Toorts se Toeka Tokkel oor musiek

Dalk moet ek oor musiekonderwysers praat, want hulle is mos van ‘n ander spesie as die ander onderwysers… of nie? Dit voel altyd as mense van die musiekjuffrouens praat, hulle anders praat as wanneer hulle van “gewone” onderwysers praat.

Musiekjuffrouens het ‘n heel “ander” werk as ander onderwysers as ek, ‘n erg verantwoordelike een… Want sien, in vandag se klasse wat totaal oorloop, waar kinders sukkel om ‘n bietjie individuele aandag te kry, sien die musiekjuffrouens meestal die kinders op ‘n een-tot-een basis. By sommige instrumente is dit wel groepsklassies, maar nooit meer as 5 of 6 leerders nie.

So musiekjuffrouens het soms die geleentheid om sommer aan die kind se “siel” ook te werk. Daardie kind wat nie die moed het om haar hand op te steek in die gewone klas nie, ontdooi met aanmoediging en liefde in die musiekklas, omdat sy al een is wat daar tel. In ‘n kleiner groepie is die normaalweg “stout” of “besige” kinders, ook baie keer rustiger.

My eerste musiekonderwyser was ‘n meneer, ek kan nie sy naam onthou nie. In standerd een. My pa het een maal per week met my ingery dorp toe vir my klavierles. Hy is die einde van die betrokke jaar weg, en toe het ek ‘n nuwe meneer gekry vir twee jaar lank. Ag, die oefenry was seker nie op datum nie, en daar was ‘n stukkie waarmee ek gesukkel het. Ek en die meneer het mekaar daardie dag nie lekker verstaan nie. Huil-huil het ek die middag my ma gebel en gesê ek gaan ophou met musieklesse. Sy sê toe ek moet net tot die einde van die jaar aanhou… en het toe baie jare later eers gestop!

Toe kom tannie Elza in standerd 4 en sy was my musiekjuffrou tot matriek. Ons het mekaar verstaan. Ek dink sy was ook maar soms stilweg moedeloos, veral in die later jare wat ek lui geraak het vir oefen. Dalk het ek grootkop gekry nadat ek in standerd 7 ekstra goed gedoen het in ‘n eksamen? Wie weet?

In my universiteitjare het ek sommer by ‘n student les geneem en ook weer as volwassene.

Kinders wat talentvol is en oefen het gewoonlik ‘n wonderlike verhouding met hulle musiekjuffrouens… maar oeeee… daai kinders wat net neem omdat hulle mammas dit wil hê, of dalk wil hulleself, maar die talent én die lus vir oefen ontbreek… dis regtig GEEN fees vir die kind óf die juffrou nie… en op die ou end kry die juffrou die skuld. 😉

My raad bly steeds: As jou kind talentvol is en sy en die juffrou kliek nie, soek eerder ‘n ander juffrou…

Nou toe, lekker musiek maak! Musiek is daar om te GENIET! 🙂

Toorts

In opdrag van Scrapydo

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

23 Responses to Toorts se Toeka Tokkel oor musiek

  1. Glo my niks is lekkered as musiek maak nie, ek het ‘n paar van my band se musiek videos al op youtube 🙂

    Like

  2. scrapydotwo sê:

    Pragtig, daardie juffrouens is beslis besondere mense. Net my musiekdosent op kollege het nie van my gehou nie en het voor die hele klas gesêsy kan nie verstaan hoekom ek musiek vat nie want…. sy gaan beslis nie met n beginner sonder ondervinding werk nie. Ek het na klas vir haar gesê sy moenie bekommer nie, ek kan musiek lees en blokfluit speel. (was n hengse klap in my gesig, sy was egter hierdie uitegelese derigent vir die kollege koor!)

    Liked by 1 person

  3. Sparkle sê:

    My blokfluit-en-klavier jufffrou was ‘n kwaai tannie en ek het sommige dae met hartkloppings gekyk hoe sy my teorie merk. In hoerskool het ek privaat kitaarlesse geneem by iemand en hy was great. Dis was een van daardie “onderwysers” by die tyd gevlieg het en na wie se klasse jy altyd na uitgesien het.

    Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel sê:

    Ek het geen musiek in my samestelling nie. Ek is seker dis ou Juffrou McDougal se skuld 😀 , elke keer as ek ‘n vals noot tevoorskyn gebring het, het sy gedreig om my met die klavier te gooi.

    Like

  5. Kameel sê:

    Gedink jy gaan lekker oor musiek skryf. Hier val ek heeltemal uit die bus 😦

    Like

  6. Werner Olivier sê:

    Enige mens kan seker leer sing en ‘n instrument leer speel,maar ‘n ware musikant het musiek in sy gene en word daarmee gebore.Ek wens ek het ‘n musiek talent gehad.

    Groetnis

    Liked by 1 person

  7. Hulle moet hare op hulle tande hê

    Liked by 1 person

  8. Ek het ongelukkig geen talent in daardie rigting nie, maar ek dink, indien ek sou hê, ek niks anders sou doen as musiek maak nie. Dit is ´n baie groot talent daardie, veral om op gehoor te speel.

    Liked by 1 person

  9. nowathome sê:

    Dis waar! Ek het klavierlesse by ‘n non gehad en sy het die wereldse geduld gehad!

    Liked by 1 person

  10. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 22: Fotos/Prente | scrapydotwo

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s