Ten Amazing Muslims Touched by God

 Hierdie boek is geskryf deur Faisal Malik, wie ‘n toegewyde Sunni Moslem was. Hy het Jesus as ‘n profeet gesien, ondergeskik aan Mohammed. Dit was sy passie om Nie-Moslems tot die Moslemgeloof om te swaai. In 1994 is hy gekonfronteur deur God self en het tot bekering gekom.

In hierdie boek stel hy sy lesers voor aan 10 toegewyde Moslems, elkeen met sy eie storie, wie Jesus op ‘n besondere manier ontmoet het. Aan die einde van elkeen se verhaal lewer hy kommentaar, verduidelik hy presies wat gebeur het, hoe die Moslems dit sien en wat dit beteken.

Akef Tayem het ‘n gebedsgeneser sien optree wat hom tot die besef laat kom het dat Jesus die geneser is. Sy lewe het verander terwyl hy by ‘n kerkie in ‘n woud beland het en omtrent veertig dae in afsondering in God self se teenwoordigheid was en ‘n bo-natuurlike ervaring gehad het.

Vir Kamal Saleem was die Jihad ‘n passie. Hy was reeds op 7 jarige ouderdom deur ‘n radikale groep gewerf. In sy ouerhuis het hy geleer om te haat. As klein seun het hy geleer dat hy sy pad hemel toe moes oopwerk. .. Tot hy Jesus Christus ontmoet het…

Dan is daar Khalida Wukawix wie regtige moeilike kinderjare gehad het en verkoop is as slaaf. Sy het verwerping in die ergste graad geken… tot sy die liefde van Jesus ervaar het.

Güçlü Erman het gelukkige kinderjare beleef, maar het altyd die behoefte gehad om God beter te kan leer ken.

Hamdi Erman was passievol gefokus op  en onderrig in die praktyke van Islam. Hy het die Koran in Arabies uit sy kop geken.

Cemil Akbulut het getrou die moskee besoek, vyf maal per dat om te gaan bid.  Hy het Christene jammer gekry omdat hulle ‘n mens as hul Heer en Verlosser aanvaar het. Dit was vir hom sleg dat soveel Moslems nie regtig Arabies verstaan nie en dit was sy passie om Islamitiese boeke na Turks te vertaal.

Jaafar Attaran het ander mense geleer om die leer van die Koran reg te volg. Sy was egter van ‘n ander splintergroep as die ander in haar skool.

Daar is nog ander ook. Elkeen van die stories is ongelooflik spesiaal. Elkeen van dié mense het ‘n besonderse ervaring met God gehad.

Hierdie is ‘n boek wat ek vir elke mens wil aanbeveel: Moslems, Christene, mense wie in God glo, mense wie nie glo nie. Niks word op jou afgedwing nie, elkeen se storie word eenvoudig vertel en verklaar.

Groete

Toortsie

Ns. By Pinterest het ek skakels na al die boeke wat ek al bespreek het.

10 thoughts on “Ten Amazing Muslims Touched by God

  1. Ek hou daarvan om getuienisse te hoor, waar Moslems tot bekering gekom het. ‘n Boek wat ‘n groot indruk op my gemaak het was “Unveiling Islam.” Dan verstaan ‘n mens waaruit hulle kom.

    Like

      1. Ek sal die boek sowaar weer moet lees. Baie lank terug gelees, dit het groot indruk op my gemaak. Lees baie min gewone boeke…. behalwe classics. Sal bietjie dink 🙂

        Like

  2. my man is ook een van hulle. 🙂 ek het destyds vir hom die boek gekoop – ‘i dared to call him Father” van Bilquis Sheikh.

    Like

  3. Die Moslem mag dan bewus geword het dat die profeet Jesus hoër is as die profeet Mohammed, ek hoop dat hy nie in die val van sekere Christene gevallenis dat hy Jesus ook tot sy god geneem het. Ons moet daar ons bewus van zijn dat die gestuurde van Allah, Jesus Christus die Messias die Weg na God is maar nie god self.

    Like

Gesels saam, asseblief!