbare optrede. As hy daarvan hou, laat hom dit doen, dis GOED vir hom, hy ontwikkel in sy totale menswees.

8. Waak daarteen om die ander deelnemers af te kraak. Dis goed vir jou kind om nie áltyd te wen nie.

9. Eisteddfod is nie die einde van die wêreld nie. Geniet dit net! Dis die heel belangrikste. Ongeag die uitslag, GENIET DIT NET. As sy swak speel, sê met ‘n glimlag, “toemaar my kind, dis als reg”, en gee haar ‘n drukkie. As sy goed doen, juig saam met haar! Wees in elk geval trots op jou kind wat die MOED gehad het om deel te neem.

Maar onthou, daar ís lewe ná eistedfodd, en julle hele familie se eer is NIE op die spel nie! 🙂

Geniet dit net!

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Ouerskap en ouerleiding. Bookmark the permalink.

15 Responses to Wat ek geleer het van Eisteddfods

  1. scrapydotwo sê:

    Die sin waarmee jy afsluit is eintlik die belangrikste. Dit gaan nie oor die familie se eer nie dit gaan oor die lekker en sukses wat op einde die meeste tel. Jy het rerig die spykers op die kop geslaan.(Ek het as volwassene leer orrel speel. Toe kom die konsert aan die einde van die jaar. Ek was goed voorbereid. Toe my beurt kom was ek te bang om n tree op die verhoog te sit. Dit was nou regtig angsaanval van die eerste water! Die onderwyseres het nog probeer om my te oortuig. Hoe meer sy probeer hoe minder wou ek.Was toe al 28 moet ek bysê) Onthou ek het toe al omtrent 10 jaar self skool gehou, ha ha. Kry sommer weer n hol kol as ek daaraan dink.

    Liked by 3 people

    • Toortsie sê:

      Ek kan net dink! Die mos sulke tye wat die boek op en af spring en die klavier se note heen en weer gaan! Verskriklik. Jy vergeet hoe jy moet tel, waar jy jou vinger moet neersit, selfs hoe die wysie enigsins klink.
      Ek hoop jy het vir jouself aanhou speel en nie opgehou nie.

      Like

      • scrapydotwo sê:

        O ek het heerlik gespeel. Later vir my n groter orrel gekoop. Die dame wat lesse gegee het het lekker bekende afrikaanse en gewilde liedjies verwerk sodat dit nie te veel tierlantyntjies gehad het nie. Het ook later oorfone gebruik sodat ek myself kon geniet sonder om gesteur te word of om ander te steur.

        Like

  2. Sparkle sê:

    Ek kan net dink hoe dit moet voel om vir die eerste leer alleen op die verhoog te wees met almal se oe op jou! Selfs mondeling was n groot oomblik al is dit tussen klasmaats

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Dankie Toorts 🙂 Sommer nou ekstra trots op my kleinseun. Dit is soos sparkle sê, as mondelings tussen klasmaats so erg is…. hoeveel te meer om alleen op daardie verhoog op te stap.

    Like

  4. Ek het gewoonlik heeltemal my sig verloor en net ‘n wit boek voor my gesien!Dis verskriklik en my “openbare loopbaan” het sommer vroeg geeindig.

    Liked by 1 person

  5. Ja daar is beslis ‘n lewe na enigiets op skool. Ek het Kuns en Kultuur gegee en ons het Idols gedoen Almal moes deelneem al is dit net vir ‘punte’en dan kon die ander aangaan met die kompetisie. My rede was dat almal eendag gaan nodig hê om voor mense op te tree … al is net ‘n gebed by ‘n biduur of om jou baas om ‘n vehoging te vra.

    Eish … hier laat jy my babbel…

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s