Scrapydo se toeka-tokkel: Musiek
Van musiek weet ek net mooi niks nie . Ek het al vertel hoe vals sing ek, en ek glo as ek enige instrument leer bespeel het, diè net sulke aardige geluide sou voortbring.
As kind het ek so af en toe die Briel (spelling) susters hoor sing. My neef het op die bloutrein gewerk, en by ons loseer; wanneer hy tuis was het die Briel susters se stemme die lug gevul. Ek was egter meer beindruk dat my neef soveel borde kos op sy arms kon dra, as met die musiek wat hy vir ons gemaak het.
Boeremusiek het ek op troues gehoor. Ons familie was almintige groot, met hordes neefs, en niggies. Die stadsaal is vir troues gehuur; ‘n boereorkes het musiek gemaak, en daar was gedans dat die biesies bewe. My pa was ‘n uithaler danser, maar my ma nie. Ek was nog kind, maar kon aanvoel dat hierdie gedansery nie haar goedkeuring wegdra nie. Ek het nooit leer sakkie-sakkie nie, en kannie sê dat ek van boeremusiek hou nie. Dit was egter vir my lekker om die mense dop te hou. Dans in enige vorm is vir my pragtig, en ‘n paartjie wat goed saamdans is voorwaar iets om te aanskou.
Ek het vroeg in my lewe met die opera te doen gekry. My ma het o.a vir Mimi Coertse klere gemaak. Met die twee komplimentêre kaartjies wat sy op die koop toe gekry het, het sy my saam met haar operahuis toe geneem. My pa het nie daarvoor kans gesien nie. Ek was mos drama beheb, en dit was vir my die mooiste mooi. Die verhoog, ligte, klere, en storie was ene sprokieswêreld; tot die dramatiese eindes waar iemand gewoonlik doodgaan, was wonderlik. Ek moet egter belei dat die musiek net bysaak was; ek sou verkies het as hulle eerder gepraat het. Die enigste operamusiek wat nog ooit my hart gesteel het is in “The Phantom of the Opera.” Ek kry sommer koue rillings net om daaraan te dink.
In my tienerjare was dit natuurlik Elvis. Die musiek, die stem, die kuif, die glimlag, en natuurlik daardie swaaiende heupe. My arme hart!!!! Daar was nog ander op wie se musiek ons gedraai, en swaai het; vandag noem ons dit “The Golden Oldies.” So af en toe kry ek ‘n gier, en luister sommer vir die lekkerte daarna. Die musiek laat nogsteeds my voete jeuk, en vir ‘n wyle bruis die bloed van my jeug deur my are; maar ek kom vinnig tot my sinne wanneer ek daardie danspassies probeer uithaal.
Dan is daar natuurlik “praise and worship,” musiek. Kan daar enigiets meer hemels wees as om saam met ander gelowiges die Here te loof en prys. Ek is lief vir kerk, en die Woord van God, maar as dit nie saamgaan met musiek waar die Gees van God my hart te hemele lig nie, is dit vir my “incomplete.” Verskoon die Engelse woord, maar op die oomblik neig my brein Engels toe. Seker omdat my geestelike taal Engels is. Ook geestelike musiek luister ek nie dag in en dag uit nie. Ek kry ‘n dag waarop ek lus is vir musiek, en dan speel ek my cd’s kliphard, en sommer hier in ons huis hef ek my hande omhoog, en prys God. Ek doen dit ook wanneer ek voel hoe geestelike aanvalle teen my geloots word. “Goed,” sê ek, “as jy en jou makkers hier wil rondhang terwyl die Here geloof en geprys word, hang maar rond; maar vandag word God se Naam groot gemaak in hierdie huis.”
Wat musiek aan betref, is dit dan dit. As ek eerlik moet wees het musiek sy plek in my lewe…. Maar ek verkies stilte.
Mooi geskryf!
LikeLike
Dankie perdebytjie 🙂
LikeLike
Mooi so! Ek lees altyd lekker by jou
LikeLiked by 1 person
Altyd bly dat jy kom inloer 🙂
LikeLiked by 1 person
ook mal oor opera musiek!
LikeLiked by 1 person
Dit moet net nie te swaar operamusiek wees nie 😦 Dit maak my morbied voel.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam met jou as die musiek te “swaar”is raak ek sommer onrustig. Jy het darem nnou n lekker kykie in onse jeugjare gegee. Ek het een jaar gehelp om konferensie vir VLU te doen en Ge Korsten was die gassanger. Wat n aangename man agter die skerms! Kerk-sing is ook vir my heerlik. Die duiwel kan ne houvas kry as mens heerlik saam loof en prys nie. Dankie vir jou deelname
LikeLiked by 1 person
Skoon van Ge Korsten vergeet. Nie baie lief vir Afrikaanse musiek nie… maar ai, sy musiek was pragtig. Liiiiiefling……. 😉
LikeLike
Jaaaa, ek is self ook nie juis vreeslik lief vir Afrikaanse liedjies/sangers. Daar is darem sommige wat mens se hartsnare raak!
LikeLiked by 1 person
Musiek laat hom (haar) regtig nie beperk to een genre nie.
LikeLiked by 1 person
Beslis nie Olga. Moet gaan kyk wat het jy oor musiek gerskryf sodat ek kan sien waarvan hou jy 🙂
LikeLike
Sies tog, dit klink my jy moes sware operas gaan kyk en luister!
Maar die OPERAHUIS! 🙂 Die sewende hemel homself! Oeee die kostuums en die ligte en die dekor en die orkes… Mal daaroor. En die Phantom! Wat ‘n storie! Ek het hom al meermale gesien en dink dit was heeltemal te min, was nou die dag so jaloers toe ek hoor my dogter en haar pelle het dit gaan kyk. 😦
LikeLiked by 1 person
Ek lief die teater. Om ‘n opera, of ballet, of Spaanse danse ens te gaan kyk is uit ‘n ander wêreld. Hulle kan vir my part elke jaar The Phantom opvoer, dink nie ek sal moeg raak daarvoor nie.
LikeLiked by 1 person
Ek dink jy weet meer van musiek as wat jy dink: jy weet immers waarvan jy hou en steur jou nie aan dit wat “hulle” gewoonlik voorhou as goeie musiek nie. Dis belangrik om dit net te geniet.
LikeLiked by 1 person
Dis waar Hester, ek weet darem waarvan ek hou…… en waarvan ek beslis nie hou nie 🙂
LikeLiked by 1 person
It seems that music goes well with our states of mind and memories, right?.
I can relate with you…. I also like to listen to the sound of silence at times.
All the best to you. Aquileana ⭐
LikeLiked by 1 person
Silence has its own music 🙂 Thanks for the visit.
LikeLiked by 1 person
Weet jy Kameel, ek het altyd gedink ek is bietjie weird, want ek kan een hele dag lank na allerhande musiek luister, en dan kan ek weke lank geen musiek weer om my verdra nie. In elk geval nie as agtergrondgeraas nie. My ma het altyd gesê ek is seker die kind wat die gemaklikste is net met my eie geselsskap 😀 As ek alleen by die huis is, sit ek selde ‘n radio of TV aan
LikeLike
Weet presies hoe jy voel. Ek het nie ‘n radio nie, en kannie verstaan dat mense dit in die oggend aansit, en eers weer in die aand afsit nie. Daardie agtergrond geraas sal my van my kop af dryf. Musiek het sy tyd en plek….. en in ons twee se geval is dit so elke nou en dan 🙂 Ek was ook so ‘n eenkant kind; heel tevrede met my eie geselskap.
LikeLiked by 1 person