Eisteddfod

In my kinderjare was EISTEDDFOD iets wat slegs elke TWEE jaar gebeur het. Hopeloos te min! Dan vind alles op een dag plaas, en die aand is die pryswennerskonsert.

My seuns was nie lus vir eisteddfod nie, maar my meisiekind! Sy het dit geLOVE. Van graad een af. In haar eerste jare het sy gediggie ook opgesê, maar later was dit net die musieke: Sing… Klavier… Blokfluit… Dwarsfluit… Koor… Het ek iets uitgelaat? Sy was selfs een jaar gepenaliseer omdat haar voetjies nie aan die vloer geraak het toe sy klavier gespeel het nie, sy was nog te klein!  Ons het jaarliks die Overbergse Eisteddfod, Ratem by Riversdal, Stellenbosch Eisteddfod bygewoon, en dan sommer die Kaapse een ook as die datums nie bots nie. Té lekker! Ag, sy het punte van rondom die hele spektrum huis toe gebring: Van superswak, tot die beste punt wat vir enige item op die Eisteddfod toegeken is. As ons mooi nederig was, was die punte goed, raak ons koppe groot… oeeee…. dis dán wat die mat geruk word en ons weer ons nederige ou self word. “Cut them to size”. 🙂

EET was altyd ‘n groot deel van die Eisteddfod-ervaring. Ons eet ons sorge weg ná swak punte, of, ons vier fees oor die oorwinning! 🙂

eistedfoddToe my vriendin hierdie foto plaas van haar kleinseun by die Eisteddfod, toe gee my hart so ‘n ruk. Toe dink ek ver terug! 🙂 Dis iets in my lewe wat verby is, maar dalkies is ek nog nie té oor die muur as my kleinkinders dit dalk wil doen nie! 🙂

 

In al hierdie 12 jare van Eisteddfod toe ry het ek ‘n paar dingetjies ook geleer, en móét ek ook nog baie leer. Ek sal julle graag vertel, maar eers môre.

Intussen, Geniet dit net!

Groete

Toorts

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Ouerskap en ouerleiding. Bookmark the permalink.

21 Responses to Eisteddfod

  1. scrapydotwo sê:

    Dis so lekker om deel te wees van die Eistedford! Het gereeld gehelp kinders aanry en dan sommer met tye net lekker geluister na die heerlike musiek wat gemaak is. Die pryse is natuurlik ook n groot deel daarvan. Daar moet altyd vebeter word deur die kinders.

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    op skool het ons altyd koor gesing of volkspele gedoen op die eistedfodd. my kinders het weer voorgedra. Ag dis lekker!

    Like

  3. Kameel sê:

    Vir die eerste keer verstaan ek nou bietjie meer van die Eisteddfod. (Die spelling kry ek op google 😦 ) Gedog dit is net musiek. Daardie meisiekind van jou is ‘n bondel talent.

    Like

  4. Hier rond praat ons van die kunswedstryd.My kinders het ook altyd deelgeneem en dit het gemaak dat ek elke pad na elke skool in ons geweste geken het..soms regtig in die grammadoelas in!Dit was lekker dae.

    Like

  5. karen sê:

    Sjoe, bring jy nou herinneringe terug! Ek onthou ek het een jaar (dalk die enigste jaar?) op so Eisteddfod “Bitterbessiedagbreek” opgevoer. Vir hoe skaam ek eintlik was, kan ek nie glo ek het dit gedoen nie, hehe. Maar sjoe, julle haal omtrent uit – duidelik talent in die familie 🙂

    Like

  6. Ooo ja … sug … en mens het gesoek en gesoek na geskikte stukke

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s